ʼn Ma en haar kind het kritieke beserings opgedoen nadat hulle deur ʼn kameelperd vertrap is op ʼn plaas in Hoedspruit in Limpopo.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Maandag plaasgevind en dat hul paramedici daarvan in kennis gestel is deur Hoedspruit Medical Rescue wat eerste op die toneel was.
Die ma, glo in haar 30’s, en haar driejarige seuntjie het albei ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.
“Hoedspruit Medical Services het hulle behandel, waarna hulle na ʼn nabygeleë vliegveld gehaas is waar twee ER24-helikopters op hul gewag het.”
Volgens Meiring is die ma en seun gestabiliseer voor hulle na die Busamed Modderfontein-hospitaal gehaas is vir dringende mediese behandeling.
Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie.
Sterkte! Wild is nie speelmaats nie, wild moet met respek hanteer word.
U sê dat die omstandighede rondom die voorval nog nie duidelik is nie.
Waarom sê u dan dat hulle deur ‘n kameelperd “vertrap” is? Om te vertrap is tog ‘n opsetlike daad. Hulle kon mos per ongeluk onder die dier se voete beland het.
Soek u sensasie waar daar moontlik nie is nie?
Ag toe, ag toe Regpraat.
Regpraat; ‘n Ma en haar klein seuntjie is in ‘n kritieke toestand. Is dit nie erg genoeg vir jou nie??
…en jou punt is?
Geen kameelperd kom staan by jou of kom lê by jou en prrrrrr soos ‘n katjie nie.
En wanneer mense dink dis ‘n mak diertjie om te vryf of mee maatjies te maak, sal hy/sy jou met sy nek bykom; of skop of soos in boonste geval, vertrap. Dus korrekte woordkeuse.
Sterkte aan die beseerdes.
Goed opgesom Theresa. Leer die kritici om reg te praat.
Bly uit die wilde diere se pad. Jy is in sy omgewing waar hy hoort, nie jy nie.
Mens moet respek he vir wilde diere, en besef, as jy hul spasie betree, is jy in gevaar… wilde diere is onvoorsplebaar, al lyk hoe mak, cute, en op hulle gerus…