Ma in hof wat glo kind vasketting

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 24-jarige vrou wat na bewering haar kind met ʼn ketting en slot vasgemaak het, sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Peddie naby King Williams Town in die Oos-Kaap verskyn.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma van twee kinders, onderskeidelik ses en agt jaar oud, het na bewering die oudste kind mishandel deur hom met ʼn ketting vas te bind. Die beweerde voorval is die afgelope naweek by die polisie aangemeld.

“Die saak is onder maatskaplike werkers se aandag gebring en die seuns is sedertdien by hul ma weggevat en in hul ouma se sorg geplaas wat in ʼn nabygeleë nedersetting woon,” het Govender gesê.

Sy het gesê die kind het geen ooglopende beserings opgedoen nie en albei kinders gaan voort met hul skoolloopbaan. Die ma is in polisieaanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sies ·

Sies…!!! Sy kan nie n ma genoem word nie!
Hoop daai kinders word uit haar sorg geneem.

Theresa B ·

Liewe aardetjie tog – my mond hang oop. Ek hoop sy sien daardie arme kindertjies nooit weer nie.

KarooKlong ·

Sopas besluit ek gaan nie die buurvrou se kreature vasbind nie.
Mense dis twee weerligstrale wat slotte kort.

charlene ·

Nou het ek een vraag, wat maak haar beter as ware vrouens wat smag na n baba maar dit onsê word…….
Dis hoekom ons die dood straf moet terug bring, sulke vrouens verdien om gestenig te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.