Ma hoor in hospitaalbed van seun (4) se ongeluk

Dandré Esterhuizen in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

Renette Esterhuizen, ʼn ma van Bela-Bela in Limpopo, het nog Saterdagoggend in ʼn hospitaalbed gelê waar sy vir swangerskapkomplikasies behandel is toe sy die oproep ontvang – haar vierjarige seuntjie was in ʼn ernstige motorongeluk betrokke.

Sy het haarself onmiddellik ontslaan om by klein Dandré se hospitaalbed te kom – haar eie behandeling sou moes wag.

“Ek het myself ontslaan, want ek moes net by my seuntjie wees. Die dokters het darem vir my medikasie gegee en net gesê as daar probleme is, moet ek net vinnig by die naaste hospitaal uitkom,” sê sy.

Esterhuizen vertel sy is nou sewe maande swanger en is Vrydag in die hospitaal opgeneem. ʼn Vriendin van haar het na Dandré gekyk terwyl sy in die hospitaal is. Die vriendin het Dandré saamgeneem toe sy Vrydagaand by mense gaan braai het.

Die wrak van die voertuig na die ongeluk. (Foto: Verskaf)

Op pad terug was hulle egter in ʼn ernstige motorongeluk betrokke toe die voertuig gerol het. Dandré is uit die voertuig geslinger. Die ander twee mense in die voertuig het matige beserings opgedoen.

“Ek het eers vroeg die Saterdagoggend gehoor my kind was in ʼn ongeluk, so ek was nie self op die ongelukstoneel nie. Hy was toe reeds in die hospitaal in Bela-Bela opgeneem. Hy kon egter nie daar die behandeling kry wat hy nodig het nie en ons het besluit om hom na die Sunshine-hospitaal in Benoni te laat oorplaas.”

Dandré is gisteraand per ambulans na die hospitaal gebring en is vanmiddag teater toe om geopereer te word. Esterhuizen verduidelik dat hy talle snymerke aan sy gesig en kop opgedoen het, asook ʼn groot wond oor sy voorkop. Dié wond sal tydens die operasie geheg word.

Dandré voor die ongeluk. (Foto: Verskaf)

“Dandré moet ook nog ʼn skandering ondergaan om te bepaal of hy enige breinskade opgedoen het. Daar is swelling in sy gesig en om sy oë, asook braking wat moontlik aanduidings van breinskade kan wees. Maar tot die skandering gedoen is, weet ons nie hoe ernstig sy beserings is nie,” sê sy.

Sy verduidelik Dandré word meestal onder verdowing gehou aangesien hy erge pyn ervaar as hy wakker is.

Dit is in dié stadium onmoontlik om te voorspel hoe lank Dandré in die hospitaal behandel sal moet word. “Ek fokus nou eers net op die operasie en die skandering. Daarna sal ons hoor wat die pad vorentoe is,” sê Esterhuizen.

“Maar ek weet daar lê nog ʼn lang herstelpad voor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Yankee ·

Uiters pynlik om die klas van berig te lees. En geen vraag diekant, net n stille gebed vir die seun, en dan ook n dankie dat so n tragedie ons beskore is.

Realisties ·

Amen! Bid op ‘n volkome herstel en geen permanante skade nie.

God is goed en sal die kind oppas.

Kan die wat negatiewe kommetaar oor veiligheids gordels en karstoele eerder die tyd vat en bid vir die kind i.p.v om negatiewe kommetaar te lewer.

Annemarie ·

Baie sterkte aan daai mama sal vir hom bid ma ons se Vader sal hom oppas

Keith ·

Uitgeslinger selfs al was hy in n kinderstoel en vasgegordel? Of was hy nie?

Ria Maritz ·

Liewe ouers. My trane loop vir julle en jul kindjie.
Ons dien ‘n Almagtige God. My Gebede gaan uit vir julle almal. ?. Sterkte ook in die teater.

CHAPPIES ·

Aaag,siestog arme ou seuntjie! Spoedige Herstel kleinding en sterkte mamma ??

Hartseer ·

Dis baie hartseer. Hoop mamma, baba en grootseun sal almal ok wees. Is daar nie ‘n pappa in die prentjie nie, vir hom of baba, wat na hom kon omsien nie?

Bekommerd ·

Word gou gesond Boeta. Ek hoop jou pappa is ook daar om onderskraging en van hulp te wees. Aan die mamma, alle sterkte vorentoe.

Wielspore ·

Sterkte aan die ouers van Dandré, dit is nie aangenaam om langs die bed te staan van jou kind wat seergekry het. Ons hoop julle seun herstel spoedig!

Karstoel, Vasmaak!! ·

Net hy is uit kar geslinger.. ander twee in voertuig het geringe beserings! Soos dit vir my klink was hy nie vasgemaak of in ‘n stoeltjie nie!! Ek sal mal raak as dit die geval is. Hoe onverantwoordelik!! Sterkte seun, bid vir jou herstel.

LBS ·

Het jy nog nooit gehoor van ‘n babastoel wat ook uitgeslinger was nie?????????

Hartseer ·

Liewe mammas, pappas en ander groot mense…kinderstoeltjies is ongelooooflik belangrik. Daar is ‘n rede hoekom kinders tot 12jr in karstoele/booster sitplekke moet wees (spesifiek oorsee ‘n wet…baie jammer SA het nie dieselfde wetgewing nie). Vra enige paramedic…kinderstoeltjies red lewens en vermy onnodige ernstige beserings. Ons as ouers en oppassers is dalk wel goeie en veilige bestuurders, maar ‘n band wat bars, ander roekelose bestuurders en diere op die pad is totaal buite ons (goeie) bestuurders se beheer. Ongelukke gebeur en ons klein lyfies moet daarteen beskerm word. Sit kinders in.karstoeltjies of booster seats, ongeag hoe “uncool” dit vir jou 5,7,9,12jarige is. SA paaie is eenvoudig NET TE gevaarlik. Sterkte aan mamma, seuna en die tannie by wie hy gebly het.

KaterinaKat ·

Dis n snaakse wet, tot 12 jaar oud? My seun het nou die dag 13 geword en vir sy hele 12de jaar ook al, is daar nie n manier hoe hy in n kinderstoeltjie sou pas nie. Hy’s maar n groterige outjie, groter as ek. Hy gebruik jare lank al die gewone sitplekgordel. Wel miskien word die kinderstoele oorsee in ook baie groter groottes vervaardig as hier plaaslik.

Oumie ·

Ag, my skat…mag ons Heer wat kindertjies liefhet Sy almagtige hande op jou sit en al die sleg en skrik en seer totaal genees. Mag Hy ook jou mamma kalm hou dat babatjie nog rustig in haar klaar kan groei… Julle is in ons gebede, liewe gesinnetjie.

Eben P ·

Oumie ek ken jou nie maar sou graag Van al die kommetaar en dit sluit die skrywer hiervan in is joune die mooiste Mens lees absoluut die deernis en opregtheid daarin Jy moet n besondere omgee mens wees

Chantal ·

Ai mamma. My hart is so ongelooflik seer. Ek is so jammer dit het met daai pragtige kind van jou gebeur. Ek stuur vir jou, jou babatjie en veral jou pragtige seuntjie gebede. Sterkte vir die pad voorentoe.

Natalene Visser ·

So tragies om sulke beriggewing te lees. Ek kan maar net die Here vra om julle naby te wees. Mag die operasie suksesvol wees en vrese van breinskade afgeweer word. Baie sterkte ook aan die Mam en babatjie wat nog moet kom. Bid vir julle !!!????

? leser ·

sterkte grootman, ek bid dat Jesus Sy Hand van Genesing oor jou sal hou en jou heel sal maak
sterkte ook aan mamma en ander wat die seer in hul harte het, die Here sien en bere jul trane in Sy Hart (Ps 56:9 BDV U het daarvan boek gehou, U weet.)

Anoniem ·

Was hy veilig in die motor, was hy vasgegordel? Ouers asb maak seker dat mense in wie se sorg jy jou kinders plaas, verantwoordelik is en regtig omgee…Bid vir jou seuntjie se spoedige en volkome herstel xx

Eben P ·

Glo en hoop Dandré sal spoedig volkome herstel. Renette ons moet jou ook nie vergeet hoop dit sal goed gaan met jou ook met die kleinding wat groei in jou . Glo die tyd is hier (wetgewing) dan ENIGE persoon wat agter sit hom/haar ook moet vas maak. Sterkte aan die mense vir spoedige herstel

GM ·

Dis juis die rede hoekom ek nog nooit toegelaat het dat my kind saam enige iemand anders ry as saam my of my man nie. Nie oor ek voel ons is beter bestuurders nie, want dit is ek beslis nie, maar juis oor die feit dat ek nie iemand anders sal kan vergewe as my kind iets oorkom as hul in die persoon se sorg was nie. Ek dink dis moeilik genoeg om jouself te vergewe, maar om nou nog die geleentheid te hê om die blaam te kan skuif – ek glo dis ‘n erger hel om in te lewe. Daai ‘wat as’ vrae. En ek ‘judge’ nou glad nie hierdie mamma of vriendin nie. Die mamma stel heel duidelik haar kind bo haarself, soos mens kan aflei uit die feit dat sy haarself ontslaan het. Sterkte aan almal, insluitend die vriendin. Ek hoop en bid dat almal gou sal herstel.

Bekommerd ·

Word gou gesond Boeta. Ek hoop jou pappa is ook daar om onderskraging en van hulp te wees. Aan die mamma, alle sterkte vorentoe.

Arno Scheepers ·

Ek bid vir julle. Mag jou seun spoedig genees en dankie Vader dat jou swangerskap sonder komplikasies sal uitloop.

CHAPPIES ·

Aaag,siestog arme ou seuntjie! Spoedige Herstel kleinding en sterkte mamma ??

Sommer net iemand ·

Ek ken nie die families nie, maar as ek so na die kar kyk dink ek dat as die seuntjie dalk in n karstoel was en nie uitgeval het nie was hy dalk nou platgedruk. Die hele agterkant van die motor is inmekaar gepers. Sterkte aan die families.

B ·

Liewe mamma….my hart gaan uit na jou synde my seuntjie of te wel seun se naam ook Dandre is….in my hart maak dit sommer so draai as ek dink waardeur daardie seuntjie van jou moes gaan. Maar mamma …ons God is groot….en Hy se lewe en dood is in die mag van die tong……Dis seker die moeilikste ding om te doen as jou kindjie daar le en die dr’s spreek dood of woorde soos lang pad na herstel….ens….maar spreek lewe…..ons sny af elke negatiewe word wat mamma…pappa…..dr’s of familie spreek of gespreek het….en ons verklaar in Jesus Naam dat hy sal bonatuurlik en vinnig herstel sonder enige breinskade….en dat sy lewe ‘n getuienis sal wees vir ander…..tot eer van U.

Sandy ·

Heer, alhoewel ek weet dat U al klaar daar is, voor ons nog kan vra, waak asseblief oor die seuntjie en sy mamma.

nadia ·

Liefste mamma, my hart gaan uit na jou jy moet net sterk wees en dit deur geloof hoop en vertroue… liewe seuntjie,,, boetie jy moet sterk wees en deur druk een van die dae gan jy ‘n ouboet wees!!! Ek bid vir julle. Maroela Media – hou ons asb op hoogte

MJ ·

My jong kindjie gaan speel nou die dag by ‘n maatjie na skool.. ek heel tevrede toe die mamma my laat weet dat hul veilig by die huis is… Net om later die middag by my kind te hoor (nie uit die mamma se mond nie!) hoe hul agter op ‘n oop bakkie gelaai is om haar ander kinders skool toe te neem vir sport!! My kinders gaan nêrens sonder om in ‘n karstoeltjie vas te wees nie. Dit was die eerste en laaste keer wat ek my kosbare kind aan haar toevertrou. Hoe durf iemand (wie self ‘n ma is) so onverantwoordelik wees met my stukkie goud?!

Betta ·

Die 2 volwassenes het ook seergekry en die vrou moes uit die voertuig gesny word en is nog steeds in die hospitaal. As jy nie al die regte feite het nie moenie oordeel nie jy ken nie die eie mamma of die ander se storie nie. Ek dra al drie op aan die Here en vra dat die Here hulle elkeen 100% sal genees in die Naam van Jesus Christus.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.