Ma, kêrel dan gevonnis ná 3-jarige se dood

Die twee beskuldigdes Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg (21 Januarie 2019). Foto: Mia Spies/eNuus

Die 29-jarige vrou en haar voormalige kêrel wat skuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met dood van die driejarige Daniel van Johannesburg, sal eers in April hul lot hoor.

Die twee het vanoggend weer in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn vir voorvonnisverrigtinge in die sogenaamde ‘Baba Daniel-moordsaak’. eNuus berig die verrigtinge is uitgestel van 1 tot 3 April wanneer die vonnisoplegging na verwagting sal begin.

Maroela Media het vroeër berig die vrou, wie se naam nie genoem mag word nie om die identiteit van haar ander drie kinders te beskerm, is in Desember skuldig bevind op twee aanklagte van kinderverwaarlosing. Haar eks (36) is skuldig bevind aan die moord op Daniel in Junie 2016 en kindermishandeling.

Die man, wat nie Daniel se biologiese pa is nie, het vroeër aangevoer Daniel het in ʼn bad warm water geval en hoewel dit aanvanklik gelyk het asof hy “oukei” was, het hy die volgende dag gesterf.

Daniel is nooit hospitaal toe geneem om vir die brandwonde behandel te word nie, maar is verskeie kere vantevore in die hospitaal opgeneem.

Daniel is dood by sy huis aangetref nadat hy erg aangerand en met kookwater gebrand is. Hy het gebreekte bene, erge kneusplekke aan sy arms en gesig, kopbeserings en 60% brandwonde oor sy liggaam gehad. ʼn Forensiese patoloog het tydens die verhoor getuig die seuntjie het dié beserings opgedoen terwyl hy geleef het.

Die ma en haar medebeskuldigde het twee kinders saam, terwyl sy nog twee kinders uit ʼn vorige verhouding het, waarvan Daniel een was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

linda ·

mag God met julle afreken!
HEBREËRS 10:31 NLV
Hoe verskriklik is dit om in die hande van die lewende God te val

legens ·

waarom het hy nie die kind teen die verskriklike marteling beskerm nie ?

Anoniem ·

Legens, ons ken nie die antwoord op daai vraag nie.
Maar ons kan verseker weet dat alle onskuldige mense wat nie gesondig het nie ( soos hierdie ou baba’tjie) as ook daardie volwassenes wie se sondes vergewe is, verewig by God is en dat Hy die pyn en lyding verewig verwyder.
Ons leef in ‘n gevalle wereld waar ons die gevolge van sonde dra.

Mads ·

Legend ek het al so baie daai vraag gevra. Waar is God as hierdie goed gebeur. Ek het n movie gekyk “The Shack”
“The Shack is a 2017 American Christian drama film directed by Stuart Hazeldine and written by John Fusco”
Doen jouself n guns en kyk die movie. Dit het my baie geraak.

Ben ·

Mense vergeet dat daar nie net goed is n ie mar ook sleg, ons het eie wil gekry wat beteken ek kan doen wat ek wil mar gan nrekenskap moet gee vir my dade

Piet Pompies ·

Hier het ‘n kind gesterf aan die hande van sy ma en stiefpa terwyl my dogter en haar man smag na kinders.

Juan ·

Hoe kan n mens so iets doen aan n onskuldige klein kind.
dood straf moet terug gebring word vir sulke mense,

Johann cb ·

Op hierdie jong ouderdom alreeds vier kinders! Ek glo die ander drie is veilig!?

Vryhand ·

Gistraand se nuus het hulle gesè die ander3 is in n plek vir veilige bewaring

Andre ·

‘n Kind van drie jaar oud soek net speelgoed, lekkergoed en liefde. Mag God met julle afreken!!!!!!!!?

Guve ·

Nee, Nee, regtig, hoe weed? Jesus wees asb met die ander kinders asb?

Ekke ·

Hoe kan ‘n vrou, wat vir 9 maande ‘n kind in haar gedra het, terugstaan dat daardie babatjie, aan die hande van ‘n weet nie wat nie, verniel en verpletter word,,, terwyl sy self aandadig is daaraan deur dit toe te laat… hoe kan ‘n kind in ‘n bad warm water val en net “okay lyk”….dis net siek….

TLC ·

Nie gedink daar sal ooit weer n Poppie geval wees nie
Hoe siek as Ma moet jy wees om dit te kan toelaat
Mamma was jy daar toe jou kind sekerlik geskree het van pyn ????
?
Ek se altyd ek het my kinders gevoel kom en vir jou het ek sien kom?
Ek is al n ouma maar ek sal jou verwoes as iemand aan 1 van my kinders raak
Hoop jul kry ergste straf ooit en slaap met 1 oog oop?
Riv kleinman

Maddy ·

My hart gaan uit vir Daniel, al die bitterlike seer wat hy moes deur maak elke dag met sulke “ouers”. Nooit veilig of geliefd voel nie. Hy het dit nie verdien nie. Mag die straf 1000maal erger wees vir hierdie genadelose siele wat veronderstel was om hom vas tehou en vertroos en nie so ondenkbaar mishandel nie. Die saak sal by my spook soos die Klein Poppie vd Merwe saak. ????

Elize ·

Die mense wat so gal braak oor God. Sy genade is so groot dat in jou laaste oomblikke op hierdie aarde vergewe Hy nog steeds en sal jou aanneem as jy Hom aanroep. Vat my eerder aan maar moet nie ‘n bespotting van my God maak nie. Nêrens het Hy belowe dat dit maanskyn en rose op hierdie aarde sal wees nie. Inteendeel daar sal beproewings, pyn en lyding wees sodat die koring van die kaf geskei kan word. Geen groter vooruitsig om te weet indien jy Hom as jou Verlosser aangeneem het jy die ewige lewe sal beërwe nie. Woorde is maklik om te uiter maar onthou die gewete sal jou begin aankla en dan is God daar om jou ook te vergewe. Hierdie kleintjie is nou op ‘n veilige plek en sal nooit weer seergemaak word nie.

MW ·

As jy weet wie in beheer van hierdie planeet is sal jy al jou antwoorde hê

Riana ·

Ouers… wat julle gesaai het gaan opkom… God het nie ñ towerstaf om alles wat sleg gebeur te verander in goed nie… Hy is ñ goeie God.. finish en klaar. God het elke mens met ñ wil geskep en dié wat wil kinders aanrand, sal die vrugte pluk daarvan…. ek wil my verstout om te sê al vra hul vergifnis.. die oes moet opkom… en hulle moet daardie verantwoordelikheid en straf dra wat die hof hulle oplê. Arme seuntjie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.