Ma, kind sterf saam

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Ma en haar kind is Dinsdag saam in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval buite Potchefstroom in Noordwes dood.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het vroegaand op die Viljoenskroon-pad plaasgevind.

“Na verneem word het die ma en haar kind, vermoedelik drie jaar oud, oor die pad gestap, toe ʼn groot voertuig albei getref het,” het Vermaak gesê. “ʼn Tweede voertuig het hulle óók getref. Volgens ʼn ooggetuie het die eerste voertuig, vermoedelik ʼn vragmotor, wat hulle getref het, net aanhou ry.”

Die ma en haar kind was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Paramedici kon niks vir hulle doen nie.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

xa ·

SA is heeltemal te sag op verkeersoortreders. Sulke mense moet bitterlik swear gestraf word. En SA moet ook soos beskaafde lande dashcams kry sodat ons kan sien wie die moodenaars op die paaie is en hulle vervolg.

Pieter dp ·

XA Jy kan nie oordeul nie. Jy maak die vragmotor klaar skuldag.. Daai bestuurder weet sekerlik nie eers dat hy die persoone dood ge ry het nie.

Dis maak seker van jou fyte en dan kan jy eers iets sè

Petro ·

XA ek stem saam jou…Ekt self vir n vervoer maatskappy gewerk en trokdrywers is net moedswillig omdat hul weet hul trok is groter as jou kar en selfs jy so dan ry hul net.

Matmiet ·

N trok het my van my fiets afgery en my sekerlik gesien en uit die venster gekyk en vir my gelag.
XA is 100% reg en hy oordeel glad nie. Hy help sy broer reg en verskaf n oplossing.

Pop ·

Pieter dp- Wanneer jy iemand aanvat maak asb seker van jou spelling dat jy nie soos n grap lyk nie?
*Oordeel
*Skuldig
*Persone
*Gery
*Feite
*Sê

My gebede vir die familie en vriende.

Pop ·

Ek stem saam mt jou xa. As hulle die ‘dashcams’ begin gebruik sal hulle dalk versigtiger begin ry en kyk wat hulle doen! En mense wat verkeers reëls nie volg nie, verdien swaarder strawwe veral die mense wat onder die invloed van alkohol of dwelms bestuur.

Ek dink aan die familie en vriende.

Gesiggie ·

Ek vrees elke dag as ek op die sekere pad moet ry, want die mense kan nie distance bepaal, hul hardloop net oor sonder om te kyk” daar is al soveel voetgangers dood gery? en wie se skuld is dit nou eintlik, maar jy ry nie net aan asof niks gebeur het nie? Ek voel bitter jammer vir die Ma en kind…wat dit nie gemaak het nie. en ek hoop dat die eerste voertuig se eienaar opgespoor word… dit was dalk net n ongeluk,maar raporteer dit….

WEskaper ·

Voel jammer vir naasbestaandes maar daar moet na voetgangers se gedrag ook gekyk word. Ja dit is verkeerd om weg te ry. Hier by ons word die N2 gebruik vir ‘n oorgangsroete wat onwettig is. Maar word iemand raak gery veral in die aand is die motoris sommer skuldig.

Dave ·

Stem saam met Xa. Het by n vragmotor bestuurder gehoor na so n insident hou hulle net aan ry teveel rompslomp as hulle stop

Maryn ·

Hier in Witbank gaan 2 snelweë deur ons stad! Nou rig die owerhede maar net op hierdie weë tekens op wat sê: PEDESTRIANS CROSSING, DON’T STOP HIGH CRIME AREA, POTHOLES, en so vrywaar hulle hulself van enige aanspreeklikheid!

BRAAI ·

PIETER DP…….. HOE DI HEL WEET JY NI DAT JY IEMAND RAAK GERY HET NI OF RY DI TROK BESTUURDER OOR SO BAIE MENSE DAT HY DIT NI EERS MEE VOEL OF AGTERKOM NI?…… MAAK DIS OOK EERS SEKER VAN JOU FEITE DAN KAN JY OOK EERS IETS SE….

Bertie ·

Was ‘n treindrywer, glo my jy weet as jy iets of iemand raakry, die storie vang het nie geweet nie is sommer snert, tensy jy agter die stuur aan die laap is.

Gerhard ·

Voetgangers het voorrang op ons paaie…my lisensie al meer as 30 jaar en ek onthou dit nogteeds.

Irene Myburgh ·

So gerhard volgens jou argument kry voetgangers voorkeur op paaie. So voetgangers kan enige plek op die landse paaie loop hulle het voorkeur. Ek glo nie so nie.

T ·

Ons het gery en ‘n man het REG voor ons ingespring, daar was geen kans vir uitdraai nie. hy was op sy foon besig en het net oor die pad gekom. nou bel sy familie ons en se ons moet betaal vir die begrafnis want hy het nie gevra vir dit nie. MAAR intussen het ons R80k se skuld op ons kar, ons moes ‘n kar huur en nie eers gepraat van die skuld gevoelens en hartseer en trauma waardeur ons was nie. maar hull emaak ons nou skuldig en ons moet betaal, ons weir ons het ook nie gevra vir dit nie. ek is jammer ek gee BAIE om vir mense maar sommige voetgangers kyk nie hulle hardloop oor paaie en gaan mal. Ek is ook ‘n fietsryer en ek moet se sommige mense ry fiets op paaie wat so smal is en dan kan hulle nie verstaan dat hulle raak gery word nie. ALMAL moet dink nie net voetgagners nie maar kar bestuurders en fietsryers elke mens moet dink !!!!!

DMC de Koker ·

Kontak julle prokureur oor die familie wat julle nou so lastig val. Julle moet niks betaal nie. Hulle moet maar na die Padongelukkefonds toe gaan.

Johann Marx ·

Miskien kan iemand hierdie vir ons opklaar? Sover ek weet het ‘n voetganger voorrang by ‘n wettige voet-oorgang. G’n mens kan tog verwag dat jy teen 120km/u op ‘n snelweg ry….en aanspreeklik gehou word as ‘n persoon willen en wetens oor die pad hardloop nie? Sekerlik het die voetganger ook tog ‘n verantwoordelikheid om na homself EN ander padgebruikers om te sien?

T ·

ek stem saam met jou Johann ons kon nerens uitswaai nie, en dit was tussen niks en nerens ek stem hoe kan mens verantwoordelik gehou word as iemand op ‘n groot pad reg voor jou inpring

Arizona ·

@ Braai. Dis is baie moontlik dat die trok drywer nie weet hy het iemand doodgery nie. My swaer is n trok drywer hy het sowat n jaar terug n ou wat op n trap fiets was en onder sy wiel beland het dood gery. Hy het dit nie eers gevoel nie. Die ooggetuie het gesê die outjie het agter langs die trok gery en aan die trok vas geklou en om beheer oor die fiets te verloor en beland onder wiele. Hy het gesê die trok het nie eers “gebump” nie. Die oogetuie het my swaer laat weet om te stop en toe vir hom gesê wat gebeur het. Ongelukkig is die outjie op die toneel oorlede. Om my terug te bring na die punt, vra enige gekwalifiseerde trok bestuurder (ek praat nie van iemand wat nog nat agter die ore is en nou net sy kode 14 lisensie gekry het nie) vra iemand wat 30 of 40 jaar se ondervinding het en hulle sal jou sê daai trokke as hy swaar gelaai is gaan elke tweede hobbek vir jou voel of jy oor iets ry.

Anoniem ·

Het al selfs in my kar gesit en sien hoe kom die trokke nader aan n mens se kar. Hul ry so naby aan jou, jy kan eintlik voel hoe druk hul jou van die pad. Gisteraand tussen twee trokke gesit oppad huis toe. Hul het my van alle kante gedruk. Hulle voel niks vir jou veral as jy n vrou alleen in kar is. En hul kry lekker as hul sien jy raak paniekbevange. Watter kans het ek as vrou teen so groot gedrog!!!!!

Anne-Marie Van Niekerk ·

Julle nuus ek stukke beter as enige ander nuusblad! Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.