Ma in hof oor baba op snelweg

Argieffoto

Argieffoto

Die ma van ʼn sestien maande oue babaseun wat byna deur ʼn vragmotor raakgery is toe hy alleen op die N1-snelweg in Gauteng gestap het, verskyn na verwagting Maandag in die Vereeniging-landdroshof.

Sers. Obakeng Mabaso, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Vrydagaand in hegtenis geneem. “Sy sal tereg staan op aanklag van kinderverwaarlosing,” het Mabaso gesê. Die ma is 19 jaar oud, en het glo haar kind langs die pad afgelaai en weggery.

Die kind het Donderdagaand omstreeks 19:00 langs die snelweg naby die Grasmere-afrit gestap toe hy byna deur ʼn vragmotor getref is. Die verkeerspolisie het gesien hoe die vragmotor skielik uitswaai waarna hulle die kind opgemerk het. Die seuntjie is deur die polisie na ʼn plek van veiligheid geneem en word steeds daar aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

dedré Leonard ·

Hulle moet die ma laat steriliseer…sy verdien nie kinders nie.

Annatjie ·

Ai! Dis net Genade van Bo dat hierdie kind nie raak gery is. nie. Kan ‘n mens so harteloos wees.

sylvia ·

dis goed sy word aan gekla en die drywer wat haar gevat het om daardie kind af te laai moet ook aan gekla word want die persoon moes geweet het dis verkeerd hy/sy is medepligtig

Dan ·

Wat nie in die berig gesê word nie, is dat die ma (‘n blanke vrou) ‘n sms aan die pa gestuur het na sy die kind doelbewus op die hooweg afgelaai het, dat die kind dood is. Die kind is daar deur haar afgelaai sodat hy doodgery kan word. Ek moet liewer stilbly oor wat ek van hierdie ma dink en wat ek vir haar voel. Die twee verkeersbeamptes wat in die donker omgedraai het om die kind te red, moet beslis een of ander vergoeding ontvang of minstens ‘n medalje. Die verkeersbeamptes is Patrick Moagi en Thabo Masoka. Kan iemand asb. iets doen dat hierdie twee manne behoorlik aangeprys word vir hul goeie daad.

*/-!@#%#$ ·

Dan, lyk my jy ken die vrou as jy so baie weet van die saak. Hul moet haar laat reg maak en toesluit vir die res van haar lewe, sy hoort nie in die samelewing nie, sy is net so goed soos ‘n moordenaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.