Ma in hof ná baba se moord

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn KwaZulu-Natalse vrou wat na bewering haar baba vermoor en die kind daarna by die polisie as vermis aangemeld het, sal Woensdag in die hof verskyn.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die 21-jarige vrou van Ntombiyehlulunina in Maphumulo het na bewering Maandag haar 11 maande oue babaseun verwurg en sy liggaam in ʼn puttoilet gegooi. Sy het daarna aan haar familie gesê die baba word vermis en die polisie is onmiddellik ontbied.

“Die speurder wat na die toneel ontbied is, het ʼn voorlopige ondersoek op die toneel gedoen. Hy het agtergekom iets is nie pluis nie en het die ma ondervra. Sy het gedurende die ondervraging erken sy het haar seun vermoor en sy liggaam in ʼn puttoilet gegooi nadat sy en haar kêrel rusie gemaak het,” lui die verklaring.

Die vrou is op die plek in hegtenis geneem. Sy sal in die Maphumulo-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hanna ·

Ja nee ek se liewer niks. Die kind het nie gevra om daar te wees nie.

Blits ·

Hanna ek stem saam al wat ek gaan sê is dat dit uiters siek is

Pop ·

Wat sal so vrou aan jou doen as sy dit met haar eie kind kan doen.

Sê maar net1 ·

MEER: wat sal so ‘n vrou aan jou kinders doen as sy dit aan haar eie kind doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.