Ma in hof oor baba se moord

Argieffoto (Foto: Luckyknitter/Pixabay)

ʼn 23-jarige vrou het in die Pinetown-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van moord in verband met die moord op haar drie maande oue babadogtertjie.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het op 13 Maart omstreeks 19:30 in trane by die KwaDabeka-polisiestasie opgedaag en gesê sy het haar baba met ʼn kombers versmoor.

“Polisiebeamptes is saam met die vrou na haar huis in Sub Five by KwaDabeka en het die baba in ʼn kombers en met ʼn fopspeen in haar mond aangetref. ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak.”

Die vrou het Dinsdag in die hof verskyn. Haar saak is tot 23 Maart uitgestel. Sy bly in aanhouding.

“Dis baie hartseer dat ʼn babatjie haar lewe verloor het aan die hand van iemand wat sy die meeste in die lewe vertrou het,” het lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Die onskuldige siel het nie verdien om op só manier te sterf nie. Ons vertrou dat geregtigheid sal geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Sy is nie ‘n Ma nie maar afkomstig van vreemde onbeskaafde spesie. Om haar ma te noem doen oneer aan die amp

Chanel ·

As jy nie die babatjie wil he nie, laat die baba aangeneem word, moet hom/haar nie doodmaak nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.