Ma glo deur seun vermoor: ‘Sy was ontsettend lief vir hom’

Annetjie Stassen.

Annetjie Stassen.

Annetjie Stassen (78), wie se liggaam Sondag gevind is nadat sy verlede week as vermis aangemeld is, sal onthou word as ʼn liefdevolle, Christelike vrou wat “ontsettend lief” was vir haar 43-jarige seun, haar enigste kind wat saam met sy vriendin van haar moord verdink word.

Stassen se jare lange vriendin, Synthia van Aardt, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy was geweldig geskok toe sy die nuus hoor dat Stassen vermoor is.

“Ons ken Annetjie en haar oorlede man, Gideon, sedert 1979. Gideon is so nege of tien jaar gelede oorlede,” het Van Aardt gesê. Sy het gesê dinge in Stassen se huishouding het ná Gideon se dood begin versleg.

Sy verduidelik dat Stassen se seun glo sy werk as ingenieur gelos het en sowat drie jaar gelede saam met sy 31-jarige vriendin in Stassen se huis ingetrek het. Hulle al drie was hoofsaaklik afhanklik van Stassen se pensioen.

“Dit is nie lekker om oningeligte mense se kommentaar op berigte oor haar moord te lees nie. Mense wat beweer dat sy op haar seun ‘geteer’ het, moet eerder nie praat as hulle nie die werklike omstandighede ken nie. Annetjie het nie ander kinders gehad nie. Sy was ontsettend lief vir hom en het haar deure vir hulle oopgemaak. Daar was wel soms drama en sy sou hierheen gevlug het as dit te rof gegaan het.”

Sy het verslae gesê sy weet nie wat onlangs in die huishouding gebeur het of wat tot die tragedie gelei het nie. “Ons het verlede Maandag die laaste keer van haar gehoor toe sy teruggery het huis toe nadat sy by goeie vriende in Pretoria gaan kuier het. Toe ons teen Donderdag steeds niks van haar gehoor het nie, het ons haar as vermis by die polisie gaan aangee.”

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die Kempton Park-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie het die ondersoek Donderdag by haar huis begin. Die seun het beweer dat hy nie weet waar sy ma is nie en dat hy haar Woensdag vir die laaste keer gesien het toe ʼn motor haar kom oplaai het, maar hy het nooit sy ma as vermis aangemeld nie. Stassen was ʼn diabeet en het nie haar medikasie by haar gehad nie.

Maroela Media het intussen van ʼn betroubare bron verneem dat die paartjie glo erg bedwelmd voorgekom het toe hulle Donderdag ondervra is.

Ná ʼn intensiewe ondersoek en ondervraging van die paartjie het hulle Vrydag onder druk geknak. Die vermistepersone-saak het ʼn moordsaak geword nadat hulle glo aan die polisie erken het hulle het haar doodgeslaan. Die seun en sy vriendin is dadelik in hegtenis geneem.

“Die verdagtes kon nie vir die polisie sê waar die vrou se liggaam gestort is nie en het gesê hulle kan nie onthou nie. Albei het gedurende aanhouding en ondervraging verskeie plekke genoem, waaronder ʼn dam in Mpumalanga, Marble Hall asook Bronkhorstspruit.”

Die deurbraak is Sondag gemaak toe ʼn groep vroue, wat ná ʼn kerkdiens teruggestap het huis toe, op haar liggaam in ʼn veld in Bronkhorstspruit afgekom het. Haar liggaam is deur haar vriende uitgeken.

Van Aardt beskryf haar vriendin as ʼn liefdevolle, saggeaarde en Christelike mens wat “op haar plek” was. “Sy was baie betrokke in haar gemeente en by die Vrouelandbou-unie (VLU) en mense het baie van haar gehou. Sy was ook baie lief vir en trots op haar kleindogter. Laasgenoemde woon in Kaapstad by haar ma en is ʼn uitblinker op skool. Haar kleindogter het in Mei 15 jaar oud geword.”

Stassen se suster is ook oorlede en haar susterskind in Pretoria hanteer onder meer haar begrafnisreëlings. “As alles volgens plan verloop, sal sy Dinsdag in haar man se graf in Kempton Park te ruste gelê word,” het Van Aardt gesê.

Mtshali het Dinsdag aan Maroela Media gesê die seun en sy vriendin het Maandag vlugtig in die Kempton Park-streekhof verskyn. “Die saak is tot Woensdag uitgestel vir die verdagtes om regsverteenwoordiging te kry. Hul name sal eers bekend gemaak word nadat die saak Woensdag voorgekom het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lettie ·

Weereens ‘n skadelose ou tannie en wat dit als erger maak is dat een van jou eie bloed dit gedoen het. Dwelms verwoes soveel gesinne.

Sterkte en innige simpatie aan die tannie se familie en wonderlike vriende.

henk ·

ken my oorlede oom gideon en t annetjie al van okt. 1970. Klein gideon natuurlik ook!. Arrogant en eiegeregtig. Hy het sy ma se menseregte ontneem! Daardeur verbeur hy mos syne ook? Ek vra maar. Het nog nooit respek vir hom gehad nie. Hy het gn respek vir ouer mense of hulle gevoelens nie. God gee dat
hy sal ontvang wat hy gesaai het

Eliza-beth ·

Wat ‘n absolute hartseer storie. Nie net is die arme liefdevolle ma, van alle dinge, doodgeslaan nie , die pa en sy aanhangsel is dwelmslawe. Verder moet die oulike dogter grootword met die wete dat haar pa nie net ‘n dwelmverslaafde nie, maar ook ‘n moordenaar is! GEEN genade aan dwelmsmouse nie – kyk waartoe het hul gesmous gely! Dis absoluut aaklig!

Soekie ·

Laat hulle sit. Die Stassen egpaar was eerbare mense. Ons ken hulle van 1970’s af. Hierdie seun het alles en meer gekry. Baie liefde, goeie opvoeding, christelike waardes, geleerdheid. Dis die dank. Sy twee ouers verraai. Laat hom boet. Hulle verdien dit. Hulle seker meer geld geweier vir dwelms, waarmee hy jare deurmekaar was. Toe betaal sy hoogste prys.

Hannelie ·

Ek dink die kommentaar van die vriendin is dalk nie reg nie. Ek het wel die vorige berigte en kommentaar oor haar dood gelees en meeste mense het gesê die seun het op sy ma se pensioen geteer. Nie andersom.

Eunice ·

Ek het haar persoonlik geken en ek kan jou belowe hulle het by haar gebly en die seun was werkloos. Sy was ‘n baie goeie en dierbare mens.

Corne ·

Lees asb die berig korrek. Sy het gese dat Tannetjie Annetjie, haar seun en sy vriendin het van Tannetjie Annetjie se pensioen geleef. Hy het wel onlangs sy werk bedank en nie 3 jaar gelede soos berig nie. Hy en sy vriendin het wel 3 jaar gelede by Tannetjie Annetjie gaan woon.

Beatrix Stevens ·

Haar Enigste Kind””’ Hoeveel het die Ma se hande al vir haar seun opgeoffer””En dan…. of als so maklik is…. slaan hy haar dood….?? Hoe verstaan n mens so iets??? Wel natuurlik was die Dwelms die oorsaak””… Maar as jy ooit n gewete het Mnr die moordenaar ”’ jy en jou vriendin”’ sal jy hopenlik… sukkel om te slaap…. want daai beeld sal by jou spook…. vir die res van jou lewe… en jammer is nou te laat….. Mag jul boet vir jul wetenlose dade”’Sterkte aan al Tannie Annetjie se vriende en Familie…..

Susan ·

Dit wys net weer – kinders gee glad nie om vir hulle ouers nie. Hulle sal selfs hul ouers vermoor!!!!! Baie baie tragies.

Onbekend ·

Ek ken hierdie ou goed genoeg om te weet hy sou nie sy ma net “gestamp” het nie. Hy is n bietjie mal. Vra sy ex vrou wat dink sy van hom. Moenie laat hy julle in die hof vertel dit was n ongeluk nie. Ek glo dit nie

MM ·

3 jaar terug het hy sy werk bedank en sy ma het om bly plek gegee. Hy het geen inkomste gehad nie hy HET op die ma geteer.

Eunice ·

Sy het Sondagmiddag, die dag voor haar dood, by my ouma gekuier in Pretoria en haar laaste woorde aan my ouma was “Bid asseblief vir my seun” (sal nie naam hier sê nie). Sy was baie besorg oor hom. En haar naaste. Wonderlike engelvrou gewees. Haar plekkie hier is leeg.

Vickus ·

Onbekend dan moet jy asb in die hof gaan getuig sodat die monster mens maximun straf kry

Vriendin ·

Ek het Tennis Stassen geken. Sy was n dierbaar en liefde vol mens.Ek het haar verlede week gesien en haar nog oortyg on haar seun nie meer held te gee nie.Ek hoop voor die Here dat ek nie verandwoordelik is vir haar dood nie. En ek weet hy het nog gewerk maar nie belangestel on sy pligte na te kom nie.En sy ma het altyd vir hom opgekom.Eer jou moeder en jou vader sodat jou dae verleng kan word. Ek weet God slaap nie. En Tannie is in a beter plek waar sy nie meer hartseer hoef te wees nie. Sy het soveel trane gestort oor haar seun en vir hom .RIP Tannie Stassen u was soos a moeder vir my .Ek weet u is in a beter plek. Maar weet u laat a groot leemte . U sal altyd in my haart wees. En mag u seun en sy meisie kry wat hulle toekom want Tannie het die nie verdien nie.

Susan ·

Dis moeilik om ‘n ouer te oortuig dat sy/haar kinders eintlik regtig monsters is.

Hester ·

Dis so hartseer die tannie het dit nie verdien nie hoe kan jy jou eie ma dood maak , sterkte aan die tanie se geliefdes hulle moet vir ewig sit

Paul ·

Dit is waarom die doodstraf weer heringestel moet word. Sulke skuim soos hierdie verdien nie om verder te leef nie. Dit is vir my ondenkbaar dat n mens die vrou wat jou met moeite gebaar het, om die lewe kan bring. Nee, hy en sy vriendin is die grootste drek wat hierdie aarde bewandel!

Flippie ·

As jy jou eie ma doodmaak vir water rede ook al, verdien jy nie om te leef nie. Nie eers diere maak hulle ma’s dood nie.

Geen rehabilitasie van hierdie mense, sal hulle ooit geskik maak om weer deur die samelewing aanvaar te word nie. Dit sal dus ‘n vermorsing van kosbare middle wees om hulle aan die lewe te hou.

Sarita Lourens ·

Dit is vreeslik hartseer. Onskuldige mense betaal altyd vir ander se foute en woede. Jammer tannie, ons ken jou glad nie, maar hoop jy rus nou in vrede.

Onbekend ·

In 1999 het die polisie 100 LSD-pakkies en 50 Ecstasy-tablette in sy motor se paneelbord gekry.

Daleen ·

Susan….ek hoop nie jy dra iou eie seer?As ek reg is..reik uit vir hulp…versoen verhoudings.Hierdie is tragies.Sterkte vir familie.

Familie ·

Hy het van kleins af tekens getoon van ‘n psigopaat. Sy ouers het hom ongelukkig deurentyd beskerm teen die gevolge van sy dade. Die tekens was maar altyd daar en die einde hiervan is bitter, bitter hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.