Ma gevonnis wat kind uit weerwraak versmoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat haar seun met ʼn kussing versmoor en daarna sy liggaam aan die brand gesteek het uit weerwraak vir haar voormalige man, is Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis.

The Star het Donderdag berig Maliepetsane Precious Mokoena is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Sy is ook twee jaar tronkstraf opgelê vir opsetlike saakbeskadiging, en ses maande vir aanranding. Die vonnisse gaan gelyktydig uitgedien word.

Mokoena het op 13 Januarie 2013 haar agtjarige seun, Lehlohonolo Magatikele, versmoor terwyl hy geslaap het. Sy het daarna sy liggaam in haar voertuig gesit, na ʼn nabygeleë woonbuurt gery, en sy liggaam langs die pad aan die brand gesteek.

“Hy het rustig in sy bed geslaap toe sy ma hom vermoor het,” het regter Ndawoyakhe Tshabalala tydens die vonnisoplegging gesê. “Sy is gedryf deur weerwraak en wou haar voormalige man en sy nuwe vrou verhoed om ʼn verhouding met die seun te bou. Sy lewe het gewelddadig tot ʼn einde gekom.

“Ek kan myself nie indink hoe sy liggaam onder die kussing moes geruk toe hy na asem gesnak het nie. Niks kan Mokoena se optrede regverdig of verskoon nie,” het Tshabalala bygevoeg. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kellies ·

En sy kry net 18 jaar en nie die doodstraf nie? Pateties van ons regstelsel!!

Louis ·

Snaaks sy nie verwys is vir Sielkundige waarneming nie ….. dis mos die nuutste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.