Ma oor kind (3) se dood: ‘Ek sal myself nooit vergewe’

AJ Small. Foto: Facebook

AJ Small. Foto: Facebook

ʼn Ouerpaar van Koppies in die Vrystaat is verpletter nadat hul driejarige seuntjie Maandag dood is nadat sy ma oor hom gery het.

Pastoor Marietjie Ras van die Volle Evangelie Kerk in Koppies, waar die gesin lidmate is, het aan Maroela Media gesê die voorval het op ʼn plaas in die Rooipoort-distrik gebeur. Die seuntjie, AJ Small, se ma, Bernadette, het hom glo nie gesien nie en per ongeluk met ʼn voertuig oor hom gery.

AJ is na ʼn hospitaal in Kroonstad gehaas waar hy dood verklaar is. Ras het gesê sy weet nie of AJ op die plaas of eers in die hospitaal dood is nie. “Ek was nie daar toe dit gebeur het nie, so ek kan nie sê hoe presies dit gebeur het nie. Ek weet net dit bly ʼn hartverskeurende storie. Daardie ouers gaan deur hel. Bernadette huil sonder ophou. Die mense is stukkend.”

Bernadette het Dinsdagaand op haar Facebook-profiel geskryf sy sal haarself “nooit kan vergewe” vir wat gebeur het nie. “Dis seer, Piepies. Ek wens ek kon die tyd terugdraai. Ek het jou rêrig nie gesien nie,” het sy geskryf.

AJ Small. Foto: Facebook

AJ Small. Foto: Facebook

“Mense kan my maar met klippe stenig en ek sal dit vat. Jy is my miracle baba. Reg van die begin af het ons aanhou baklei en baklei vir jou lewe, min wetend dat ek jou kort lewetjie tot ʼn einde sal bring. Ek is en sal vir altyd jou liefhê met my hele hart. Ek weier om goodbye te sê. Natuurlik bevraagteken ʼn mens nie God se planne nie.”

Ao. Lorraine Earl, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn voorval waartydens ʼn kind raakgery is, word ondersoek. “Die presiese omstandighede word in hierdie stadium deur die polisie ondersoek en ek kan die besonderhede daarvan tans nie bevestig nie,” het sy gesê.

Earl het gesê dit is ook nog nie duidelik of die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek sal doen en of ʼn klag van strafbare manslag aanhangig gemaak sal word nie.

Die Small-egpaar het ook ʼn dogter, Jessica (6). Dit is nog nie duidelik wanneer ʼn gedenkdiens vir AJ gehou sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Ronel ·

My hart gaan uit na jou dit moet verskriklik wees, so jammer sterkte

Michelle ·

Baie hartseer Bernadette! Ek kan net dink hoe jy voel, ‘n pragtige seuntjie. Mag hy in vrede rus en mag God se teenwoordigheid jou in hierdie moeilike tyd help. Dink aan julle!

Stephanie ·

Smaĺl gesin, dis baie tragies. Ek dink nie daar is n ouer in hierdie land wat met jul plekke wil ruil nie. Mag Jesus jul omvou en dra in Sy liefde deur die moeilike tyd. Onthou asb jul het nog n dogtertjie wat wel lewe. Moet haar nie vergeet in jul verlange na AJ nie. Baie sterkte

A ·

My medelye aan die ouers. So ongeluk kan maklik en met enige iemand gebeur

Rose ·

Ai mens, dit was ‘n ongeluk en dit gebeur so vinnig. Innige simpatie met julle. Ons verstaan nie altyd die dinge nie.. Ons dink aan julle en bid vir julle.. die Here is met julle.

Paul Potties. ·

Sterkte aan julle God sal by julle wees in die swaar tye.

Cindy ·

Ai ek kan my nie in dink waardeer hierdie mamma en familie gaan nie. Dit moet verskriklik erg wees. Sterkte aan julle en julle is in my gebede.

Karin ·

So so so bitter hartseer. Hoe leef mens met jouself saam na so iets? My hart breek vir die vroutjie… mag die Here haar krag gee om aan te gaan en eendag haarself te vergewe.

Elize ·

Arme arme mamma! Mag God se genade genoeg wees. Mag Hy jul gesin styf vashou in die holte van Sy hand en vertroosting skenk. My hart breek vir jou.

Wilma ·

My hart is stukkend vir jou, as ma bloei my hart vir jou. Al wat ek kan sê is sterkte mens, jy is in my gebede. Net die Vader kan jou hierdeur dra.

Buitestander ·

Mag die Drieenige God julle ryklik vertroos met Sy Heilige Gees en julle troos sal vind by Hom.
Ons sien nou in ‘n spieël en ‘n raaisel maar eendag van aangesig.

Reinette ·

Liewe mamma, daar is nog een ding wat jy vir jou seuntjie kan doen: vergewe jouself. Dit was n tragiese ongeluk.

Ansie ·

Die Here het jou klaar vergewe. Jy moet dit net aanvaar en jouself vergewe wanneer die seer nie meer so seer is nie. My gebede gaan met julle.

Mari ·

N kolega van my het jare terug sy seuntjie ook op amper soort gelyke manier verloor. My hart voel julle pyn en n mamma sal nie moedswillig oor haar kind ry nie. Ons dra jou en jou familie op aan die Here. Sterkte en blessings.

Jakalas ·

Soos wat mens hierdie lees, kan mens nie help om self ‘n traan te pik nie. Hartroerend wanner so iets gebeur. Ek wil nie eers weet watse hell Bernadette moet deur gaan nie. Die arme kind was nog so jonk. Sterkte vir julle in hierdie swaar tyd. Hoop AJ vind rus met ons Vader daar bo.

Elizabeth ·

Dis so bitter, bitter hartseer wat hier gebeur het! Mens kan net met God se genade hierdeur worstel; want maklik gaan dit beslis nie wees nie……..Baie sterkte en baie liefde en gebede!

Judith Louw ·

Dis ongelooflike tragiese ongeluk wat elkeen kon oorkom. Ek kan my nie eers voorspel waardeur Jul gaan nie. Bid engele om Jul te dra. Geen klip mag ooit gegooi word na so tragedie nie. Duisend liefde!

Annie ·

2de kind in n maand se tyd. Regtig mense kyk voor julle n kar aan sluit. Dis n vieslike vieslike ongeluk wat met hierdie mamma gebeur het en ek bid dat God jou hart en kop sal rustig maak ek kan my net indink wat als deur jou kop moet gaan en hoe jou hart moet voel. Van een mamma aan n ander mamma wil ek vir jou se ons weet dat was die lelikste ongeluk wat nog ooit met n mamma kon gebeur vat dit een dag op n slag jy sal sien God sal jou dra deur die moeilike tyd. Sterkte aan jou en jou familie ons bid vir julle.

Lisaaaaa ·

Regtig Annie? Sy het nie die kind gesien nie! Dit is hoekom dit ‘n ONGELUK genoem word!

Amanda ·

Annie. Mag jou eie hartseer storie nooit hier eindig, vir mense soos jy om te oordeel nie…

Jakalas ·

Lisaaaa en Amanda. Lees die hele kommentaar deur voor julle oordeel ook. Sy warsku net om versigtig te wees (jy weet waar jou kinders is) en daarna wens sy die arme vrou sterkte toe vir haar swaar tyd. Daar is niks fout met haar kommentaar nie.

Linda Meyer ·

Dit is so sad. Dink aan julle. Dit was n ongeluk en kan met enigiemand gebeur. Baie sterkte

Ann ·

Mamma, ek is self ‘n mamma wat so byna-byna my oudste op 3 verloor het. Met die Genade van Bo is hy vir my gespaar. Ek kan nie myself indink waardeur jy moet gaan nie!! Kinders is so vinnig onder ‘n mens se oë uit, dat jy dit eers besef as dit te laat is. Mag jy berusting vind, en onthou – dit was ‘n ONGELUK. Dit kan met einge iemand gebeur.

marius ·

met enigmiemand gebeur? ek t nie geweet die tipe insidente gebeur so baie nie. wow, dis tragies. dis eerste keer dat ek van so iets hoor.

Boodskapper ·

Die wonde sal na jare se trane genees, maar die letsels vir ewig bly.
Mag ons hemelse Vader sy hand en arm van verstroosting om julle omvou.

Marius Viviers ·

Sterkte aan die ouers en familie. Ongelukke gebeur onsettend vinnig. Mag God julle vertroosting bied in hierdie tragiese tyd.

Genieve ·

Dis baie baie hartseer mamma.Dit was n ongeluk ek glo die Here sal jou genees wat kan n mens se. Baie baie sterkte vir julle.

Magaret ·

My hart gaan uit na die Mamma toe dit moet verskriklik wees Net sy alleen weet hoe dit voel ons kan ni Klippe gooi ni, Ons Kinders is vir ons Geleen deur God se Genade, God het hom kom haal omdat Hy di Hemel gevul het met Sy Klein Skepppings. Mamma onthou Ons sal mekaar weer ontmoet in di Hemel Rus in Vrede Kleinding……….

Nakkie ·

As ‘n ma van ‘n besige klein mannetjie kan ek net sê – hulle is rats en as daar ‘n plek is om droog te maak, dan vind hulle hom. Dis ons almal se grootste nagmerrie. So jammer vir julle en baie sterkte.

Sarie ·

Mamma; Ek glo nie mense veroordeel jou nie. Dit was ‘n òngeluk… Vergewe jouself, want God hèt dit rèèds gedoen….. Jý moèt voortgaan, terwille van jou ànder geliefdes… Mag God aan joù vrède gee….

VanAfrika ·

My skool onderwyser van jare terug het sy dogtertjie van ses so dood gery. Sy het een oggend voor hy oppad skool toe is, agter sy kar gespeel en hy het haar nie gesien nie. Hy was daarna nooit weer dieselfde nie

Johann ·

My innigste meegevoel met die familie, ja mevrou dit is ‘n ding wat ou by sal bly tot die dood toe. Ek kan my indink in u skoene, sterkte vir u

cs ·

Baie sterkte aan hierdie mamma – ‘n ongeluk gebeur so vining. Laasweek gekuier by my seun in’n kompleks en toe ek wou ry was daar niemand in sig nie – toe ek my kar aansluit sien ek gelukkig ‘n beweging uit die linkerkant van my oog – toe ek uit my kar klim toe is dit ‘n klein baba swart seuntjie wat seker so 2-3jr oud is – ek sidder nou nog as ek daaraan dink want ek sou hom ook omgery het – die ma was so geskok want die kind was nog die een oomblik by haar en die volgende oomblik weg

Dellaq ·

My innige simpatie mamma…dit kan so vinnig gebeur want ai, die ou knapies klim, klouter en speel op die onmoontlikse plekke. My hart pyn vir wat julle moet deurgaan en veral vir die ma. Dis so tragies. Sterkte vir die moeilike pad en die kruis wat julle moet dra.

Sons ·

Liewe Mamma… Hoe ongelooflik seer moet jy nou hê.. My mamma hart is in skerwe vir jou part. Baie sterkte, ek kan net vir jou bid.

Liane ·

My hart bloei vir die mamma. Baie sterkte aan die ouer paar. Was n aaklike ongeluk.

Lindie ·

Die abselute verskrikking van so ongeluk moet ondraagbaar wees vir hierdie kindjie se mamma! Ek bid dat jy vrede en rus sal vind. Mag die balsem van Gilead jou stukkende hart verbind.

riana ·

Dink aan julle en dit is n baie moelike tyd waardeur julle gaan. Mag God julle sterk hou en Bernadette mag God jou help om vrede te vind en jou self te vergewe.
En tyd sal jou genees vriendin sterk wees.

Patrich ·

Ek voel saam met julle dis verskriklik. Veral die seer wat julle nou moet deurgaan. Bernadette moet jouself nie verwyt nie. GOD het jou seuntjie nodig gehad. Ek ken die seer om n kind aan die dood af te staan. Ek bid vir julle dat GOD julle deur die tyd sal dra. Sterkte vir jou en gesin.

Patrich ·

Al my simpatie vir julle. Dernadette moet jouself nie verwyt nie. GOD het hom nodig gehand. Ek voel saam julle daai pyn. Sterkte aan jou en familie.

m ·

Baie sterkte vir hierdie familie in hierdie tyd. Ongelukke gebeur so vinnig.

Hannelie ·

My hart gaan uit na die arme mamma! Ek bid dat jy jouself sal vergewe en vertroosting in God se Arms sal vind. Onthou Hy het met klein AJ se geboorte al bepaal wanneer hy sy engel seuntjie kom haal. Ons almal kan nou maklik praat, maar jy moet net weet dis nie jou skuld, dit was ‘n ongeluk. Ek kan my nie indink deur watter hel jy moet gaan nie, ek gaan op my knieë gaan en God vra om jou in hierdie rouproses vas te hou en te vertroos, dat jy sal sterk wees vir jou man en dogtertjie. Sterkte aan julle. Worcester liefde.

Theresa ·

Baie sterkte aan die hele gesin. Hierdie bittere seer sny diep. Hoop opreg die Mamma kan haarself vergewe – later – wanneer die emosies rustiger raak. Natuurlik vergeet mens nooit so ‘n kleinding nie en die verlange knaag. Maar daar kom later ‘n helende lagie wat dit meer hanteerbaar maak. Pa en dogter en sy het mekaar nou baie nodig.

zeno ·

As `n Ouer, kan ek maar net dink hoe voel die Mamma. Self vewyt,Vergifnis en nog meer. Mag Ons Vader julle as `n gesin aan die hand vat en julle lei. Mamma ons bid vir jou om krag van Ons Vader te kry deur die moeilike tyd.

Liza ·

Dit is ongelooflik hartseer my hart breek vir die mamma en pappa!!!! Rus sag seuna

Andrea ·

Liewe Mamma, ek is só verskriklik jammer vir jou. Dit is nie jou skuld nie; dis van die begin van tyd al so bepaal dat jy jou geliefde seuntjie só moes verloor. Mag jy berusting vind.

Justice ·

Bernadette ek glo jou – dit was absoluut `n ongeluk wat jy nie kon voorsien het nie. Ek kan net bid dat jy die innerlke krag sal ontvang om hierdie geweldige verlies in `n mate te verwerk. My hart breek vir jou en jou, jou man en dogtertjie – sterkte deur hierdie moeilike tyd.

Pjk ·

Dit is sooo ongelooflik hart seer. Ek kan my net indink. Sterkte en ons bid vir julle vir krag in die jare wat voorlê.

Anna ·

Ek sien iemand gebruik my naam as Annie so ek skryf in my geborte naam Anna dit is erg wat gebeur het met ouer en kind.n ongeluk gebeur so vinig.ons as ouers moet kyk waar die kinders is naak sejee voor dit te laat is mag kind in RIP en mamma mag God jou net jou wees en jou trane af vee

Sonja ·

Bernadette
Niemand kan jo groot seer wegvat. Jy moet nou sterk wees vir jo andr kindji. Jul is in ons gebede.
??? ?

Annie ·

Sterkte aan die familie. Mag julle vrede in julle harte vind. Wie is ons om jou te oordeel xx

Sunette ·

Aan al die mense wat sê kyk wat jy doen en klippe gooi. Mag so iets julle nooit oorkom nie. My hart is so seer vir jou moedertjie. Dis ”n bitter pil om te sluk want jy voel dis jou skuld maar weet dat dit nie is nie. As mense werklik glo dat die HERE jou strepie trek is daar niks wat hierdie tragedie kon verhoed nie. Dink elke oomblik aan jou en jou gesin. Baie sterkte

Hannelie ·

Dit is baie hartseer. N ongeluk gebeur so vinnig, ek ry nie by die hek in trurat uit as ek nie kan sien waar my kinders staan nie en hulle is al 21 en 16.

Liendempers ·

MM, hoekom gebruik julle die woord “glo”, nie gesien nie? Regtig! Geen mens sal dit aspris doen nie. Sies vir julle!

Martha ·

Dis tragies – mag julle julle vertroosting vind by ons Almagtige… Vader dra asb hierdie vrou, U kind, tot weersiens tot eer en verheerliking van U grote, wonderlike Naam. Ons vra dit in Jesus se naam Amen

Liza ·

Dit is die seerste seer wat n ouer seker kan oorkom. Ek bid dat God jul in Sy liefde sal toevou. Dit is nog te gou dalk, maar vergewe jouself, dit was net n ongeluk, geen ouer sal sy kind doelbewus doodry nie. My hart gaan uit na julle en veral na jou. Sterkte, Jesus liefde

Mandu ·

Mag God julle vertroos in hierdie verskriklike hartseer tyd.

Michelle ·

Wens ek het troos woorde vir jou gehad. Dis verskriklik. Onthou alles gebeur met n doel – ons weet net nie wat die doel op hierdie oomblik is nie. Byt vas aan jou geloof. Die Here sal jou hierdeur ook dra. Baie sterkte aan jou en jul hele gesin. Dit bly n verskriklike ongeluk.

Gideon ·

Dit is seker die ergste wat mens kan deurmaak……waar ek werk sien ek elke dag hoe onverskillig ouers met hul kinders is….maar hierdie is n ongeluk waarvoor niemand vra nie…..dit is hel en jou gewetenswroeginge is daardie hel. Alle sterkte aan almal betrokke…..net tyd kan so iets genees en net God sal weet waarom dit nodig was. Ons verstaan nie hoekom of waarom nie en sal seker nooit…..net God kan berusting bring. Ek het n kersie vir jou opgesteek wat ek heeldag sal brand om my te herinner dat ek dankbaar moet wees vir almal rondom my. Dink aan julle. Sterkte.

Gideon ·

Dit is seker die ergste wat mens kan deurmaak….maar hierdie is n ongeluk waarvoor niemand vra nie…..dit is hel en jou gewetenswroeginge is daardie hel. Alle sterkte aan almal betrokke…..net tyd kan so iets genees en net God sal weet waarom dit nodig was. Ons verstaan nie hoekom of waarom nie en sal seker nooit…..net God kan berusting bring. Ek het n kersie vir jou opgesteek wat ek heeldag sal brand om my te herinner dat ek dankbaar moet wees vir almal rondom my. Dink aan julle. Sterkte.

Connie ·

Oe, dit moet verskriklik wees. Sterkte aan die ouers en sussie.

E.K. ·

Ai, mag die gemeenskap, famile en vriende asook die kerk hul nog baie lank bystaan. Dis nie iets waarmee mens oornag kan “vrede” maak nie. Baie sterkte, vrede en aanvaarding vir julle. Dis ‘n lang en moeilike pad, maar mag julle die krag vind om dit voluit te stap.

madels ·

Oee my hart krimp in n klein bolletjie en ek huil uit die diepte van my wese vir hierdie ma en gesin. Dit is n verskriklike ding wat hier gebeur het. Ek bid vir genade vir jou dat jy wel op die punt sal kom om te vergewe. Dis n verskriklike ding om deur te werk. Mag jy oorskadu word deur God se liefde en weet dat Hy verstaan. Die Here weet dit was net n ongeluk.

Sue ·

Liefste Mamma met die baie groot seer, ons weet nie altyd hoekom en waarom ons kinders Huistoe geroep word nie, maar ons Abba Vader neem altyd die mooiste en beste eerste vir Sy tuin. Mag Jesus jou vrede gee, jou trane versag, mag Hy jou toevou in Sy Liefde. My gebede is met julle.

Lee ·

Ai dis verskriklik hartseer dat so iets moes gebeur.
Ek het so 6 maande terug my liefling brakkie per ongeluk doodgery, en my hart is nou nog gebroke en is sommer depressief as ek weer daaraan dink.
Ek kan myself nie indink hoe moet ‘n ouer oor ‘n kindjie voel nie.
Mag die Heer se liefde jou dra. Sterkte !

Willie E ·

Neillia
Ek stem saam met jou,mense kan my maar hard en ongenaakbaar noem ek gee nie om nie,’n drie jarige kind hoort nie buite by ‘n motor sonder toesig nie…PUNT!!!

D. ·

As ‘n vorige inwoner van Koppies, kan ek net sê ek is vreeslik jammer. Ek weet dis maklik vir kinders om agter karre te beland want jy sien nie hul altyd nie, al was jou kind ‘n oomblik terug binne sig.
Sterkte vir jul as gesin en familie.
Ons dink aan jul.

Rina Kotze ·

Sterkte vir AJ se gesin en veral vir sy Mamma.

Mag God jou hierdeur dra.

‘n ongeluk gebeur bitter gou en in ‘n oogwink. Wenk vir ons almal wat klein kindertjies het, myself inkluis!

Penelope ·

Rus in Vrede klein AJ. Mevrou ek voel so vreeslik jammer vir julle.
God weet dat dit ‘n vreeslike fratsongeluk was en mag Hy jul vertroos in hierdie hartseer tyd.
Baie sterkte!

afrikaans ·

Mamma ek sal nooit regtig weet hoe jy voel nie…..maar ek kan my indink dit moet baie erg en seer wees. God sal u deurdra…..bosblomme vir u

Amanda Landman ·

Liewe vrou, ek kan eerlik se dat ek weet hoe jy voel want ek het jare gelede ‘n motorongeluk gemaak waarin ‘n seuntjie wat soos ‘n kind in my huis was, opslag gesterf het. Ek het hom opgetel in my arms en eerstehands sy beserings aanskou. Die trauma van hiedie dag het my meer as 20 jaar geneem om in ‘n mate te verwerk, vandag kan ek darem al daaroor praat sonder om te begin ruk en bewe en voel asof ek wil sterf van pyn in my hart. Groot asseblief, kry soveel hulp as wat jy kan, moenie jouself isoleer in jou pyn nie. Dit word beter en met hulp van Bo en oral om jou, sal tyd genesing bring. Ek hou jou in my gebede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.