Ma in hof oor baba in puttoilet

Die ma word deur die polisie vergesel. Foto: SAPD

Die ma word deur die polisie vergesel. Foto: SAPD

Die ma van die pasgebore babadogtertjie wat Sondag uit ʼn puttoilet naby Louis Trichardt in Limpopo gered is, het Woensdag in die hof verskyn.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vrou (44), wie se naam nie genoem mag word in terme van die Kinderwet nie, het in die hof in Sekgosese verskyn op aanklag van verberging van geboorte.

“Sy is op eie verantwoordelikheid vrygelaat, met ʼn waarskuwing om weer op 25 Februarie in die hof te verskyn,” het Otto gesê.

Maroela Media het vroeër berig die dogtertjie is gered nadat een van die inwoners van die Nthabiseng informele nedersetting haar in die puttoilet hoor huil en die polisie ontbied het.

Die baba is na die Botlokwa-hospitaal in Polokwane geneem en sterk tans goed aan. Sy is steeds in die hospitaal.

Klik hier om ʼn video van die reddingspoging te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

Enige kommentaar sal seker as rassisties verklaar word. ‘n Ma wat haar baba so behandel moet permanent uit die samelewing geweer word en gesteriseer word.

Dorothy en Jopie Botha ·

Hospitale,klinieke,polisie en welsyn se deure moet oop wees vir kindertjies en babas wat ouers weggooi. Daar sal soveel minder moord op babas en kindertjies wees en weggooi van pasgebore babas

René ·

Weereens verloor ek alle respek vir die patetiese land se patetiese regsstelsel…so “verberging van geboorte” is nou undercover vir poging tot moord van ‘n hulpelose babatjie wat nie gevra het dat haar vertraagde ma haar bene oopmaak en nie slim genoeg was om voorsorg te tref nie. Mense regte…..wat is dit…iets wat nie meer bestaan in die belaglike land met ons belaglike parlement en regsdienste nie. Oo bewaar jou heilige siel as jy iets se wat net wil lyk of klink soos rasisme en die land en wereld kom tot ‘n stilstand….maar moord, poging tot moord…nee wat, nie ernstig genoeg nie…en die beste van als is dat dit ‘n klein swart dogtertjie is….Here asb….hierdie wereld is besig om als mooi en heilig te vernietig. Vergewe die mense want hulle het geen benul wat hulle doen nie.

Ian ·

Slegs vir verberging van geboorte aangekla??? Dit moes eerder poging tot moord wees!
Geen borg betaal? Moes eerder gehang geword het!
En hoekom ry sy voor in die polisievoertuig? Moes eerder agterin gesit het soos ander misdadigers!

Sanet ·

As n diereliefhebbet as sy dt aan haar kind doen wt van haar hond wat seker weer vas is aan n stuk draad met geen kos en geen water en shelter ht di media daaroir uitgebrei

frans ·

Jule het seker vergeet da was n agterstand wit ry nou agter in swart voor

frans ·

Jule het seker vergeet da was n agterstand wit ry nou agter in

charmaine ·

Hulle het geen resepek vir n lewe nie, nie eers hulle eie kinders dis hoekom daar so gemoor word. Gebrek aan respek. n Vrou van 44 behoort van beter te weet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.