Ma in Rustenburg gekaap, doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 49-jarige vrou is Maandag omstreeks 11:00 in Rustenburg, Noordwes, gekaap en doodgeskiet.

Kapt. Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie in Rustenburg, het aan Maroela Media gesê Zaheeda “Poppy” Latif en ʼn kollega was op pad om geld te gaan deponeer. Hulle bedryf ʼn onderneming in Klopperstraat in Rustenburg se middestad.

“Hulle het met ʼn Chevrolet-bakkie gery en sy was die passasier. Hulle het op die hoek van Kerk- en Van Belkumstraat agter ʼn huurmotor stilgehou. Toe die huurmotor wegtrek, het tussen vier en ses gewapende mans skielik agter die bome te voorskyn gekom en op die bakkie begin skiet.”

Augoustides het verduidelik Latif se kollega het hierna uitgespring en weggehardloop. Die aanvallers het egter met Latif en die bakkie gevlug.

“Die polisie het dadelik ʼn oproep uitgestuur en ʼn polisiehelikopter, verskeie sektoreenhede en selfs die honde-eenheid het daarop reageer en begin soek na die gesteelde bakkie. Binne 20 minute het kapt. Werner Gouws en sers. Adrie Deysel uit die helikopter bevestig dat hulle die bakkie opgespoor het en hulle het grondondersteuning versoek,” het Augoustides bygevoeg. “Hulle het ook ʼn vrou se liggaam in die bakkie opgemerk.”

Die bakkie is tussen bosse, op pad na die Sibanye-opleidingsentrum, ongeveer 5 km van die kapingstoneel gevind.

“Die aanvallers het gevlug voor die polisiebeamptes daar opgedaag het. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Latif laat haar man en drie seuns, in hul 20’s, agter. Augoustides het gesê vriende van Latif se man het hom op die toneel probeer troos en hom ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jacqui ·

Hoe aaklig. My hart breek vir al die onskuldige slagoffers. Slagoffer. So n perfekte woord in ons taal vir wat hier aangaan

Antjie ·

Sy was n geliefde vrou van ons gemeenskap……nou is dit 20 001 persone vir wie ek my swart hemp gedra het laas week.
Suid-Afrika….mag die HERE ons genadig wees???

Anoniem ·

As mense sonder waarskuwing net op jou begin losbrand en dan jou voertuig gebruik om te ontsnap, is dit nie n kaping nie dit is terrorisme. My inige simpatie is met die gesin.

Adele ·

Klink vir my of iemand bewus was daarvan dat hul geld wou gaan deponeer.
Siek land hierdie!!!

Pieter ·

Ek kry vrek skaam om in die land te bly. Ek kan nie eers meer ordentlik konsentreer as ek by die werk is nie. Ek vrees vir my vrou en kinders se lewe wat by die huis moet bly.

Megan ·

I am sorry but that is not how it happend…She was the driver an according to Morné the guy from CPF said she had no money on her but a bit of change.It was around 10:45 when the shooting took place and yes the worker ran to fetch the husband. CPF where also the first on the seance. The hijackers shot the poor woman because she didn’t want to climb out the vehicle because she started panicking, then they pushed the woman to the passenger seat and shot at the people at the opposite corne and the taxi which was standing behind her vehicle,then they fled the seance with the vehicle and the woman…I know this cause we live right across the stop where it happend.

We send our condolence out to the family,we are sorry for your loss.

**anon** ·

@Megan, why would the Police lie about the circumstances surrounding this? Were you standing next to the road when this happened, how on earth did the bullets miss you? The account that was given here was from the eyewitness accounts as well as the passenger / driver that fled the scene of the incident. Why didn’t you speak to the Police about the “real” facts that happened, if you were an eye witness to this horrible act? However, there is no use in arguing about this, the lady died, because of this horrendous act and it is extremely sad. My condolences to her loved ones and family in this sad time. May she rest in peace!

Matysje ·

Anon, I rather believe the story of people who were at the scene than the official version. This is the case for most scenes I attended to through the years . The public only hear a fraction of what really happened.

So Moeg en bang ·

Ek het jare in Rtb gewoon, het gesien hoe n pragtige dorp in n kriminele nes verander.
Ek het getrek toe Ek 6 mnde swanger was met my eersteling.
Ons het na n Klein Bosveld dorp verhuis. Die eerste paar Maande was dit of Ek bomskok het, was gewoond aan kameras tronke diefwering ens. ALS was skielik oop en die natuur was groot. Ja Ons het crime Hier, Maar jou gemoed is beter. Dankbaar Vir die skuif Wat ons gemaak het.
Sterkte aan die pa Kinders en familie .
Ons Kan net dink waardeer julle moet gaan.

Nita ·

Skrikwekkend, die toestande waaronder ons in die land leef. Here help asseblief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.