Ma in hof weens lat-aanranding

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die 35-jarige vrou van Limpopo wat in hegtenis geneem is nadat sy volgens die polisie glo haar vyfjarige seun “brutaal” oor skoolskoene aangerand het, het Donderdag weer vlugtig in die hof verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vrou, wie se naam volgens die Kinderwet nie bekend gemaak mag word nie om die seun se identiteit te beskerm, het haar tweede verskyning in die Matlala-landdroshof gemaak waar sy tereg staan op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met doel om ernstig te beseer.

“Sy is nog nie borgtog toegestaan nie en die saak is uitgestel tot 12 April vir verdere ondersoek,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het Saterdag berig die voorval het glo in die Cooperspark-nedersetting in die Matlala-polisiëringgebied buite Polokwane plaasgevind.

“Die vrou het na bewering op 15 Maart haar vyfjarige seun met ʼn lat aangerand nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy sy skoolskoene verloor het. Die seun het tydens die voorval verskeie beserings oor sy hele liggaam opgedoen,” het Ngoepe gesê.

Die seun moes na ʼn hospitaal geneem word vir mediese behandeling en is daarna in ʼn plek van veiligheid geplaas.

ʼn Omstander het ʼn selfoonvideo van die voorval geneem en aan die polisie verskaf.

WAARSKUWING: Die video onderaan die berig is gewelddadig van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Thersia ·

Imagine wat doen hulle aan diere as hulle so iets aan ‘n kind doen…..

Oom Kalahari ·

Siek verby, ‘n Ma beskerm normaalweg haar kroos en nie mishandeling nie. Sluit toe en gooi sleutel weg.

Tess ·

In party kulture is dit normaal om hul kinders en mekaar so aan te rand. Niemand sal d kind probeer beskerm want dan word daai persoon ook ‘n / ge teiken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.