Ma het glo dogtertjie doodgebyt, gewurg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 24-jarige ma van Mpumalanga wat vermoedelik geestelik versteurd is, is in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige dogtertjie gewurg en doodgebyt het.

Die beskuldigde, wie se naam nie bekend gemaak mag word totdat sy in die hof verskyn het nie, is Woensdagoggend by haar huis in Zibokwane in hegtenis geneem, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Lede van die gemeenskap het berig dat sy haar dogter omstreeks 02:00 aangeval het.

“Ons het ʼn vrou in hegtenis geneem wat vermoedelik haar dogter vermoor het,” het lt. Mzwandile Nyambi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou is vermoedelik geestelik versteurd.”

Die dogtertjie het op die grond gelê toe die polisie by die toneel opgedaag het. Sy het bytmerke aan haar bors en krapmerke in haar nek gehad.

“Die beskuldigde is onder polisiebewaking na ʼn plaaslike hospitaal geneem,” het Nyambi bygevoeg.

Brig. Velisiwe Mdaka, Tonga-stasiebevelvoerder, het die gemeenskap versoek om na verstandelik gestremde persone om te sien om soortgelyke voorvalle te voorkom.

Die vrou sal na verwagting in die hof verskyn sodra sy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

moegvirgeweld! ·

watter tiepe mens doen so iets! eks tot in my siel in geskok.

Ai tog ·

As die vrou gestelik versteurd is hoe het die mense by die huis toegelaat dat sy na die baba omsien sy moes dalk in ‘n inrigting gewees het. Ek glo dis nie die eerste keer dat sy so uithak nie

Antjie ·

Navorsers doen asseblief meer en deeglike navorsing oor die gevolge van die neem van vigs verwante medikasie, het al soveel keer gesien dat die vredeliewendse persoon in ‘n monster verander tydens die behandeling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.