Ma ook vas ná peuter sterf

Argieffoto

Die ma en stiefpa van ʼn 18 maande oue seuntjie is in hegtenis geneem nadat die peuter vandeesweek in Kaapstad dood is.

Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die polisie is deur ʼn gesondheidswerker na ʼn gesondheidsorginstelling in Kensington ontbied waar die kind dood is nadat hy daarheen geneem is vir mediese behandeling.

“Die kind het ernstige beserings aan sy kop en lyf opgedoen. Die kind se 26-jarige stiefpa is in hegtenis geneem en sy 30-jarige ma is vir ondervraging ingebring.”

Die ma is Dinsdag in hegtenis geneem. Albei verdagtes verskyn Woensdag in die Kaapstad-landdroshof.

Die man word aangekla van moord en die vrou word vir oortredings van die Kinderwet vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Charmaine

Baie dankie vir jou kommentaar. ‘n Peuter word beskou as ‘n kind wat ouer as ‘n baba, maar jonger is as ‘n kleuter. Van 18 maande – 4 jaar word ‘n kind as ‘n peuter beskou en tot ongeveer 6 jaar, ‘n kleuter. Ons hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Tanja ·

Wat ook al die omstandighede, mense wie se kinders weggeneem word agv mishandeling en mense wat kinders se dood veroorsaak, moet gesteriliseer word, want onder gaan omstandighede is hulle bevoeg om kinders te he nie.

Chris ·

Dit is ook die eerste keer dat ek die woord Peuter hoor. Miskien moet Maroela Media vir ons n woordelys saamstel met Afrikaanse woorde wat vir baie van ons onbekend is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.