Ma gevonnis wat jok oor baba se ‘ontvoering’

Die baba kort nadat sy ná die kamstige “ontvoering” teruggevind is. Foto: Ve

Die Durbanse ma wat verlede jaar ʼn grootskaalse soektog na haar baba van stapel laat stuur het toe sy voorgegee het dat die baba tydens ʼn kaping ontvoer is, is Woensdag in die plaaslike streekshof gevonnis.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die ma is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die hof het gelas dat sy minstens ʼn sesde van haar vonnis agter tralies moet deurbring voordat sy in aanmerking kan kom vir parool. Sy sal dus ʼn minimum van tien maande tronkstraf uitdien.

Die ma, wie se naam nie genoem mag word nie om die identiteit van haar kind te beskerm, het vroeër skuld erken op aanklagte van dwarsboming van die gereg, bedrog en aflê van ʼn valse verklaring.

Volgens Ramkisson-Kara was die baba vroeër in die sorg van die departement van maatskaplike dienste, maar is die kind intussen teruggeplaas in haar biologiese pa se sorg.

Die beweerde “ontvoering” van die baba, wat destyds een maand oud was, het in Maart verlede jaar wyd opslae veroorsaak. Die ma het beweer haar motor, met die baba steeds in die voertuig, is in Greyville gekaap nadat twee gewapende mans haar by ʼn winkelsentrum oorval het.

Sy het gesê sy en haar agtjarige seun is tydens die kaping uit die voertuig gegooi, waarna die kapers met die baba weggejaag het. Die voertuig is later verlate op die hoek van Moodie- en Donovanweg in Montclair opgespoor.

ʼn Reusesoektog na die baba is van stapel gestuur en daar is selfs ʼn beloning van R250 000 uitgeloof wat tot die opsporing van die baba kon lei. Die polisie het twee dae later in die vroeë oggendure ʼn motor by die Mariannhill-tolplaza naby Pinetown voorgekeer en die baba is ongedeerd in die voertuig gevind.

Die ma is kort daarna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Verbloem jou werklik waar die gesig van ‘n pasgebore baba.

Cherokee ·

‘n Pasgebore baba se gesig word weggesteek – kan julle dit glo.

Pine ·

Die kleintjie is nogsteeds n victim van crime, 100% reg dat gesig geblur word. Wys net waarop Saffas fokus.

Cherokee ·

so jy dink babajies van daardie ouderdom kan herken word. Jy moet dophou teen watter tempo groei hulle.

Iets skort ·

Iets skort in die berig: by wie is die baba in die motor gevind?

Poppie ·

Die ma en haar boyfriend was saam in die motor. Die pa by die huis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.