Ma, kêrel hoor lot ná 3-jarige se wrede moord

Die 29-jarige vrou en haar voormalige kêrel wat Donderdag skuldig bevind is in verband met die dood van die driejarige Daniel in Junie 2016. Foto: Mia Spies/eNuus

ʼn 29-jarige vrou en haar voormalige kêrel is Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind in verband met die dood van die driejarige Daniel in Junie 2016 nadat hy wreedaardig aangerand is.

Die vrou, wie se naam nie genoem mag word nie om die identiteit van haar ander drie kinders te beskerm, is skuldig bevind op twee aanklagte van kinderverwaarlosing. Haar eks (36) is skuldig bevind aan die moord op Daniel en kindermishandeling.

Nadat die man skuldig bevind is, het hy na sy familie in die openbare galery gedraai en gesê: “Dit is nie regverdig nie, hy het in die bad geval.”

Die man, wat nie Daniel se biologiese pa is nie, het vroeër aangevoer Daniel het in ʼn bad warm water geval en hoewel hy aanvanklik gelyk het asof hy oukei was, het hy die volgende dag gesterf. Daniel is nooit hospitaal toe geneem om vir die brandwonde behandel te word nie, maar is verskeie kere vantevore in die hospitaal opgeneem.

Daniel is dood by sy huis gevind nadat hy erg aangerand en met kookwater gebrand is. Hy het gebreekte bene, erge kneusplekke aan sy arms en gesig, kopbeserings en 60% brandwonde oor sy liggaam gehad.

Die man wat skuldig bevind is van die moord op die driejarige Daniel in Junie 2016. Foto: Mia Spies/eNuus

Die ma het vroeër getuig haar kêrel het haar die aand voor Daniel se dood aangerand en glo vir haar gesê: “Ek het hom [Daniel] finaal opgef**”.

Borgtog is in 2017 aan die ma toegestaan. Die hof sal môre haar regspan se aansoek aanhoor om te hoor of dit verleng kan word en of sy agter tralies gaan bly tot die vonnisverrigtinge begin. Die vonnisverrigtinge sal na verwagting op 21 Januarie volgende jaar begin.

EWN berig regter Colin Matshitse het tydens sy uitspraak gesê die ma is net so skuldig soos haar kêrel aangesien sy haar kind moes verdedig het. Volgens Matshitse het die ma toegelaat dat die vrees vir haar kêrel uiteindelik tot haar kind se dood gelei het.

Die ma en haar medebeskuldigde het twee kinders saam, terwyl sy nog twee kinders uit ʼn vorige verhouding gehad het, waarvan Daniel een was.

Inligting in berig met vergunning van eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marco ·

Daar is nie ‘n swaar genoeg straf in ons regstelsel om wat die 2 wreedaarde gedoen het effektief te straf nie. Klein Daniel is weg en hulle gaan op belatingbetalers se geld in die korrektiewe sisteem bly. Regverdigheid sal wel vorentoe geskied.

MJ ·

Gereeld lees ons berigte waar die kêrel ‘n kind aanrand en doodmaak. Dis verskriklik.

Maro ·

Stem saam…maar dis al wat hulle kan doen. Mag hy en sy swaar gestraf word

Smurfie ·

Jis daai man is simpel.
Hoe kan hy sê, dis onregverdig die kind het geval in die bad.
As dit waar is, vir wat het hulle nie die kind hospitaal toe gevat nie?

E.K. die eerste ·

Steriliseer hul asb sodat daar geen verdere kinders kom as hul eendag “gerehabiliteerd” uit die tronk kom

ne ·

Albei moet tronk toe! Seks was vir haar belangriker as die kinders.

toy ·

Ek stem saam met die regter, sy moes haar kind beskerm het, dit was seker nie die eerste keer wat hy aggressief was teenoor hulle nie.

Julia ·

Waar was die dokters en maatskaplike werkers? Die kind was al by die hospitaal met ander beserings Dit moes gerapporteer en opgevolg word. Miskien sou Daniel nog gelewe het, maar ons sisteem laat ons kinders gruwelik in die steek en ek praat uit onder I ding.

Maljan ·

Jammer im te sê, maar die drs moet polities korrek optree en die maatskaplike werkers is almal bbbee mense met geen kennis simpatie of enige begeerte om witmense te help nie en net die minimum begrip van Engels wat op almal afgedwing word.

GM ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe ‘n ma kan toekyk hoe haar kinders aangerand word. As daar nie mense is waarheen jy kan vlug nie, gaan bly in ‘n tent en begin oor.

Daar is altyd ‘n uitweg, ALTYD.

Jy moet net eenkeer ‘n slaappil in so ‘n man se kos gooi en hom lekker bykom…

Poppie ·

As n man/pa dit aan my kind doen, gaan slaap ek onder n boom as ek nie ander plek het nie. Maar ek gaan nie toelaat dat n man my kind mishandel nie.

Andrea ·

Ek wens daar wil n wet geskryf word wat vereis dat sulke mense gesteriliseer moet word. Hul mag nooit weer kinders hê nie. Nooit weer moet n onskuldige lewetjie uitgelewer wees aan sulke monsters nie.

Doempie ·

Spesiale plekkie in tronk vir hierdie dapper kryger. Mothersticker!

Stel ·

Dis siek verby!!!!! Hoeveel pyn het daardie klein lyfie nie verduur nie?? My hart is seer.

Dandre ·

Gaan hulle gekastreer word? Sulke mense mag nie kinders hê nie.

Tarien ·

Om van siek te word? gemors doen so iets aan n weerlose kind, ek wil liewer nie komentaar lewer op die “ma” nie

Maljan ·

Jammer im te sê, maar die drs moet polities korrek optree en die maatskaplike werkers is almal bbbee mense met geen kennis simpatie of enige begeerte om witmense te help nie en net die minimum begrip van Engels wat op almal afgedwing word.

Dries du Toit ·

Verskriklik tragies. Slegter as diere. Verdien n publieke teregstelling

Loraine Venter ·

Net drie jaartjies oud,.. dit is hart verskeurend, .. mag die moordenaars van n onskuldige kindjie, lewenslank gevonnis word .!

Jessica Fourie ·

Mag die Here met hierdie gemene mense afreken!!! ?

Landie ·

Dis gemeen sy moet ni n ma genoem word nie. Daar is mense wat hard probeer om kinder te kry en nooit die eer sal he om ooit ma genoem te word nie dan kom die vrou en het 4 maar kan nie eers vir een op kom nie. Ek is n ma en sal my eie lewe vir my kinder gee as dit daar kom maar sal nie dat iemand hulle leed aan doen nie. Ek hoop as j n geweete het dit jou ry toe die dag jy jou kop meer le mag daai klein lyfie by julle spook en jou tot op jou knee bring en vra vir vergifnes van ons Vader.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.