
(Foto: SA Polisie)
Magda Lombaard is steeds in ʼn ernstige toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal nadat sy Maandag in die vroeë oggendure oënskynlik summier deur ʼn venster van haar huis in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo geskiet is.
Lombaard, ʼn ma van twee, het opgestaan om te kyk hoekom die honde blaf. Sy het glo ʼn man deur die venster buite die huis gesien en is in die been geskiet toe sy omgedraai en vermoedelik probeer wegkom het.
Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, het gesê die aanvaller het met leë hande gevlug. Hy was ook nie tot binne-in die huis in nie.
Volgens haar het die polisie die aanvaller/s gevolg tot in Motetema, waar hulle ʼn voertuig wat glo ná die voorval gekaap is, gevind het.
Lombaard is ernstig gewond en word steeds in ʼn hospitaal behandel. Haar twee kinders word deur familielede op die dorp versorg, het Maritz gesê.
“Dit is regtig kommerwekkend dat ʼn mens nêrens meer veilig is nie. Die VF Plus veroordeel die aanvalle op onskuldige mense in hul private wonings en doen ʼn beroep op die gemeenskap om ten alle tye waaksaam te wees.
“Die party wil alle rolspelers wat betrokke is in die soektog na die aanvallers bedank,” het Maritz gesê.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
Volgens hom is die aanvaller nog op vrye voet.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
hoe kan jy te alle tye waaksaam wees as jy slaap? dit was in die vroeë oggend ure volgens die artikel.
As die rowers sommer deur die venster skiet sonder waarskuwing, waarom is daar enige teenkanting teen die skiet van enige verdagte persoon op jou werf, dag of nag?
Lae intensiteit burger oorlog wat tans heers.
Poging tot moord, in besit van ongelisensieerde wapen, betreding van privaateiendom , motorkaping ens. Stel n eis in vir doktorsonkoste en pyn en lyding! Miljoene! Dalk kan die regstelsel wys dat dit nie terminaal siek is nie.
As hulle van buite af deur deure en vensters kan skiet , kan ons ook seker van binne af skiet ??