Ma kry glo verkeerde baba om te begrawe

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van gesondheid in Gauteng het vier werknemers geskors te midde van ʼn ondersoek na ʼn voorval waar die verkeerde babalykie glo aan ʼn ma oorhandig is.

Volgens die departement is ʼn klerk en drie lykshuis-werknemers van die Bheki Mlangeni-distrikshospitaal geskors hangende ʼn interne en strafregtelike ondersoek na die beweerde voorval.

Ntsekiseng Gabela (20) het verlede week by die hospitaal geboorte gegee. Die babatjie is egter kort daarna dood. Die ma is die volgende dag ontslaan. Daar word beweer dat die hospitaal se lykshuis hierna die verkeerde babalykie aan die vrou oorhandig het. Die ma het dit glo eers sowat ʼn week later agtergekom toe hulle op pad was om die baba te begrawe.

“Die departement wil graag sy meegevoel aan die bedroefde ma en haar familie oordra. Die verlies van ‘n pasgebore baba onmiddellik na geboorte is traumaties en om op hierdie wyse sekondêre trauma te ervaar, is ondenkbaar.” Die departement het gesê geen moeite sal ontsien word om vas te stel wat gebeur het en om dit in die toekoms te voorkom nie.

ʼn Strafregtelike saak is teen lykshuis aanhangig gemaak. Die departement doen intussen ook ʼn interne ondersoek. “Die departement sal verseker dat die familie bygestaan word met die koste wat sover aangegaan is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eileen ·

Totaal onaanvaarbaar! Nie ‘n enkele woord word gesê oor waar/wat het met haar baba sy lykie gebeur nie. En wat van die ouers van die baba wat sy gekry het om te begrawe, waar is hulle? Uiters swak!

CHRISTA ·

Die babas se lykies word verkoop want sekere liggaamsdele word in tradisionele medisyne (moetie) gebruik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.