Ma gewond toe verdagte gesin op strand aanval, beroof

Argieffoto

ʼn Vrou is gewond toe sy en haar gesin Sondagoggend op die Noordhoekstrand suid van Kaapstad aangeval en beroof is.

Ian Klopper, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se kantoor by Kommetjie, sê die voorval het glo kort ná 08:00 gebeur.

ʼn Man het glo die gesin, ʼn egpaar en hul dogter, genader en hulle toe beroof van persoonlike items.

Volgens Klopper het die gesin kort ná die aanval hulp gaan soek waarna mediese en nooddienste na die toneel ontbied is.

“Nooddienswerkers van die NSRI het die vrou behandel vir ʼn snywond aan haar kop,” sê hy.

Verskeie veiligheidsgroepe soos die Cape Medical Response (CMR), die polisie, die Tafelberg-reaksiespan en die Kommetjie-buurtwag het gehelp met ʼn soektog na die verdagte.

“Die vrou is in ʼn CMR-ambulans gelaai en na die hospitaal vervoer. Sy was in ʼn stabiele toestand,” sê hy.

Klopper sê die pa en dogter is ongedeerd. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PJC ·

Nog ń voorval wat wys dit is nodig dat ń mens jou self op een of ander manier bewapen as jy gaan stap. Noordhoek is tans ń “hot spot” vir sulke aanvalle en steeds doen die owerhede niks om daardie mooi strand te beveilig nie. ń Groot plakkerskamp in die nabyheid maak dit uiters onveilig.

SjN ·

Antwoord dood eenvoudig, slap regering en wetstoepassing, viva

Gerrit ·

Ek stem saam met Koos die perskode maak voorsiening hiervoor dit is in openbare belang .

Koert ·

Hulle is nie eers sigbaar in die polisie stasies nie waar nog hoop om hulle op n strand te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.