Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na ʼn 22-jarige vrou wat glo sonder haar pasgebore baba die hospitaal verlaat het.
“Die vrou het op 10 September geboorte geskenk by Cecilia Makiwane-hospitaal,” het lt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.
Die babadogtertjie word by die hospitaal gehou en is in ʼn goeie toestand.
“Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing,” het Mzuku bygevoeg.
Enigiemand met inligting oor die kind se ma word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Sizeka Mangesi by 071 352 4720 te kontak.
Darem is die baba by die hospitaal gelos, en nie in ‘n toilet, op ‘n treinspoor of in ‘n plastiese sak in die veld gelos nie.
Eileen ek stem 100% saam
“….en is in ‘n goeie toestand”. Motors of meubels wat verkoop word is in ‘n goeie toestand – nie babas nie. Die baba kon eerder in ‘n bevredigende toestand of net gesond gewees het.
Ons sukkel al amper 9 jaar om kinders te kry en mense wat hulle so maklik kry los hulle net!!??!! Stuur die baba vir my. Ek sal vir haar soveel liefde gee!!! Hoe kan enige mens so iets doen??? Weet hulle nie watse groot geskenk dit is nie?????????!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
@Lindie – ek voel so bitter jammer as ek lees van mense soos jy. Ek sal seker nooit verstaan hoe dit is dat slegte mense wat niks omgee kan teel soos konyne en die wat werklik kinders verdien en sal versorg en liefhê sukkel so. Dink sommer net aan jou en ander soos jy… Sterkte, ek hoop iets wonderliks gebeur en dat jy binnekort ‘n mamma gaan word.
Mense doen dit nie!!!!
Ek weet dit is nie reg nie, maar het hulle nie so tyd gelede geadverteer dat jy jou baba by enige hospitaal kan los as jy hom/haar nie wil he nie?? Sonder enigge nagevolg vir die ma? Nou gaan sy aangekla word van kinderverwaarlosing? Omdat sy haar kind in die hospitaal gelos het? Hoe verstaan jy dit? Nou sal hulle mos liewer daai baba in `n asblik gooi!!! Is dit dan nie beter dat sy hom liewer in die hospitaal gelos het nie, waar is verwaarlosing in die geval??
@Meisie – ek sem saam met jou. Hopelik kry hul iemand wat die babatjie sal neem en liefhê – moet onder geen omstandighede ooit weer aan die ma gee want die kind sal maar net verwaarloos word.