Ma glo gedreig oor ‘ware oorsaak’ van Poppie se dood

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Louisa Koekemoer, ma van die driejarige Poppie van der Merwe, het aan die polisie vertel sy vrees vir haar lewe nadat haar man, Kobus Koekemoer, haar glo gedreig het hy sal haar doodmaak as sy die “waarheid” oor Poppie se dood vertel.

Kobus Koekemoer (43) het Maandag weer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met Poppie se moord. Hy is borgtog geweier.

Die staat beweer Poppie is in Oktober vanjaar dood nadat Koekemoer haar glo erg aangerand het.

Koekemoer het Maandag aan die hof vertel Poppie het gesterf nadat sy ʼn “episode” gekry het waartydens sy ophou asemhaal het. Hy het gesê hy het eers probeer om Poppie wakker te kry, maar uiteindelik besluit om met haar hospitaal toe te jaag omdat sy nie asem gehaal het nie. Volgens Koekemoer het hy saam met Louisa en Louisa se vyfjarige seuntjie na die hospitaal gejaag terwyl Louisa tevergeefs probeer het om Poppie by te bring.

Hy het aan die hof vertel hy het by die hospitaal ingehardloop met Poppie in sy arms en op en af in die gange geloop om ʼn dokter te vind. Een van die hospitaal se personeellede het glo vir hom ʼn bed gewys waarop hy Poppie moes neersit, maar het niks gedoen om Poppie te probeer bybring nie.

Koekemoer was in trane terwyl hy getuig het hoe “niemand probeer het om Poppie te help nie”. “Almal het net gestaan en vir my gekyk asof ek mal is. En ek is nie mal nie. ʼn Paar jaar gelede het ek doodgegaan en hulle het my weer gekry om asem te haal deur my elektriese skokke op my bors te gee. Hoekom kon hulle nie dieselfde vir Poppie doen nie?” het ʼn emosionele Koekemoer gesê.

Adv. Hanna Conradie, die staatsaanklaer, het gesê volgens die hospitaalverslag was Poppie met haar aankoms by die hospitaal reeds dood. Dit was omstreeks 19:25. ʼn Staatspatoloog het tydens die nadoodse ondersoek bevind die hoofoorsaak van Poppie se dood was ʼn harde hou teen haar kop.

Die patoloog het verder bevind Poppie het ronde kneusplekke aan beide hande, voorarms en voete gehad en beide haar oorskulpe was gekneus, “wat dui op oormatige aanranding van die kind”. Die patoloog het ook aangedui daar was bloed aan die onderkant van Poppie se skedel en die linkerkant van haar brein het bloeding gehad.

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Conradie het aangevoer Poppie het nie weens ʼn “episode” gesterf nie, maar bloeding op die brein opgedoen nadat Koekemoer haar kop teen ʼn kas geslaan het. Volgens Conradie het Louisa in ʼn verklaring aan die polisie vertel sy was ʼn ooggetuie van hierdie aanranding, wat glo die dag voor Poppie se dood gebeur het.

Die staat het sers. Mpho Gift Matome, die ondersoekbeampte, na die getuiebank geroep, waar hy ʼn verklaring voorgelees het wat Louisa gister aan die polisie gemaak het. In dié verklaring vertel Louisa Koekemoer het Poppie en haar vyfjarige broer verskeie kere aangerand. Sy het ook gesê Koekemoer het haar verbaal en emosioneel mishandel sedert hulle in 2015 getroud is nadat hulle in Orania ontmoet het.

Louisa beweer sedert die gesin twee maande gelede na Brits verhuis het, is sy nie toegelaat om alleen die huis te verlaat nie. Sy beweer dat sy só van die buitewêreld afgesonder was dat sy, nadat Poppie in die hospitaal dood is, die eienaar van die kleinhoewe waar die gesin bly, moes bel om haar aanwysings te gee om weer by die huis te kom. Koekemoer het haar glo verbied om met die bure te praat en sy is glo ook nie toegelaat om enige oproepe te ontvang nie. Louisa beweer wanneer sy wel oproepe gekry het, moes sy die foon se luidspreker aansit sodat Koekemoer die hele gesprek kon hoor.

Koekemoer het in reaksie hierop gesê hy weet nie waarom Louisa hierdie leuens vertel nie en hy vermoed iemand het haar gedreig om dit te sê.

Poppie se pa, Christo.

Poppie se pa, Christo.

Louisa het verder beweer Koekemoer het geen inkomste verdien sedert die gesin Brits toe getrek het nie en dat hy gelewe het van die geld wat sy uit ʼn vorige egskeidingskikking ontvang het. Louisa het glo R800 000 in die skikking ontvang en hoewel die geld in haar persoonlike bankrekening inbetaal is, het Koekemoer volle toegang en gebruik van hierdie rekening gehad.

Sy het in haar verklaring gesê Koekemoer het haar die dag van Poppie se dood gedreig hy sou haar doodmaak indien sy die waarheid vertel oor wat met Poppie gebeur het. Louisa beweer sy het toe uit vrees vir die verpleegsters by die hospitaal gelieg en gesê Poppie het die kneusplekke aan haar lyfie in die bakkie op pad na die hospitaal opgedoen.

Nadat die polisie by die hospitaal opgedaag het, het Louisa egter aan hulle erken Koekemoer het Poppie die vorige dag aangerand. Hy is toe in hegtenis geneem. Louisa het gesê sy vrees vir haar lewe indien Koekemoer op borgtog vrygelaat sou word. Volgens Matome het sy hom ook gevra of hy weet hoe sy te werk kan gaan om van Koekemoer te skei.

Koekemoer het tydens Matome se getuienis meestal na die vloer gekyk en met tye sy kop geskud. Hy het ook ʼn paar keer tydens die hofverrigtinge emosioneel geraak en trane van sy wange gevee.

Landdros Moses Maswanganyi het tydens sy uitspraak onder meer gesê daar is ʼn goeie kans dat Koekemoer Louisa kan intimideer en selfs leed aandoen as hy op borgtog vrygelaat word. Hy het ook gesê die saak het so wyd opslae gemaak, dat hy nie Koekemoer se veiligheid kan waarborg as hy vrygelaat word nie. Hy het gevolglik Koekemoer se borgtogaansoek geweier.

Die hofbanke was weereens volgepak met mense wat pienk klere aangehad het ter ondersteuning van Poppie. Hulle het hardop hul goedkeuring te kenne gegee toe Koekemoer se borgtogaansoek geweier is.

Buite die hof het Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, aan verslaggewers gesê hy is tevrede dat borgtog geweier is en dat “almal verantwoordelik vir Poppie se dood” lewenslank agter tralies moet bly. “Almal wat betrokke is, moet in die tronk sit,” het hy gesê.

Koekemoer sal op 25 Januarie 2017 weer in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Vivian ·

Hoe kan n ma so bang wees vir n man dat sy toelaat hy hasr kinders mishandel? Hoe bang moes daai kinders nie wees om daai man elke dag in hul lewe te he nie. Sy het haar kinders gefaal. Hy moes tog geslaap het elke dag.

Stem saam ·

Ek was as kind in so huis groot gemaak en ekt lelike lelike geweld aanskou as n kind ek was ook vreeslik fiesies en geestelik mishandel deur my stiefpa maar een ding kan ek met alle eerlikheid sê my ma het my beskerm met haar lewe en vir my opgestaan en baklei vir my en haar lewe. Ek kan kindermishandeling glad nie verdra nie en n kind se dood wat deur aanranding veroorsaak is maak my mal! Hulle moet so persoon aan die publiek oorhandig laat hy voel hoe dit voel om pyn te kry en so hulpeloos te wees ! Daardie arme klein engeltjie is magteloos en weerloos gewees teen daardie man! Bring die dood straf terug vir mans wat vrouens en kinders mishandel,dood maak en verkrag bring die doodstraf terug!!

Tinka ·

Poppie se ma moet ook tronk toe. As sy geweet het die man het n mean streak, hoekom by hom bly en haar kinders ingevaarstel? Sleut haar saam met hom toe en gooi die sleutel weg. Die mensdom kan doen sonder mense soos hulle. Poppie ek is so jammer dat n pragtige ou mensie soos jy so moes suffer. Hoop jy rus in vrede.

Edith ·

Sy vrees vir haar lewe, regtig dink sy nou enige ienand moet haar bejammer sy het in elk geval nie haar kinders verdien nie. As sy regtig n ma vir haar kinders was sou sy eerder die slae gevat het of hul vir hul eerder vir die biologiese pa gegee het waar hul gelukkig en veilig sou gewees het maar sy het hul gehou omdat sy geldgierig was en die onderhoud wat sy ontvang het vir haar meer werd was as haar kinders se geluk en veiligheid. Hul albei is ewe skuldig. Maar weereens het die staat gefaal om onskuldige kinders te beskerm met hul langdradigheid en sumpel wette wat hul in die ma se belang volg want tot vandag toe glo hul maak nie saak wat n kind hoort by die ma tensy daar bewyse is van visiese mishandeling ongeag of due kind gelukkig is en if sielkundig afgetakel word. Sulke ouers is ook baie versigtig hoe hul die beserings toedien sodat niemand dit kan sien nie. Hoop die 2 van hulle maak mekaar dood dan bespaar ons tyd en belastingbetalers se geld

Adam ·

Julle kan my maar glo Louisa het rede om te vrees vir haar lewe. Koekemoer sy broer Pieter en suster is aggresief en sal nie huiwer om tot geweld oor te gaan nie. Hulle is ou bekendes hier in Pretoria en niemand wil iets met hulle te doen he nie. Hulle taal gebruik is ook skokkend en dit wil voorkom of hulle nie besef of omgee dat hulle is so nie.

E.K. ·

Adam – jammer maar daar is goed soos hofbevele ens wat maak dat iemand nie soveel meter van ‘n persoon mag kom nie. Daar is GEEN verskoning vir hierdie vrou se gebrek aan beskerming teenoor haar kinders nie. GEEN. Of sy geld gehad het of nie, of sy bang was of nie, daar is hulp. Dis absoluut ‘n skande dat sy toegelaat het wat sy toegelaat het. Die seuntjie het met geweld groot geword en dis sy eerste verwysingsraamwerk as dit by ouerskap kom. Hoe gaan ooit werklik herstel van wat met hom/hulle gebeur het? Hoekom het sy nie liewer die kidners by hul eie pa gelos nie, dan het hierdie ook nie gebeur nie!

Karen van Zyl ·

“E.K.” net sodat jy weet, ‘n beskermings bevel beteken niks nie, dit sal oortree word glo my ek praat van ondervinding en die rede hoekom sy nie die kinders by die pa geslos het nie was omdat hy blykbaar hulle ook mishandel het, dit is nou volgens die berugte wat mens lees en nie een maak sin? so mens weet nie wat om te dink.

Miemie ·

Hulle moet Gerrie kry vir die staat en dan sal altwee sit, maar dit klink al klaar vir my soos n vorige hofsaak, ” hy het trane afgevee en baie emosineel geword” dink hulle almal dat dit gaan werk. Hy moet sit dat die ander ouens in die tronk met sy gal werk.

Woedend ·

My bloed kook behoorlik!!! Mag jy liewe Mamma wat so swaar gekry het en ook jy jou monster wat daai kindjie se lewe gekos het, reg maak vir julle dag voor ons Jesus! Ek sê ook kry meer sulke kindertjies wat so mishandel word in ‘n liefdevolle & wonderlike GAY OUERHUISE!!!!

GENADE ·

Poppie, jy is uiteindelik verlos van al die vrees en pyn wat ‘n wrede stiefpa jou aangedoen het. Jesus het jou kom haal en ek weet dat jy veilig by Sy voete sit. Hy sal ook voorsien dat reg en geregtig sal geskied, wie ook al betrokke was sal boet.

jenny fraser ·

Ek glo glad nie enige woord uit die ma se mond nie, die verklaring deur die buurman weerspreek haar woorde..

jenny fraser ·

Ek glo die ma nie..die buurman se verklaring weerspreek haar storietjie..

oogies ·

Jy weet dit is sulke storie wat my teen die mure uit dryf .Die sogenoemde Ma het net soveel skuld in die hele storie soos die monster wat die pragtige dogtertjie se lewe geneem het. Hoe kon sy nooit in die tyd al was dit net vir n familielid gese het wat aangaan nie dan kon die tragedie dalk verhoed geword het. Sy wil verniet die onskuldige ma wees in alles ek sal nooit toelaat dat n ander man so met my kind aangaan en stilbly daaroor nie. Daar moet n manier al gewees het dat sy met iemand kon praat . Ek hoop hulle sluit altwee toe en vergeet van die monsters in die selle sit is wat hulle verdien vir daardie onskuldoge dogterjie wat haar nie eens self kon verdedig het nie.Ek sal net graar wil weet wat het sy elke keer na die mishandeling vir die arme kind gese …Toemaaar dit sak nie weer gebeur nie…………….Hoop jou gewete vreet jou op as jy ooit so iets het

dolphin ·

siestog hkm nie lankal geskei as daar meer mishandel het as ook wat het geword van haar geld egskeidingooreenkoms sy moes al eie blyplek gebly het sonder om aangerand wat ook al.dis baie simpel hoekom moet die mans luister op speker terwyl die vrou iets doen soos bure gesels of iets wat van himself ook.poppie rus en vrede in jesus op die skoot sit en lag van vreugde.

Narisha ·

Nie Koekemoer of Louisa se stories maak sin nie. Met Louisa se onderhoud aan Huisgenoot het sy gese hulle was n gelukkige gehegde gesin gewees. Syt ook vertel Poppie het gele en slaap, en nou weer is die storie Poppie was gevind in die ”stoute-hoekie”. Ek is jammer maar daar is maniere om jou kinders te beskerm. Sy mag nie oproepe ontvang het of uit die huis gegaan het nie, hyt haar soms alleen by die huis gelos as hy winkels toe is, moet nie vir my se sy kon nie n oproep maak of haar kinders vat en loop nie. Sy is net so skuldig soos hy.

E.K. ·

Vrouens, ma’s, dogters – jy moet WAKKER in ‘n verhouding ingaan. Ma’s leer jul dogters van kleins af dat hul NOOIT, nie eers EENKEER moet toelaatd at ‘n man sy hand teenoor haar mag lig nie. As dit eenkeer gebeur GAAN dit weer gebeur. Stap uit. DADELIK. Geen verskonings nie! Daar is hulp, daar is skuilings, net omdat jy dalk nie geld het hoef jy nie in so verhouding te bly nie. En as jy kinders het en hulle word ook aangerand -soveel te meer rede om onmiddellik pad te gee.

SkarrelKind ·

E.K. – Stem saam met jou. Moet dit nie eers een keer duld nie. En dis waar baie vroue verkeerd gaan, hulle dink dit sal nie weer gebeur nie en luister na leë beloftes. Gaan onmiddellik hof toe, kry ‘n veiligheidsbevel, gaan bly by jou ma/vriendin/suster. Geweld word omtrent altyd erger oor tyd en lei baie keer tot die verlies van lewe. Tree dadelik op, asseblief.

Ma ·

Ek sal my kind tot die dood toe beskerm, maak nie saak watter man of iemand doen iets aan my nie. Ek het hom in die lewe ingebring en onderneem om na hom te kyk na die beste van my vermoe, ek sal tussen hom en ‘n leeu inspring, tussen hom en ‘n koeel, tussen hom en die hande van ‘n abusive man, tussen hom en ‘n sambok, stok, baseball bat, maak nie saak nie. Ek is ‘n ma en ek sou nooit iemand of iets bo my kind verkies nie, ek sou hom met alles beskerm het. Dankie ek het nooit nodig gehad om hom fisies te beskerm of verdedig nie, maar as ek moes sou ek, sal tot vandag toe nie tweekeer dink nie. Dit is hoekom jy ‘n MA is.

michelle ·

Enige REGTE ma sal nooit toelaat dat iemand haar kind skade aan doen nie. Kinders vra nie om daar te wees nie. Dit is ‘n vorreg om hulle in jou lewe te he. Hulle is onskuldig en moet ten alle opsigte beskerm word. Al is dit teen jou eie man. Dit is regtig hartseer dat sulke tragedies gebeur omdat mense nie omgee oor hulle kinders nie.

CAROL ·

AF TJOL!!!! MY KINDERS KOM EERSTE. EK SOU HOM LANKAL DIE PAD GEWYS HET.

Louise ·

Daar is mense wat enige iets sal doen om n ouer te wees, dan kry monsters soos die kinders.
Wat vir my die ergste is en ek kan dit nie uit my kop kry nie. dat sy paarkeer bewusteloos was “BESLIS DEUR DIE MISHANDELING” dan was sy wakker geskud. My hart ruk uit my bors uit as ek moet dink hoe bang en alleen sy moes voel, hoe baie vrees en pyn moes daardie arme kind deur maak. dit krap my net teveel om en dan word die varke verteenwoordig en hulle het regte. die REGSTELSEL draai hulle rugte op enige weerlose persoon. Mens wens net dat hierdie kinders dadelik beskerm kon word, maar hoekom skielik as dit telaat is dan, dan wil die polisie of almal betrokke optree. Waar was die mense wat hierdie kinders moes beskerm, JULLE wat geweet het van hierdie mishandeling en daai flippen ma nog n kans gegee het om na haar kind te kyk het hierdie mensie in die steek gelaat, dink net hoe magteloos enige kind in sulke omstandighede is.

May ·

Die vroumense wat met sulke monsters deurmekaar raak en sien hoe die arme kindertjies
mishandel word behoort in die tronk.

mariaan ·

Nou toe nou! Sy vrees vir haár lewe maar nie vir haar kind se lewe nie. Poppie kan maar mishandel word, solank sy wat Louisa is tog net nie iets oorkom nie. Weereens probeer sy haar eie bas red. Sy is net so skuldig.

Adele ·

Niemand glo haar storie nie. Sy kon dit verhoed het. Sy was hulp aangebied. In plaas daarvan het hulle soos diewe in die nag verdwyn en hulle on Brits gaan vestig. Poppie sou gelewe het as sy gebly het waar sy was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.