Ma op knieë oor siek kind (10)

Divenette Streicher (Foto: Facebook)

Die Streicher-gesin van Pretoria is op hul knieë vir ʼn wonderwerk terwyl dokters in die hospitaal waar hul tienjarige dogter tans behandel word, raadop is oor haar toestand.

Minette Streicher sit dag na dag by haar dogter, Divenette, se hospitaalbed nadat sy aanvanklik net met nierpypontsteking in die hospitaal opgeneem is. Divenette is nou al vir byna sewe weke in die hospitaal en in ondraaglike pyn.

Volgens Minette se suster, Hendrihan Swanepoel, is Divenette sowat sewe weke gelede gediagnoseer met nierpypontsteking en blaasinfeksie.

“Die dokter het vir haar antibiotika voorgeskryf, maar elke dag het sy meer en meer seer gehad en haar toestand het nie verbeter nie. Hulle is daarna na ’n ander dokter toe vir ’n tweede opinie. Dié dokter het bevestig dat haar blindederm teen daardie tyd al ’n tydjie gelede gebars het en dat sy onmiddellik by die hospitaal moet uitkom,” het Swanepoel gesê.

Minette is toe met Divenette na die Steve Biko Akademiese Hospitaal in die stad, omdat die gesin nie ʼn mediese fonds het om na ’n private hospitaal te gaan nie.

“Hulle het Divenette se blindederm verwyder, maar later gesien dat daar bakterieë in haar maag is wat haar dik- en dunderm begin vreet. Die dokters het die besluit gemaak om dele van haar dik- en dunderm uit te sny, maar hulle kon dit toe nie weer terugsit nie. Die derms is nou in ’n sakkie wat sy vir ses maande tot ʼn jaar moet saamdra. Sy kan dus nie hierdie jaar teruggaan skool toe nie.”

Divenette is steeds in die hospitaal en is in erge pyn omdat die probleem steeds nie opgelos is nie.

“Dit gaan nie goed met haar vandag nie. Sy is vreeslik bleek en baie swak. Sy het só baie pyn. Haar ogies is blou onder en haar asemhaling is baie swak,” het Minette aan Maroela Media gesê.

“Ons moet haar dringend by die MediClinic Kloof-private hospitaal kry. Die dokters hier weet nie meer wat om te doen nie. Hulle het nog nooit so iets gesien nie, en hulle weet nie hoe om dit te hanteer nie,” het sy gesê.

Volgens Minette hoort Divenette in die waakeenheid van die hospitaal terwyl sy in die staatshospitaal in ’n algemene saal lê.

“Die belangrikste nou is om haar in die waakeenheid in die Kloof MediClinic te kry,” het Minette gesê.

“Ons vra mense om ons by te staan met donasies. Die dokters het gesê die uiteindelike bedrag van die private hospitaal kan tussen R500 000 en R1 miljoen wees. Ons hoop om haar vandag nog na Kloof MediClinic te kan skuif, waar sy dan Maandag weer teater toe moet gaan. Ek kan nie dink dat my kind oor Paasnaweek hier [in Steve Biko] moet bly nie.”

“Sy is so ’n engelkind. Sy het die grootste hart en wil altyd ander help. Sy wil net gee. Sy is die liefde vanself,” het Minette gesê.

“Ek wil net my kind help deur die pyn waardeur sy nou gaan. Sy lê hier en haar ma kan niks vir haar doen nie. Sy verdien dit nie, sy is net tien jaar oud.”

Vir meer inligting of donasies, besoek die Child Medi-organisasie se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gesiggie ·

Die Trane kan ek nie keer om net die smeek in hierdie Ma te hoor…. hierdie dokters speel met die kind se lewe… is daar regtig nie iemand wat meer hervare is om hierdie mooi dogter van haar pyn te verlos…Minette ek Glo dat jul binnekort n engel gaan kry wat sal sorg dat al jul wense waar word, dat Divenette so gou as nou na n beter Hospitaal oorgeplaas sal word, en dat n Dokter sal weet wat om te doen om haar eina beter te maak…Jesus raak hierdie kind aan genees haar verlos haar van die pyn, sodat sy weer gou saam Mamma en Pappa kan lag en gesels…. Die Engele is met jul… sterkte hoop om gou die goeie nuus te lees

Natasha ·

Liewe mamma,
Die grootste geskenk wat jy jou kind kan gee is gebed! Pleit Jesus se bloed uit oor haar. Sit haar by Jesus se voete. Hy sal die beste medisyne vir haar moontlik gee… ek bid dat julle gedra word in hierdie tyd. Ons God is Groot.
Glo my ek weet.

Sê net ·

Ek voel vir jou. Ek bid dinge werk uit vir julle en dat God die Dokters se oë sal oopmaak om die fout te vind en jou kind te help. Amen

Medies ·

Dit is so sleg dat mense vandag nie medies kan bekostig nie. Dis hartseer dat mediese beroep net geldmaak skema is en nie meer oor Hippokrates eed nie

Carolina ·

Sal hulle nie kan help by die Nelson Mandela Kinderhospitaal in Johannesburg nie? So traumaties!!!

Andrea ·

Kan julle nie probeer om een van Tuks se professore wat daar klasgee in bv chirurgie te kontak nie? Mens kry gewoonlik die heel beste behandeling van hulle af. Kyk op UP se webblad?

Henry ·

Dokters jaag aan en dan moet jy 100 000’de betaal dat hulle nog meer kan aanjaag. Wat de hel gaan aan in die mediese bedryf?

Probeer help ·

Kan ons nie die mense help deur “crowd funding” nie? Weet iemand hoe om dit te doen?

Probeer help ·

Skuus, ek sien daar is wel n Facebook blad en organisasies vir donasies.

Se net ·

Sal bid vir geld en genesing. Onthou hierdie paas vrydag want Jesus het gese “by my stripes you are healed”. Hy het sy lewe gegee vir joune.

Lizelda ·

Steve Bhiko het vd beste dokters, interniste en professors. Die hospitaal is werklik n goeie hospitaal en ek glo d personeel daar is goed md kind al is hulle nie vriendelik md families nie. My seun was ook daar v n spinnekopbyt en hy was kritiek, vandag het ons n medies maar as jy v ander hodpitale praat bly hy se “ek sal weer Steve Bhiko verkies.” Glo my hulle doen alles in hulle vermoe om n oplossing te kry. Intussen moet ons almal bid. Baie sterkte, die gevoel v magteloosheid v n ouer is erg, maar ek glo vd mediese personeel ook.

Pop ·

Eet pap maar vat n hospitaalplan uit. Dis nie duur nie en alles sou nou in privaat hospitaal betaal gewees het.

Petro ·

Ai Ai het die kleinmensie nie Listeriose nie? Dit klink vir ons So Baie na ons Dierbare vriend van 82 in Mosselbaai se diagnose wat hy gehad het en betyds in Kaapstad behandel is???? Vra maar net?? Ons dra haar graag op aan ons ABBA Vader ??

Hartseer ·

Here dankie dat U ingryp en guns gee vir hierdie mooie meisie. Dankie vir U genesing en hand op haar lewe en liggaam. Vertroos asb die ouers en familie en laat U kalmte neerdaal op hulle. Dankie Vader vir uitkoms en ingryping nou. Dankie Heer.

liezel ·

So sad…. sy is n kind…. al het mens medies betaal mens nogsteeds…. ons betaal v als… belasting… straat parkeering noem dit … hoe kan ons land ni die kind help. Gee soms op dat die land gaan verbeter :(

erna bruwer ·

Maroela – dankie vir hierdie berig -Dit is SÓ hartseer!!! Is daar al enige nuus? Kon hulle haar toe oor geplaas het? En waar staan die fondse? Ek share dit orals waar ek kan

Carina ·

Jy moet vir haar CBD oil kry, dit help geweldig met pyn en inflamasie en versterk die imuunstelsel.. daar is so baie benefits en is baie veilig. Lees daaroor op die link.https://www.healthline.com/health/cbd-oil-for-pain
Hier is ‘n plek in SA wat dit maak, kontak hulle en verduidelik jou kind se kondisie en pyn, hull sal jou sê watter van hul produkte werk die beste vir pyn, inflamasie en imuunstelsel.
https://www.medicalcannabisdispensary.co.za/cbd-oil/
As die olie kanker kan genees, glo rk vas dat dit jou dogter kan help. Baie sterkte vir jou familie, maar maak ‘n punt om dit te probeer.

Heila Fourie ·

AG Hemel Vader sy is so pragtig ek Bid U om haar in U twee groot hande vas te hou. Sterkte aan die gesin en familie.
Hoeveel volwasse mense en kinders het al gesterf van ‘n gebarste blindederm. Is die dr wat haar 1ste gediagnoseer het geleerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.