Ma op soek na geregtigheid ná wetstoepassers seun glo doodskiet

Raymond Tzouganatos. Foto: Facebook

ʼn Johannesburgse vrou eis geregtigheid nadat haar 31-jarige seun by ʼn padblokkade in Doornfontein na bewering deur beamptes van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) doodgeskiet is.

Die omstandighede waarin Raymond Tzouganatos die aand van 28 Junie gesterf het, word nou deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.

Elsa Tzouganatos, Raymond se ma, het Donderdag aan Maroela Media gesê sy wil hê die waarheid moet uitkom oor die omstandighede wat daartoe gelei het dat haar seun doodgeskiet is, sodat “dieselfde nie met enige ander ouer of familie hoef te gebeur nie”.

“Ek wil net antwoorde hê oor wat werklik gebeur het, maar dit is ʼn onbegonne taak. En ek sê jou, dit is hel om hierdeur te gaan. Nie net het ek my seun verloor nie, maar ek sit ook met al hierdie vrae en geen antwoorde nie.”

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê volgens voorlopige inligting is Raymond die betrokke aand deur metrobeamptes by ʼn padblokkade in Bereaweg voorgekeer. ʼn JMPD-beampte het in die pad voor Raymond se voertuig ingetree en aangedui dat hy moet stilhou. “Daar word beweer dat [Raymond] nie vir die beamptes wou stilhou nie en dat hy die beampte met sy voertuig gestamp het,” het Minnaar gesê.

Hy sê die beampte het geval en Raymond se voertuig het weggery. Volgens Minnaar het die beampte en nog twee JMPD-beamptes na bewering hul vuurwapens uitgehaal en op die voertuig geskiet. “Die voertuig het toe ʼn haarnaalddraai gemaak en op die beamptes afgery. Intussen het die beamptes op die voertuig geskiet om die voertuig te dwing om stil te hou. Die bestuurder het verbygery, maar nie ver van die toneel af nie het hy beheer oor die voertuig verloor en dit het langs die pad teen iets gebots. Daar is toe gevind dat die bestuurder ʼn skietwond opgedoen het en hy is later dood.”

Elsa sê sy is die volgende dag van Raymond se dood ingelig. “Aanvanklik het my swaer my gebel en gesê Raymond was in ʼn ongeluk. ʼn Paar minute later het hy weer gebel en gesê daar was ʼn skietgeveg en Raymond is dood. Ek was histeries. Ek het onmiddellik gedink hoe kon daar ʼn skietgeveg gewees het, want Raymond besit nie ʼn vuurwapen nie.”

Elsa sê sy het later gehoor Raymond is deur JMPD-beamptes geskiet, maar sê die JMPD se weergawe van die gebeure maak nie sin nie. “Daar was slegs twee koeëlgate in Raymond se voertuig, een by die rubbergedeelte van die bestuurder se deur, daar waar die deur toemaak, en nog een laer af op die deur. Raymond is in sy bors geskiet. As hulle verskeie skote op die voertuig afgevuur het en hy is in sy bors geskiet, sou die windskerm of ander vensters mos stukkend geskiet gewees het,” sê sy.

Raymond Tzouganatos is op 15 Julie begrawe. Foto: Facebook

Volgens Elsa was daar ook nie bloed op die bestuursitplek in die voertuig nie, maar wel op die passasiersitplek en aan die buitekant van die bestuurder se deur. “Dit is onmoontlik dat goed gebeur het soos hulle vir my sê dit gebeur het,” sê sy. Sy vind dit ook vreemd dat daar aanvanklik vir haar gesê is Raymond het op die metropolisiebeamptes geskiet, hoewel hy nie ʼn vuurwapen besit nie en daar geen vuurwapen in sy voertuig gevind is nie.

Minnaar het egter nie aan Maroela Media gesê dat Raymond ook op die metropolisiebeamptes geskiet het nie.

Elsa het gesê nadat ʼn nadoodse ondersoek deur die staat gedoen is, het die familie ʼn private patoloog gekry om ʼn tweede nadoodse ondersoek te doen om seker te maak dat die twee ondersoeke se bevindinge ooreenstem. Raymond is eers op 15 Julie begrawe.

Minnaar het Woensdag gesê hy kan hom nie verder uitlaat oor die voorval nie, aangesien die saak sub judice is en die ondersoek na die voorval steeds aan die gang is.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het aan Maroela Media bevestig dat die saak ondersoek word. Hy het versoek dat verdere navrae skriftelik aan hom gestuur word en Maroela Media wag op terugvoer.

Elsa het intussen ʼn Facebook-blad met die naam Justice for Raymond Tzouganatos begin om bewusmaking rondom Raymond se dood te skep. “Raymond was ʼn regte grapjas. Hy sou my altyd in die oggende ʼn WhatsApp-boodskap stuur om my te vra wat ek doen en as ek hom antwoord ek werk, dan stuur hy terug ‘werk harder’. As ek nou so sit en werk, dan dink ek aan Raymond wat gesê het werk harder. Ek sal alles in my vermoë doen om uit te vind wat daardie aand gebeur het. Dieselfde mag nie met nog iemand gebeur nie,” het Elsa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

se maar net ·

Ja nee dit maak ook nie vir my sin nie daar is n slang in die gras Sterkte dis n moeilike een Maar saam met God is als moontlik

Elsa Tzouganatos ·

Beslis en met God aan my sy en julle. Kan ons berge verskyf.

Lollie ·

Dis reg Elsa. Sy woorde van ‘werk harder ‘ is ń boodskap aan jou om te sê moet alles nie net aanvaar nie maar werk harder om agter die ware gebeure te kom. Dis daarom dat die woorde jou bybly. Die storie maak nie lekker sin nie. Hou aan baklei vir ware feite en mag geregtigheid seevier! Sterkte!

Elsa Tzouganatos ·

Soos mammie vir hom altyd gesê het go Google. … I will leave no stone unturned.

Mornay ·

Ek hoop regtig die waar heid kom uit want dit sal n skok wees altwee kante toe

Kan my self nie meer uit laat anders word my komentaar weer ge blok

gee om ·

Sterkte vir die pad wat jy nou sonder hom moet loop, Elsa. Hy sou trots gewees het op sy ma. Mag die volle waarheid aan die lig kom.

Anoniem ·

Troos jou daaraan Elsa dat die skuldiges miskien sal wegkom op aarde maar nie by die Vader nie. Wees sterk en glo in geregtigheid.

J ·

Mag bo menslike KRAG al die geliefdes (spesiaal vir diè MA deur die moeilike tyd DRA)..en jul gevul word met vrede van God wat alle verstand te bowe gaan.

Se net ·

Elsa, baie jammer vir jou groot verlies. Ek wil wel ‘n stelling maak wat dalk net die omstandighede “hoekom hy weg gejaag”het lig op werp. Dit het juis weer verlede week met ons gebeur. Die verkeerspolisie gaan staan ewe skielik voor mens in die pad. Jy kan soms nie eens betyds gestop kry nie. Verlede week, op die hoofweg die kar voor ons gestop. Daar was amper ‘n helse ongeluk, want die ou voor ons moes van 100km+ skielik doodstop om die man nie om te ry nie. Dalk het u seun dieselfde oorgekom, waar hy onmoontlik betyds kon stop, maar ja die polisie smeer nou hulle fout toe.

Blommie ·

Ek stem hier saam. Dit het baie jare gelede ook met my kind gebeur. Beampte sonder wwRsjuwing en glim belde voor hom in gespring en tie word poging tot moord sommer by klagte gevoeg. Was ook eers deur hof uitgegooi na waarheid aan die lig gekom het. Sterkte Elsa ek bid vir jou met jou swaar verlies.

Salome Engelbrecht ·

Dis sooo hartseer om jou kind op so ‘n onsinnige manier te verloor
Ek vra dat ons Hemelse Vader jou styf sal vashou en vir jou vrede gee. Sterkte Elsa

CHARMAINE ·

So jammer vir sy familie. Kry dadelik die nodige regshulp so nie gaan geregtigheid NOOIT geskied. Sterkte my gebede gaan met sy moeder.

Swannie ·

Ek stem saam.

OPOD is net so korrup soos die polisie en sal als in hul vermoë doen om dit toe te smeer.

Mense van dieselfde ras staan saam.

Dovaz ·

DIS REG ELSA!! Eerstens meegevoel met jou groot verlies! Dit tyd dat ons agter moord van ons onskuldige mense en kinders kom. Die moordenaars kom altyd weg met moord. Nail them to the ground girl!!! Werk harder!!! Werk harder vir geregtigheid vir die waarheid!!! God sal jou deur dra!

Ander Annie ·

Dit lyk nie vir my hulle het geskiet om die voertuig tot stand te bring nie. Wat ookal die omstandigheid is en wie ookal skuldig is of nie, wat het geword van ‘n waarskuwingsskoot? Ek is baie jammer vie hierdie vrou se hartseer en pyn.

Eugene de Scally ·

Die Metro Polisie het my vanoggend voorgekeer. Ek het stilgehou. Een beampte het my genader en my bestuurderslisensie gevra. Hy het my voertuig nagegaan en Geen fout gevind nie. Hy het my beveel om saam met hom te stap en genoem dat hy my gaan aankla vir dronkbestuur. Ek drink nie eens enige alkoholiese drank nie. Ek het n helse stryd gehad om van hom ontslae te raak. Dit is blatante intimidasie. !!!

Swannie ·

Eugene jy het die situasie verkeerd verstaan,

Die beampte wou duidelik net omkoopgeld gehad het. Dis mos die manier hoe dit vanaf 1994 in ons land gaan.

Marts ·

Eugene, kla hom aan. A little bit of authority can be the biggest danger in life.

Nico ·

Moet dit nie daar los nie daar is goeie advokate wat sal help hulle bevelvoerders moet ook aangekla word want geen padblokkades word volgens wetgewing opgeslaan nie

Dottie ·

Goeie hemel! Is hulle dan nie veronderstel om eers die voertuug se band uit te skiet nie????

snoefie ·

eerstens sterkte met jou groot verkies. mev, during aan dat die beamptes betrokke, aan leuenverklikkers gekoppel ondervra word.

Piet ·

As dit blanke polisie was of n boer wat n plaasaanvaller geskiet het was hy aangekla vir moord. Verskillende wette vir verskillende mense. We are all equal but some are more equal than other.

E ·

Ek weet absoluut niks van die polisie se opleiding nog minder van wapens, maar my verstand sê vir my dat die onderste deel van ń voertuig geskiet moet word. Nou hoe kry hy dan ń borsskoot? Word hul nie opgelei om te mik nie? En hoekom nie net die nommerplaat neerskryf nie? kan mos op databasis ń persoon opspoor sonder om ń dood te veroorsaak. So ja ek voel jy moet ten minste kan mik, skryf en selfbeheersing toepas. Jammer maar dit klink vir my na nalatige optrede teenoor die jong man.
Sterkte Mev. mag U antwoorde kry.

PJ ·

Ek dink nie die publiek besef watter gevaar hierdie gewapendes in uniform inhou nie. As alle insidente deur hierdie gewapende boewe in die media gerapporteer word sal mense eers besef hoe gevaarlik hulle werklik is. ń Mens hoop en bid maar net altyd ń familielid van jou se paaie kruis nie met hulle sń nie.

Z ·

Polisie mag nie brandstigters by Bloemfontein Stadsaal of vandag se betogende brandstigters op die R59 skiet nie… (en so kan ons baie ander gevalle opnoem), maar geen haan kraai wanneer die POLISIE n jong man sommer net skiet nie!

Elsa Tzouganatos ·

Mense ek gaan asb engels praat omdat ek hierdie international aan vat. There is no chance in hell that I will give any other criminal with a batch the previlidge to hurt, harm, rape, kill another innocent person. I am going through hell. But….. I AM a big daughter of God and like my son a little clown and comic. I see things different. I know I can’t bring Raymond back. But I won’t leave a stone unturned to stop this unlawful behaviour to carry on. I HAVE Lobo das Neves behind me. I have you the public behind me. Aĺl you do is share and pray and share yet again.

Thank you one and all.
Thank you Maroela Media.
Marine girl you found out a lot in one day and yet a different statement was made.
Now we have from that morning
1 car accident
2 hijacking
3 shoot out.
4 tried to run one over but he jumped out of the way. Sped throuh made a u turn returning in gun fire the with a bustop in the middle opposite one way they didn’t stop shooting from the roadblock on the other one way. With barriers by big vodacom building. Near elspark
5 now he did hit one and sped of and made a u turn still facing gun fire?
CAN I ASK DUH?????
RAYMOND’S MOM ELSA
email me [email protected] or phone me if you have a similar story
0740405437
Help my mense. PLZ STOP THEM

Andre van der bank. ·

Ek kan slegs kommentaar lewer op aanhaling van die berig. Hy wou wegjaag en in die proses n polisie lid met sy motor “gestamp”. As dit wel die geval was, gee dit die polisie volle mag om te skiet. N motor is n wapen, net soveel as n vuurwapen. Weereens, almal kan gis, maar as hy dit wel gedoen het, het die polisie reg opgetree. Dieselfde sou dan geld in enige ander land.

Elsa Tzouganatos ·

Goed en wel twee berigte een in Sunday times. 2 stories. Motor aan kant geskiet. N supernatural motor Andre kan mense van kant af raakry. Die ware storie sal uitkom. Ek sal seker daar van maak. En nee hulle mag minimum force gebruik.

Theresa ·

Vind uit wie aan diens was daardie tyd en aand en plek.
Poligraaftoetse vir die spesifieke mense aandiens. Daar is goeie Metro polisie en polisiemanne – dis hulle wat ook teen hierdie ander mense wat mag misbruik beskerm moet word. Dis ‘n landsburger se REG om goeie, eerbare, regverdige geregsdienaars te hê om hul te beskerm. Indien hierdie mense arrogant en onnodig op ‘n burgerlike geskiet het, moet die gereg sy pad loop. Daar sal definitief rekord wees van wie aan diens was. Dit hoef nie so uitgerek te word nie – of hoe?

Elize ·

Andre,
Ek as vrou ry baie alleen en het al so baie gehoor dat as ek afgetrek word ek mag aan ry tot by naaste polisie stasie, So as ek dan nie gaan stop nie sal hulle my dan ook net skiet???? En in die persoon se geval het hy seker soos hulle almal maak skielik voor sy voertuig ingespring. Indien hulle dan regtig wou skiet op hom omdat hy weg jaag, hoekom op die persoon self skiet en nie die voertuig se bande nie dan dwing hulle mos die voertuig tot stilstand? So jammer, ek stem nie saam met jou nie.

Johanna ·

Eerstens, my innige simpatie. dis baie hartseer.
Hulle sal n storie opdis en los kom. dis nou maar hoe dit is in die land.

Elsa Tzouganatos ·

Ek sal tot fight tot ek pap is ek sal nie op gee nie.

KABOUS ·

N mens kan n ding se omdat jy diep seer het.Of jy kan n ding se uit ondervindind soos van n oud VERKEERSBEAMPTE die spietkops van deesdae doen geen evalueering op enige gebied .Hulle word aangestel met geen mense kennis of ervaring so saam met die uniform kom automaties n vuurwapen dit word selfs gefinansier deur die metros .En daarna is dit card blanche want Hy mag mos skiet as iets watookal gebeur. Die publiek en motoriste word orals bloodgestel aan hierdie tipe behandeling en optredes in die naam van wet en orde orals Jammer oor die groot verlies ,baie tragies en ongevraagd oud VERKEERSBEAMPTE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.