Ma in hof oor moord op vier kinders

Zinhle Maditla in die Witbankse landdroshof. Foto: ANA

’n Vrou wat aangekeer is nadat sy glo haar vier kinders in Klarinet in eMalahleni, Mpumalanga, vermoor het, het Maandag in verband met dié moorde in Witbank se landdroshof verskyn.

Zinhle Maditla (24) het vlugtig voor landdros Darleen Venter verskyn toe sy gevra het om ʼn regshulpprokureur te kry. Sy bly in aanhouding tot die saak weer op 14 Januarie vir haar borgtogaansoek voorkom.

Maditla is op 30 Desember in hegtenis geneem toe sy haarself in die Vosman-polisiestasie oorgegee het. Dit was pas nadat die ontbinde liggame van haar kroos – twee meisies (onderskeidelik 4 en 8 jaar) en twee seuns (onderskeidelik 7 jaar en 11 maande) – in die kamer gekry is wat sy in die woonbuurt Klarinet huur.

Haar huisbaas, Matilda Mahlangu, het aan African News Agency gesê dat sy en nog huurders die deur van die kamer afgebreek en op die oorskot afgekom het nadat hulle ʼn slegte reuk op die erf geruik en vlieë tussen die gordyne en vensters gesien het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het Maandag buite die hof gesê Maditla is die aand van 30 Desember in die hospitaal opgeneem nadat die polisie gesien het dat sy “swak” was. Hy sê die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Uiltjie ·

Dit lyk na erge depressie. Sy is so jonk. Sterkte aan naasbestaandes.

Karin ·

Dankie Uiltjie dat jy nie oordeel soos meeste ander “keyboard warriors” nie. Alleen met vier kinders op haar ouderdom in ‘n kamertjie wat sy gehuur het… Ons het geen benul van wat in haar hart en gedagtes aan moes gaan nie. Sterkte vir almal wat geraak word hierdeur

PIPPIE LANGKOUS ·

Sy het haar man gevang in die bed saam met ‘n ander vrou en toe besluit om die kinders te vermoor!!! Wou hom “spite” soos dit vir my klink. Sit sussie, sit. Hopelik vir baie baie lank!!!

Gewalg ·

Hierdie maak my woedend! Ek het nie woorde nie. 24 jaar oud? 4 kinders?
Mag God haar genadig wees!

Andrea ·

So jonk en so baie kinders… Hoop sy kry nie meer nie… Hulle het nie n goeie kans op oorlewing nie.

Sê maar net ·

En dit is hoekom LO weggevat moet word op skool en daai geld eerder spandeer word op voorbehoedding. Inspytings vir almal! Kinders met kinders is ons ondergang

maggie ·

hoe het sy haar kinders dood gemaak? depresie kani altyd skuld kry ni

Hartseer Mamma ·

Ek lees sommer klaar van “moenie oordeel nie…. shame sy was jonk met baie kinders… ons ken nie haarcomstandighede nie! Lees ek reg mense! Sy het haar r kinders vermoor en die lyke in die kamer gelis totdat iemand om hulle afkom en toe eers haarself oorgegee. Se voet man om te sê depresie moet ook die skuld kry. Mens moet doen wat reg is en klaar. Sy kon vir hulp gevra het. Daar is baie kids. Op 14 haar 1ste baba op 15 haar 2de baba? Sy moes net haar mond oopgemaak het en hulp gevra het. Sy was hulle Ma. Nee jammer ek veroordeel haar nie want dis God se werk, maar ek oordeel wel hoerdie moord. Ek hoop God is haar genadig…

Anoniem ·

Doen weer die wiskunde – haar eerste kind is gebore toe sy self 16 jaar oud was, en haar tweede kind op 17 jaar.

bwa ·

Regtig
God se werk
waar kom jy daaraan die was haar eie werk
Ek dink sy het hul almal gif gegee om te drink
Nie werk nie. Kinders is honger maar geen gedagte aan voorbehoedmiddel nie
Voorsien die klinieke nie meer sulke goed nie
ek vermoed met oorbevolking was sy in groot donker gat en het geen ander uitkoms gesien nie en dan is daar kinders se pa’s wat sekerlik nie (of kon nie) hul bydra lewer nie
als haar eie oordeel en handewerk
Verbeel jou God se werk ek wonder watter bybel lees Hartseer Mamm

@bwa ·

Jy lees verkeerd bwa, Hartseer Mamma het gesê SY ( Hartseer Mamma) veroordeel haar ( die moordenaar nie DIT ( die veroordeling) is God se werk

Petro ·

Geen mens wat nog nooit depressie gehad het sal verstaan waaroor dit gaan nie. Maklik om te se depressie kan nie altyd die skuld kry nie want die mensdom dink dat depressie net aansit is maar glo my dit is nie. Maklik om te se sy kon dit of sy kon dat. Het een van julle in haar skoene geloop? As ‘n mens depressie het dink jy nie altyd nugter nie. Dit wat sy gedoen was dalk haar enigste uitweg uit haar diep donker gat. Ja dit is verkeerd en dit is ongelooflik hartseer dat haar kinders hulle lewens verloor het. Nie maklik om hulp te vra as jy depressie het nie, my ek was daar. Ek leef elke dag saam met depressie en dis elke dag ‘n stryd.

Zelda ·

Hello almal ek wil net weet wat sou julle gedoen het as julle daar in haar skoene moes wees . Dit is nie reg wat sy gedoen het nie maar het julle al gedink dat daar iets gebeur het dit is hoekom sy so baie kids dalk het .en ek kan ook bewys dat voorbehud nie vir almal werk nie . Dit is nie jou keuse waner daar n kind moet kom nie leer jesus stuur hom waner hy dink dit is die regte tyd

Rikki ·

The mother could’ve asked for help if she could not cope with the children, financially or otherwise. However, no-one besides her will know what drove her to commit such a heinous act. Rest in peace sweet babies.

verstaan nie!!!! ·

Doe Woord sê moet nie oor deel nie… ek vra net hoe oordeel mens nie so iets nie? Om jou kinders te vermoor oor ‘n man… nee wat dankie… daar is baie mans maar net 4 van jou eie kinders. Sy gaan nou weer opgeneem word in wes koppies… ons hier op aarde kan niks omtrent die situasie doen nie… maar God slaap nie… hy het daai kindertjies geleen vir jou jy as ma moes hulle beskerm maak nie saak waarmee die pa besig is nie, di pa is net so skuldig hy het die vrou gerdyf na dit toe. Mag jou kindertjies in vrede rus by God se voete,

Amelia ·

Die woord se… met geregtigheid MOET jy oordeel.. weet nie wat haar gerdyf het om dit te doen nie. As jy so jonk is en n baba kry, dan gaan maak jy nie n jaar daarna weer die fout nie. Baie sien die plesier maar hul verstaan nie die verantwoordelikheid wat agterna kom nie. Depressie is lelik.. Dit kan jou breek tot op die grond. Wanneer jy daar is dink jy nie nugter nie. Weet nie wat haar rede was nie… As sy bely.. Hy is getrou en sal vergewe. Dis n beeld wat lewenslank voor haar gaan verskyn.. Maar God ken haar pad voorentoe. Hy sal met haar wees..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.