Ma hoop dokter kan seun sonder penis help

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma van Rustenburg in Noordwes hoop ʼn Kaapstadse dokter sal haar vyfjarige seuntjie kan help wat sonder uitwendige geslagsdele gebore is.

Die seun het ʼn seldsame toestand genaamd epispadie en moet nog doeke dra. Hy moes reeds talle operasies ondergaan en urineer deur middel van ’n ingeplante buisie. Die ma het aan Netwerk24 gesê die buisie breek gereeld en veroorsaak ernstige blaasinfeksie.

Prof. Dionne Celliers, ʼn uroloog van Pretoria, het gesê die seun ly aan ʼn erge geval van epispadie en het hom na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad verwys. Die seun en sy ma sal op 28 Junie daarheen vertrek. Hulle sal daar vir prof. Andre van der Merwe, ʼn uroloog van die Universiteit Stellenbosch, ontmoet wat vroeër vanjaar die eerste penis-oorplanting ter wêreld gedoen het.

“Ek hoop hy kan my kind help,” het die ma gesê. “Dit maak nie saak wat dit kos nie. Ek sal alles in my huis verkoop sodat my kind ʼn normale lewe kan lei.”

Sy het gesê haar seuntjie word nooit na verjaarsdagpartytjies toe genooi nie, omdat hy steeds doeke dra. Hy word ook baie daaroor gespot. “Hy verstaan nog nie. Dit breek my hart,” het die ma gesê.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anon ·

mamma ek haal my hoed vir jou af jy is n ma 10000 hoop als werk vir jul uit

sandra ·

Ek verstaan nie hoekom kan kinders se ouers nie hulle kinders reghelp en probeer verduidelik daar is iets met seun verkeerd waaraan hy niks kan doen nie, hy is so geskape. Klein kindertjies kan nie mekaar spot oor so ‘n aangeleentheid nie, dit is dus ouer kinders en of groot mense wat oor die dinge praat voor kinders. Laasgenoemde veroorsaak dus die spottery en dis ‘n skande. Ek glo en vertrou dat ons Vader hierdie gesin sal bystaan om die ou kindjie te help.

SNEL ·

Dis erg dat n jong kind so ongemaklike lewe moet he en nie eers partytjies toe kan gaan en dit geniet nie. Kinders kan wreed wees, maar ek glo ook ouers moet verduidelik as n kleintjie anders is, sodat sulke gespot nie sal plaasvind nie. Hoop regtig die dokter kan iets doen en dat hy n normale lewe kan lei.

Eish! ·

Snaaks dit is ‘n geval van kinders doen dit net. Ek weet my kind was ook gespot weens mediese redes. Ouers voed net nie hul kids op met die idee dat party anders is en ons ondersteuning nodig het nie. Ek haat dit as iemand oor ‘n gebrek gespot word. Ek het altyd my kids geleer om na so ‘n person om te sien. Dit is hoe dit werk. Hoop maar hul bou voort op wat ek hul geleer het en leer hul kids ook eendag dit. Maar gaan kyk na die kids se ouers wat anderspot…………….gewoonlik is dit die tipe mense wat dink hul is oor die algemeen beter as ander. In ons kantoor is ‘n boelie (Vrou van 56) Sy het ‘n laatlam kind en die hele plattelandse dorp pes die kind want so klein as wat sy is boelie sy haar pad oop. Niemand kan die kind verdra nie en dit is eintlik haar ma se skuld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.