Ma kom op seun (12) af wat eie lewe neem

Nathan en Gerhard Helberg. Foto: Verskaf

ʼn Ma, bure en paramedici het vergeefs geveg om ʼn tienerseun se lewe te red nadat die seun gepoog het om sy eie lewe te neem.

Die tragedie het hom Dinsdagmiddag by die ouerhuis van Nathan Helberg, ʼn gr. 7-leerling aan die Laerskool PAM Brink in Springs aan die Oos-Rand, afgespeel.

“Nathan was nog die dag skool toe. Hy het by die huis gekom, sy ma gegroet en nog iets geëet. Hy is daarna na sy kamer waar hy gepoog het om sy eie lewe te neem,” het Barend van Heerden, familievriend en woordvoerder van Nathan (12) se gebroke ouers, Eldie en Gerhard Helberg, Maandag aan Maroela Media gesê.

“Eldie het gehoor dit raak stil in sy kamer en het op hom afgekom.” Van Heerden het versoek dat meer besonderhede oor die daad weerhou word om sy ouers verdere trauma oor hul oudste seun se dood te spaar.

Van Heerden het gesê Eldie het dadelik hulp ontbied. Sy en bure het begin noodhulp toepas tot paramedici daar opgedaag en by hulle oorgeneem het.

“Paramedici het hom vir nagenoeg 40 minute behandel. Hulle kon later ʼn geringe pols voel. Nathan is daarna per ambulans na die Netcare N17-hospitaal geneem vanwaar ʼn helikopter hom na die Unie-hospitaal in Alberton geneem het. Hy is daar in die hoësorgeenheid opgeneem en verder behandel.”

Nathan se ouers en grootouers het vir ʼn dag en ʼn half lank om die uur by sy hospitaalbed gewaak voordat hy Woensdagaand omstreeks 00:00 dood verklaar is.

“Sy ouers en ons almal is platgeslaan. Sy ma wou nie sy bed verlaat het nie. Ons vermoed die poging spruit uit ʼn voorval wat by die skool plaasgevind het. Daar is egter geen kwade gevoelens teenoor enigiemand by die skool nie en die Gautengse departement van onderwys het ʼn ondersoek daaroor van stapel gestuur. Verder word leerders en onderwysers met berading bygestaan en is Nathan se ouers in gesprek met die skool,” het Van Heerden gesê.

Nathan Helberg. Foto: Verskaf

Van Heerden het Nathan as ʼn kranige en passievolle voorryrugbyspeler beskryf. Hoërskool Hugenote se tweede rugbyspan het Saterdag met swart bande om hul arms uitgedraf ter nagedagtenis aan Nathan.

“Hy was ʼn regte yster en baie lief vir rugby en kon in enige posisie in ʼn skrum speel. Hy was ʼn saggeaarde seun met ʼn goeie hart en het graag ander kinders en grootmense fluks met takies gehelp. Hy was baie besorg oor sy familie en het sy skoene as ouboet mooi volgestaan,” het Van Heerden gesê.”

Nathan se begrafnis word voorlopig vir 10:00 om Vrydag by die AGS Fontuinedal beplan. Hy laat sy ouers, grootouers, twee boeties en ʼn sussie agter.

Van Heerden het namens die Helbergs hul dank betuig vir die gemeenskap se ondersteuning en bystand sedert die voorval. “Die gemeenskap se ondersteuning dra hulle. Weldoeners is besig om alles vir die begrafnis te reël en daarvoor te betaal. Daar is selfs ʼn barmhartige samaritaan wat aangebied het om vir ʼn private lykskouing te betaal sodat Nathan se liggaam oorhandig en begrawe kan word.”

Hy verduidelik daar is ʼn sloerstaking by die lykshuis in Germiston waar Nathan se liggaam tans is. “Lykskouings daar moet op byna 86 lyke gedoen word, wat twee tot drie weke lank kan neem om af te handel. Ons kan nie so lank wag om Nathan ter ruste te kan lê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Adel ·

Dit is so verskriklik hartseer, so jong en mooi seun. Ai, ons kan net bid vir sy geliefdes en hulle in gebed opdra aan ons Hemelse Vader vir vertroosting….

Christelle ·

Dankie Maroela dat julle kennis van die tragiese dood van hierdie seun geneem het. My hart gaan uit na sy ouers.

Anton ·

Wat kan ñ mens nou hierop sè……
Dis nie eens my kind nie en dit voel as of ek net wil huil….
My harts gebede aan die Familie ….

Blondie ·

Meeste gevalle is die grootste boelies die leiers en onderwysers.

pieta ·

…en die kinders uit sogenaamde christelike huise….ek was ook aan sulke boeiles uitgelewer tot ek hulle begin aanvat het…die goed se tjank behoorlik afgetrap…toe moes jy sien hoe onskuldig die goeitjies is. En dit was 40 jaar gelede. Van toe af vat ek nie tjol van enige iemand nie…..ook nie van die wat met die bybel onder die arm by my aankom nie.

Dink weer ·

As die ondereyders dan die probleem is moet daar BAIE meer kinders selfmoord pleeg siende daar 40 kinders per klas is wat volgens jou deur die onnie geboelie word. Jy moet maar al jou kinders home school. As meer mense met die Bybel “onder die arm geloop het ” sou dinge dalk beter gegaan het, want net God kan mens ñ doel in die lewe gee. Deur so neerhalend van ander se geloof te praat is ook boelie, so jy is ook skuldig. Niks gaan verander tot ons weer ware liefde betoon, mekaar ondersteun en nie net elk vir sy eie belang uitkyk nie. Ek bid dat God hierdie ouers in Sy hand sal hou en sal vertroos.

Stem saam ·

Ek stem saam in sekere opsigte met die reaksies maar wil graag ook my kleinseun se storie vertel. Hy het drie brein operasies wat van bo sy linker oogbank strek tot naby sy linkeroor. Geen hare groei oor die letsel nie. Sommige onderwysers het gese hy skeer sy hare so streep, kon of wou hul net vermaaklik wees of sy lewe versuur, dit is ‘n goeie vraag. Een onnie het hom scar face genoem, maar hy het nie rekening gehou met my dogter nie, toe sy dit hoor het sy onmiddelik die hoof gebel en gekla. Hierdie onnie het die ordentlikheid gehad om my dogter onmiddelik te skakel en omverskoning te vra asook my kleinseun voor die klas. Ek is seker dit was nie regtig bedoel nie maar ons almal het nodig om tweekeer te dink voor ons aanmerkings en aannames maak. Bid vir hierdie familie. Ons het ook selfmoord of liewer selfdood ervaar ken nie onbeantwoorde vrae, selfverwyt en hartseer. Sterkte liewe familie.

Boelies ·

Blondie, ek dink nie ons het dieselfde berig gelees nie? Nêrens word vermeld dat hy by die skool geboelie is nie.

Hartseer ·

So tragies en onnodig! My hart gaan uit na sy ouers en familie.

Leser ·

My hart breek vir hierdie gesin….innige simpatie met almal betrokke. Ek het nie woorde nie….jammer is te klein.

ouer ·

Ek kan dit verstaan. Die kinders is nie meer kinders nie en die druk van di onderwysers raak erger… te veel kinders in die klasse en die werk kan nie verduidelik word soos in die 80/90ger jare… my dogter van 10 huil baie en as ek ha vra wats fout dan se sy net ek voel ni lekker nie maar die trane loop onophoudelik.

Ella ·

Ouer jy moet gaan vra by die skool. Daar moet fout wees. Doen dit dadelik asb.

Hartseer ·

Ouer, ek is 43 en dit is presies my verskoning as die depressie my aftrek in die swart gat en iemand vra my wat fout is, want dan het ek net dood eenvoudig nie die krag om te verduidelik nie. En bitter min mense verstaan inelkgeval. Kry ASB dringend vir haar hulp. Ek praat uit ondervinding.

Mariëtte van Wyk ·

Ouer, my dogter het ook haar dae om gehuil vanaf 12-14 en soms gesê sy wil nie meer die lewe hê. Ek was baie benoud elke dag, sy het egter altyd gesê wat angaan, dit was selfs te veel vir my om haar te help, alhoewel ek daagliks besig was om haar te help elke situasie verwerk. Sy my gesmeek om te homeschool, maar ek kon nie bekostig ophou werk. Gaan lees en vind ASB uit oor Cyber school. My kind is n ander mens en maak die jaar klaar en kry haar Harvert matriek sertifikaat. Ons besef nie waardeur ons kinders op skool gaan nie. En JA dit is onderwysers net so veel soos kinders wat agv oorvol klasse, geen dissipline, swak ouerhuise en die skoolsisteem, druk op ons kinders sit, dit hoef nie boelie te wees nie, die hele sisteem is God-de-loos (“Sondae” in kerk sit is nie genoeg om die res vd 6 dae te dra sonder God nie) veral as jy kyk na voorgeskrewe boeke en goddelose take. Kry jou dogtertjie uit die sisteem voor dit haar knak as mens of erger. Party kinders kan net nie SOVEEL hanteer of so HARD word soos die res en knak dan. Ek sê weer….. ons besef NIE waardeur ons kinders gaan nie!!! So jammer en hardseer oor die seun. Mag Vader, ons skepper YHWH julle vertroos

JAMMER ·

Eks baie jammer daaroor daar is maar baie boelies in die wereld ons bid vir julle

Lynne ·

Ek stem saam, dis eintlik so moeilik ek sit met n baie sensitiewe kind. Hoeka weer geval gehad waar daar op haar erg gegil was. Dis ook nie die eerste keer nie, en nee sy was onskuldig. Dis nou maar net so dat party kinders met moord weg kom. My kind is n emosionele wrak. Was al hoeveel keer oor dit skool toe, dan word dit net gesê hul het dit uitsorteer. Alhoewel die skade reeds gedoen is en die kind klaar verneder is. Ek sê ook nie dis alle onderwysers nie.

Hartseer ·

My innige simpatie met julle verlies. Mag Jesus julle vertoos en styf vashou in die moeilike tyd.

Sanell ·

Baie sterkte aan die familie, mag God julle vertroosting gee deur hierdie moeilike en hartseer tyd. Ons as ouers weet waar deur julle gaan, ook ons seun aan die dood afgestaan. Baie sterkte !!

Catherine ·

Jammer ook vir julle verlies. Ek hoop die ouers en familie nader Compassionate Friends om ondersteuning te vra van ander wat hulle kinders verloor het veral tot selfmoord. Dis baie hartseer.

Lee ·

Baie sterkte en innige simpatie aan sy ouers en broers en sussie. Rus Sag Nathan xx

Lolla ·

Sjoewee, my dogtertjie word nou 12 en ek weet regtig nie hoe julle so skok oorkom nie. Wens ek het woorde gehad, maar ek het nie, behalwe dat ek so bitter innig jammer vir julle is. Krokodil trane die vloei en in my bors skreeu my siel van hartseer. Gaan baie aan julle dink en bid vir die kleintjies wat nog daar buite hierdie storm lewe probeer trotseer.

Seugnett ·

My hart gaan uit na hierdie ouers. In 2009 het my dogter, ook daai tyd 12, haar lewe Probeer neem. Sy was ook opgeneem en na 2 dae dood verklaar en ons was aangese om masjiene af te sit. Ek het geweier. Nog 4 dae later was ons gese sy het erge breinskade en sal nooit ontwaak uit die koma nie. 109 dae later het sy ontwaak, maar die diagnose was spastiese tetrapleeg. Sy sou nooit weer loop, sien of praat nie. Met God se genade en Liefde herstel sy steeds. Sy is 21 jaar oud, sy loop, sy sien, sy praat. Sy doen nou Gr 6 Tuis Skool en het juis vandag 76% vir Afrikaans gekry. Soms het ek al gewonder of ons nie haar moes laat gaan het nie, want sy sukkel. Ander dae is ek dankbaar ek het baklei. Ons skuld steeds op lenings wat ons moes maak om als te kon doen, maar my kind lewe. 11 miljoen het dit gekos, maar dit was die moeite werd Wanneer sy vir my glimlag. Mens kan nie n prys op n lewe plaas nie. Sterkte aan die ouers. Jul is in ons gebede.

Tertia Human ·

Baie sterkte aan julle!!! Dra julle op aan Jesus …dis so jammer het ook n kleinseun van 12 wat Sentraal Wes gekry het vir rugby kan my indink die seer wat julle tans beleef my hart gaan uit na julle… Sterkte Mamma en Pappa en ander familie lede.

Stephen Namibia ·

Ouers moet meer bedag wees op tekens wat dui op boelie by die skool. Dis gewoonlik deur ander kinders en nie onderwysers nie.
Kinders kan ook ontoereikend voel as hulle nie die skoolwerk kan baasraak nie.
Dit kan verbaal, (aanhoudende neerhalende aanmerkings deur ander kinders) of fisies wees. Kinders moet ook aangemoedig word om openlik met ouers te praat, en nie wag tot dit te ver gaan nie.
Baie jammer vir hierdie mense.

Sê maar net ·

Meeste van die boelies is van sommige onderwysers hulle self. Neem jy dit op met die hoof word hulle net op die vingers getik en dan word jou kind nog meer geboelie by die skool. Dit is verbasend hoe sommige onderwysers ‘n “kick” uit dit kry om op so ‘n ouderdom op ‘n kind in laerskool te boelie!! En ek stem saam, jy moet so oplettend wees en betrokke wees met alles van jou kind. Daarom het ek baie vinnig dit gestop toe ek sien en agter kom my een kind en toe sy jonger sussie word deur ‘n onderwyser geboelie. Onderwys departement was ingeroep, skool en onderwyser was gewaarsku!! Daarom sê ek, moenie stil bly nie. As jy iets sien wat pla by jou kind. Sorteer dit dadelik uit. Of dit nou ‘n kind of onderwyser is. Die lewe is te kort.

onderwyser ·

dit kan ook onderwysers wees my kind is in daai skool in gr 4 en sy en my suster se kind het gese daar is n juffrou in die gr 7 klasse wat spog hoe sy die kinders teen die mure druk gelukkig was my kind nog nie in haar klas nie so ja onderwysers is ook die oorsaak.

Tekens ·

Ek is seker hierdie ouers het hulle bes gedoen en vra nou net vir ondersteuning om deur hierdie moeilike tyd te kom. Ons wil almal graag raad gee, maar soms kom dit onsensitief oor. Daar is definitief baie dinge wat kon bydrae tot hierdie selfmoord, maar daar sal altyd onbeantwoorde vrae en verwyte wees. Al wat ons as ouers kan doen, is om hieruit te leer. Druk jul kinders styf vas en wys hulle dat julle vir hulle lief is en moenie dat prestasie so belangrik word dat kinders later voel dat dit al is wat vir julle belangrik is nie. Sterkte

Pieter ·

Ek voel ook baie jammer vir die gesin. Ek is self betrokke by hulp en veg teen boelies, maar julle moet die dept van onderwys beskuldig oor groot klasse en druk van leerders. Onderwysers is net daar om daardie opdragte uit te voer en in die proses die leerders so ver moontlik te ondersteun. Hoe kan julle die onderwysers blameer? Miskien as ons bietjie ondersteuning van die ouers gehad het en julle net een dag kan sien wat ons alles probeer om julle kinders te help en die stank vir dank wat ons daarvoor kry sal julle verstaan. Daar is ‘n gesegde wat lui dat onderwysers die enigste mense is wat slapelose nagte het oor ander mense se kinders. Die regstelsel beskerm boelies en ander kriminele. Glo my ons probeer konstant om die leerders voor te berei vir ‘n baie onseker toekoms in die land. Ek sidder om te dink wat van al die kinders gaan word. Miskien moet julle ouers net daaraan ook begin dink.

Se net ·

Nee eerder ouers is onder druk om die onderwysers se werk te doen..verduidelik nie meer in klas nie..ouers moet verduidelik…toe ek eendag kla dat ek nie al die antwoorde het nie toe was summier gesê ek moet die antwoorde op google kry..dis nou vir grd 3 kind se spelling….mmmmmm

Vermeendes ·

Geen kommintaar hier kan die ouers se vrae beantwoord of berusting bring nie.
Ek glo almal wat hier lees se harte gaan uit na julle.
Elke ouer vrees die pyn waarmee julle nou gekonvronteer word en daarom gaan ons gebede op vir julle.
Sterkte.

Rikag ·

So hartseer mag die Liewe Vader sy hand oor julle hou en julle berusting sal vind. Pragtige kind so verskriklik hartseer oor dit.

Magaretha van heerden ·

Ons is so jammer vir die ouers en familie. Die lewe is nie maklik vir almal nie. Ons bid dat die Here julle versterk en vertroos.

Loriaan ·

Moet asb nie net haar antwoord aanvaar sit en praat met haar vandag se geboeliery is baie erg doen iets voor dit te laat is…..my dogtertjie was geboelie in haar nuwe skool en sy het vir my van dag een af als vertel ek het dit dadelik begin uitsorteer…..ons as ouers kan dit nie net afmaak as kinder stories dit is n veskriklike waarheid in ons skole vandag

Andre Traut ·

Aan Nathan se gesin my innige simpatie. Ek dink aan julle

Andrea ·

Wat n ontsettende trauma! So bitter jammer vir julle. Mag die Here jul ondersteun.?

Asb. ·

Vir dié gesin ….sterkte Dra mekaar vernaam die boeties en susie omarm mekaar Ons bid en vra vir tyd en krag, wees daar vir mekaar woorde is nie nou nodig net omgeeliefde. Mag ons ander leer om meer te praat oor hoe dit werklik in die gemoed van geliefdes gaan elke dag.

moedelose onnie ·

Indien die onderwys n regverdige strafstelsel het en ouers dit ondersteun sal dit beter gaan in vandag se skole. Ons sit raadop in oorvol klasse. Baie van die Leerders is ongedissiplineerd. Jy probeer so hard om op te tree teen boelies maar voel of jy vaal. Die wat dink die onderwyser is die boelie praat uit onkunde. Wanneer n onderwyser optree teenoor n boelie om die ander kinders te beskerm word die onderwyser uitgemaak as die boelie…

BEGRIP vir Onnie MAAR .... ·

Ek verstaan ABSOLUUT hoe magteloos julle moet wees teen boelies wat nie net kinders nie maar ook onderwysers boelie en jy mag GEEN strafmaatreels meer toepas nie, hulle letterlik nie eers meer laat uitskryf nie. MAAR JY praat uit onkunde uit as jy dink daar is NIE OOK onderwysers wat kinders boelie nie. Onderwysers wat kinders met mekaar vergelyk, sekere kinders voortrek, persoonlike aanmerkings op kinders se voorkoms of op hulle ouers maak, ONGELUKKIG is daar ook vrot appels. En NEE ek se nie jy is een nie, ek se daar is onnies wat baie genot daaruit put om ‘n kind te verneder voor ander .. ek het dit self gesien . .self beleef .. geen onkunde PURE ERVARING~!~

Duns ·

Ek vermoed ‘n boeliery was aan die gang. Indien so is dit tyd dat boelies geien word en hulle fotos op sosiale media versprei word sodat mense die vrot appels kan eien. Hoekom moet die onskuldiges betaal vir die sielkundige probleme van boelies en dan moet hulle onmiddellik geskors word, selfs al sponsor pa baie goed by die skool. My hart breek vir die ouers, kan sommer sien dit was ‘n oulike kind.

Ouma B ·

Rus in Vrede Nathan. Ons bid vir jou ouma hul, jou ouers, jou broers en sussies. Dit gaan baie lank neem indien ooit, om so seer te verwerk.

Wonder ·

Vader hou hierdie gesin en familie saggies en teer in U hand van vertroosting.

Jean ·

Ag nee…My hart seer vir jul almal…ai… Mag die Here jul dra..

Trux ·

Ek sit met trane in my oe, in n knop in my keel, daar is geen woorde nie, Rus in vrede liewe seun….

Gesiggie ·

Ek het nie woorde nie, ek huil saam die Mamma en Pappa wat so n prag van n seun moes verloor… my hart gaan uit na jul, al die pyn wat jul nou moet deurmaak… Mag Jesus jul troos en mag al jul vrae beantwoord word…. wie is ons om te oordeel, maar wat ook al die oorsaak, mag daar iets mooi uit die hartseer verhaal kom..ons gaan nie nou dinge kwyt raak terwille van die ouers, maar n mens kan maar net verstaan waar dit verdaan kom… Sterkte aan die ouers… RIP Nathan

E.K. die eerste ·

Die verskriklikste ding….my absolute innige simpatie en meegevoel. Ek weet hoe dit is. Ma jul uiteindelik vrede kry

VanAfrika ·

Ek kan getuig van onderwysers wat kinders boelie EN mishandel. My jongste was kamstig ADHD geklassifiseer en omdat hy nie sy gaai kon stilhou op n stoel nie het sy klas onderwyser en mede mans onderwyser hom gestraf. Sy maatjies en ouer broer het eers teen die einde van sy graad 3 klas jaar vir my kom sê sy onderwyseres laat hom meer op die stoep staan as wat hy klas gedraf het. As sy dan nie met hom gelukkig was nie het sy hom na die mans onderwyser gestuur waar hy in die kamertjie in die klas kamer pak gekry het met n krieket kolf. Ek het n skool vir jou omtrent onderstebo gekeer. Saak teen hom gemaak namens my kind vir aanranding. Dit het mooi praat van sy pa en almal gekos om hom uit die tronk te hou. Vandag is daai man skoolhoof by dieselfde skool. Mens sou dink dat hy geskors sou word na die klag. So jou kind beteken niks vir party onderwysers nie. As hulle nie van jou kind hou nie gaan hy geboelie word.. My seun wat toe 8 jaar oud was, het in die middae in die kar geklim en vir my gesê hy wil nie meer lewe nie, ek kon dit nie verstaan tot die insident onder my aandag gebring was nie. My kind het gesien ek het vir hom opgestaan en vandag is hy n selfstandige gelukkige seun wat byna sy derde jaar van studies voltooi.

Jane ·

EK RAAK WOEDEND as ek so iets sien. DAT JOU kind die NERVE het om ‘n ander kind so te boelie dat hy sy eie lewe neem? WIE dink jy (liewe ouer) is JY of JOU kind dat jy dit gaan vryspring vir die res van jou lewe?? DIT IS ‘n SKANDE dat daar nie meer ANTI BOELIE programme juis by skole is nie, en moet asb nie vir my se dit is NET die ouer se plig nie, NATUURLIK is dit die ouer se plig om sy kind op te voed maar as EK MY KIND opvoed en JY NIE JOUNE NIE, en die goed gebeur by die SKOOL moet die SKOLE daaraan aandag skenk en in LO periode ANTi-BOELIE besprekings he en hulle moet HELPLINES vir ANTI-BULLYING daarstel dat kinders kan kom kla SONDER om deur ‘n onderwyser of ander kind tena gekom te word. MY INNIGE SIMPATIE aan die ouers .. DIT MAG nie gebeur nie . dit MOET nie gebeur nie. DAN wonder mense hoekom gaan ‘n seun in Amerika en hy gaan skiet 13 mense dood in ‘n skool . wil julle dan NOG agter OPVOEDING wegkruip?? HULLE word geboelie tot die dood toe en kan dit later nie meer vat nie … DOEN NOU IETS< en JA onderwysers JULLE OOK~!!!

wilma ·

Mens het nie woorde nie. Dis so bitter hartseer. So mooi seun. Ons lewe in ‘n wrede wereld met vreemde mense om ons. Sterkte aan die familie, my hart gaan uit na julle. Mag God jul sterk hou en help om vrede te vind.

Andre ·

Dit is so hartseer , die seun was seker weer ge bullie , dit is mos nou n mode by skole om ander kinders af te kraak en te bullie , dit gebuer orals , mense pas julle kinders op hou hulle naby , vandat kinders nie meer pakslae kry by die skole nie , het hulle geensins meer maniere nie

Riekie Nel ·

My hart huil saam met hierdie ouers. Ek glo nie daar is iets wat seerder kan wees as om ‘n kind aan die dood af te staan nie. Baie sterkte vir die familie. Mag God vertroosting bring.

Linda ·

GEEN gesin kan deur sulke trauma gaan sonder hulp van Bo nie. Ondersteun mekaar!! Dit is ‘n stuk van jou hart wat uitgeskeur word en nooit herstel nie. Dink aan julle as gesin,

ore ·

Mense,niemand het feite nie.Dit is onbillik om so kras te oordeel.Dit is baie traumaties en emosioneel.Ons kan net bid vir die familie

Arme bloeitjie ·

Aan alle onskuldige ouers en bloeitjies daar buite wil ek net sê begin julle kinders maniere en respek leer. Dit is nie die onderwysers se werk nie. Ek haal my hoed af vir party onderwysers. My seun het al ontsteld huis toe gekom en vertel wat sommige kinders onderwysers toesnou. Dit is gewoonlik die bloeitjies wat ander kinders in die klas se aandag ook aftrek. Maar as onderwysers iets waag sê is hulle die boelies. Ek het al menig male gevoel ek kan self skool toe gaan en daai bloeitjies gaan maniere leer. Almal lei onder hulle. My seun moes telke male langs onopgevoede kinders sit en het in die middag gekla dat hy niks kon konsentreer in die klas nie. Dan versprei ouers nog videos van hulle ‘oulike’ bloeitjies wat die vieslikste woorde sê, en hulle dink dit is vreeslik oulik. Dit wys maar net uit watter tipe ouerhuis sulke kinders kom. As ñ kind sulke taalgebruik het, kan jy jouself net indink hoe dit in daai ouerhuis moet gaan. En as ñ kind nie eers respek vir sy eie ouers het nie hoe sal hy ooit respek vir ander hê. Baie sterkte aan julle as gesin. Mag God julle vertroosting bring en julle deur die moeilike tyd dra.

Sinies ·

Kyk asb. baie mooi na watter medikasie hy gebruik het, indien enige.
.
Van die medikasie wat algemeen deur kinders gebruik word, los reeds ‘n lang spoor van selfmoorde. Dit word egter verswyg ten behoewe van die farmaseutiese maatskappye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.