Ma, kind (2) se lyke langs toilet gevind

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die liggaam van ʼn 28-jarige vrou en dié van haar tweejarige dogter is Dinsdag langs ʼn toilet in ʼn huis in Noordwes gevind.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die gru-vonds is in Uitbereiding 3 in Taung, suid van Vryburg, gemaak.

“ʼn 30-jarige man het homself Dinsdag aan die polisie oorgegee in verband met die moord op sy vriendin en hul kind. Die polisie het hom na die huis vergesel waar die slagoffers se liggame langs die toilet gevind is. Hulle is glo Maandag vermoor,” het Moleko gesê.

Moleko het gesê die oorsaak van hul dood is nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Hulle het geen sigbare beserings gehad nie.

Die motief vir die moorde word ook ondersoek.

Die man moet Donderdag in die Taung-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

hulle het die “moordenaar” maar weet nie hoe die moord gepkeeg was nie?

Asjas ·

Seker nog nie daaraan gedink om hom te vra nie? Onthou, SA se baasspeurder is nou afgetree.

sarie van heerden ·

ASJAS: As jy van Piet Byleveld praat as die baasspeurder het jy seker nog nie gelees wat intussen gebeur het nie. Baasspeurder .. (?)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.