‘Ma, jou plek is nou leeg’

Pat Peterson en Bibi (Foto aan Maroela Media verskaf)

Cecil Peterson (82) is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy en sy vrou, Pat, op 13 September op hul plaas tussen Modimolle (Nylstroom) en Bela-Bela (Warmbad) aangeval is. Pat is tydens die voorval doodgeskiet.

Volgens Lt.kol. Moasthe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die aanvallers klapmusse en handskoene gedra toe hulle op die plaas TNT buite Bela-Bela toegeslaan het.

Die vier aanvallers het omstreeks 09:00 die huishulp, wat buite die huis besig was, met ʼn vuurwapen gedreig en na die huis gedwing. Hulle het glo geld geëis.

Cecil is na in sy kaak geskiet.

Pat se twee dogters, Sonja Matthee en Tania du Plessis, het gesê hul ma se lewe was vol liefde en omgee vir ander.

“Van vroeg af in haar lewe was sy blootgestel aan baie uitdagings toe sy ook haar eie vader op ʼn baie vroeë ouderdom aan die dood moes afstaan. Sy was ʼn toonbeeld van ʼn vrou wat met min geld, harde werk en sonder enige formele naskoolse opleiding ʼn sukses van die lewe gemaak het. Sukses was nooit gemeet aan rykdom en ʼn glans lewe nie en alhoewel sy dit heeltemal vir ander gegun het, het dit haar nie juis beïndruk nie. Sy was meer gesteld om tyd af te staan, om te gee en vriendelik te wees met almal om haar.

“Dit het gemaak dat sy soos enige goeie ma en ouma die spilpunt van ons lewens geword het – die gom wat ons familie bymekaar gehou het. Dit is vir ons familie en vriende baie jammer dat iemand wat altyd met deernis na ander se behoeftes omgesien het se lewe hier op aarde op so sinnelose manier beëindig is. Ons wil se: ‘Ma, jou plek is nou leeg, ‘n hap uit ons siele, maar in ons harte sal jou liefde altyd voortleef.’”

Die roudiens vind Vrydag, 22 September 2017 om 11:00 vanuit die Hervormde kerk Waterberg in Nylstroom plaas.

Die egpaar het nie alleen op die plaas gewoon nie. Hulle het werkers gehad wat hulle permanent opgepas het.

Inligting dat die aanvallers met kontant gevlug het, was foutief. Die aanvallers het kort ná die skietery van die toneel gevlug.

Volgens Ngoepe is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Selfbeskikking ·

Ons soek ons eie veilige land, ons is nou klaar met die gesukkel om te oorleef. Ons sal ons eie veilige ekonomies sterk land bou. Kom ons begin nou met onderhandelinge met die regering daarvoor!

Haan ·

Selfbeskikking jy het die regte idee! Dit is al wat ons voortbestaan gaan verseker. Fataliste soos Anton sal nog later verstaan

Sê maar net ·

My innige meegevoel. Dit is bitter hartseer en so onnodig

Toppie ·

Stem saam , wat van die Weskaap , res van die land is al klaar opgeneuk deur die ANC so laat hulle voort ploeter ek kyk hoe 0ver hulle kom

Anoniem ·

Orania is mos klaar daar, waarom nie daar gaan woon nie?! Verstaan nie die kommentare vir “self-beskikking” nie, omrede Orania alreeds daar is vir diegene wat self beskikking wil he. Of wil julle dit nie regtig he nie?

Fred ·

Orania is eintlik maar ‘n oorbevolkte besproeiïngsplaas. Ek glo nie dit is wat Toppie in gedagte het nie.

Selfbeskikking ·

Wie het ooit gese ons soek net orania? Ons moet baie groter stuk grond kry, soos israel. Ons kan ons eie baie sterk land bou, baie groter as net orania.

Max ·

Ons moet erens begin en Orania is n puik begin. Kom ons bou daarop.

Adam ·

Toppie, as ek reg onthou het ons julle “uitgevoer” na die noorde mbv die Groot Trek. Wil julle nie maar eerder daar bly en ons Wes-Kapenaars ons rus en vrede gun nie. LW: Dit is ‘n tong in die kies opmerking!!!

Haan ·

Selfbeskikking jy het die regte idee! Dit is al wat ons voortbestaan gaan verseker. Fataliste soos Anton en Fred sal nog later bykom. Ek gaan kuier gereeld in Orania en dit is n ongelooflike plek en n goeie begin

Boervrou ·

Innige simpatie met die familie.
Ons boere kan nie meer so aangaan nie.
Sal onsself moet begin verdedig.
Sal net graag wil weet waar was die werkers wat hulle moes oppas? Baie van die moorde word juis in samewerking met jou eie mense gepleeg.

Petra ·

Ek dink dis juis die wat hul moes oppas wat ‘n vinger ini paai het hier. Arme mense

anton ·

Eers gee ons die land op n skinkbord weg!!! Dan wil ons weer onderhandel om weer iets terug te kry. Ek verstaan daai nie so mooi nie!!!
Oooo ek het vergeet……..Niemand het mos ”JA” gestem nie!!!

Ashlee ·

Die land het nog nooit aan “ons” behoort nie. Die land het behoort aan ieder en elk. Ons het net eendag besluit om dit ons s’n te maak sonder enige onderhandelinge, enige begrip vir ander.

Ouvrou ·

Soos ek verstaan behoort orania aan net een man. En wie wil daar gaan woon?? Dis n bar stuk aarde.

vrikie ·

Jy is nie net oud maar dom ook lyk dit my.Hoekom gaan kyk jy nie self na die bar stuk grond langs die magtige Oranje rivier en sien vir jouself

Herman ·

Haai siestog Ouvrou. Elkeen met bietjie oemf in hom sal op enige plek ‘n bestaan kan maak. Jy was duidelik nog nie op Orania nie. Niemand gaan jou of enigiemand anders vra, verplig of dwing om daar te gaan bly nie. Inteendeel sal diegene wat graag daar wil bly dit verkies as jy en almal wat jou siening deel nooit daar uitkom nie.

madels ·

Dis net vir my so verskriklik wat hierdie twee mense deurgegaan het en die familie wat agterbly, dit breek my hart in twee stukke :-(

m ·

So hartseer dat hierdie suurstofdiewe soveel ellende veroorsaak. Sterkte aan die familie. Mens het nie veel woorde nie……….

skoppiezotsewinduit ·

Jou kommentaar met verwysing na die 82-jarige suurstofdief is onnadenkend.

Johan ·

@skoppies – die verwysing is nie na die 82-jarige nie maar na die aanvallers

etienne ·

Ja en die polisie verontskuldig hulself “klapmusse en handskoene “so daar sal niemend gevang word nie.

Helien ·

Waar is die ou Suid-Afrika. Geen vrees en werk vir almal. Nuwe Suid-Afrika soveel moorde hoeveel gesinne is in eensaamheid gedobbel. Wanneer gaan dit einde kry al die moorde. Baie jammer oor julle groot verlies.

Tessa ·

En ook nie onwettige immigrante nie! Ons is besig om die hele Afrika hier aan die suidpunt te onderhou!

Johan ·

Did hoekom ek sê, begin skiet in die lokasies – dra net ‘n klapmus

MARTHIE ·

Die ondersoek duur altyd voort en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie…………………en ons hoor nooit weer van die saak nie en die “aanvallers” bly op vrye voet om dit weer en weer te doen. As die geval omgekeer is(en julle weet waarna ek verwys) was hulle laaaankal aangekeer, in die tronk en voorblad nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.