Ma, kleuter sterf ná val uit gebou

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Ma en haar vyfjarige dogter is Saterdagaand dood toe hulle ses verdiepings ver uit ʼn gebou in Johannesburg geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê min besonderhede oor die voorval is in hierdie stadium bekend. “Paramedici is saam met die polisie na die toneel ontbied in Claimstraat, Joubert Park. Die ma en dogtertjie het op die grond gelê nadat hulle van die sesde verdieping van die gebou geval het,” het hy gesê.

Volgens Meiring het die ma reeds aan haar veelvuldige beserings beswyk en was die kleuter in ʼn kritieke toestand. “Paramedici het haar dadelik behandel en probeer om haar te stabiliseer, maar sy is ook op die toneel dood,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Hoe gebeur dit net dat iemand net uit ‘n gebou uitval?
Roep die “valke” in polisie is nie instaat met so’n ondersoek nie.

SannieSê ·

Was hul ALLEEN in die woonstel? Hoe val twee mense net uit ‘n gebou uit? Is die venster heel?

maryke ·

daar is n man in hegtenis geneem volgend di sektor polisie van daai area. rerig jammer dat die media nie volle storie bekend maak ni.

Mariné Lourens ·

Dagsê Maryke

Maroela Media het wel berig dat ‘n man in verband met die voorval in hegtenis geneem is. Lees gerus die opvolgberig hier.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.