Ma in hof oor tweejarige se dood

Argieffoto: Kent Williamson

Alidin Goedeman (33), wat daarvan beskuldig word dat sy haar tweejarige seuntjie met ʼn klip doodgeslaan het, het Maandag vlugtig in die Springbok-distrikshof in die Noord-Kaap verskyn.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Goedeman, van Jakkalswater in Nababeep, se saak is tot 28 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig Goedeman het op 8 Februarie haar seuntjie omstreeks 19:40 na ʼn veld toe geneem waar sy hom na bewering vermoor het. Die vrou het haarself later aan die polisie oorgegee.

Brig. Francis Hender, bevelvoerder van die Namakwa-polisiegroepering, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulp te soek wanneer hulle deur maatskaplike uitdagings in die gesig gestaar word eerder as om tot kriminele aktiwiteite oor te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sê maar net ·

Asseblief, ek vra jul mooi, as jy nie jou kind wil hê nie. Ek is bereid om hom/haar te neem. Ek smag so na n kinder stemmetjie in ons huis. Dis sooooo hartseer. Dis onmenslik, ek begryp dit glad nie. My hart is in stukke

PJC ·

Hierdie ma is ń gevaar vir almal om haar. Geen normale mens vang so iets aan nie. Ek hoop hulle hou haar agter tralies.

Stella ·

Is dit nou nie vieslik nie? Kon sy nie die kind eerder weg gegee het nie?daar is BAIE mense wat n kind wil aanneem? Maar seker te veel moeite om te soek vir daai oplossing,,lekker siek,,dis omdat die doodstraf afgestel is dat dit so maklik is om te moor.

Nita ·

Ek is self n mamma, hoe is dit moontlik dat n ma tot so iets in staat is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.