Ma, ouma vir evaluering gestuur na kleuter se dood

Foto: @VioletEyeKZN op Twitter.

Foto: @VioletEyeKZN op Twitter.

ʼn 31-jarige vrou en haar 55-jarige ma het in die Chatsworth-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn in verband met die dood van die jonger vrou se driejarige dogtertjie.

Die hof het gelas dat die ma en ouma ʼn verstandelike evaluering moet ondergaan. Dit het gevolg nadat die hof gehoor het dat Patricia Kershie Ishwalal, die driejarige Jamie Naidoo se ma, in ʼn motorongeluk betrokke was en dat dit daartoe gelei het dat sy onbekwaam verklaar is om haar eie sake te hanteer.

Vijay Sivakumoor, Ishwalal se regsverteenwoordiger, het nie die besonderhede rakende die ongeluk bekend gemaak nie. Daar is wel rekords van die Padongelukkefonds aan die hof voorgehou waarin ʼn kurator Ishwalal se verstandelike vermoë bevraagteken het.

Ishwalal en haar ma Salatchee Venilla Basanich word aangekla van die moord op Naidoo. Hulle is in hegtenis geneem nadat Naidoo op 20 November deur paramedici dood verklaar is. Die twee sou om borg aansoek doen maar Sivakumoor het aangedui dat hulle borgaansoeke vir eers nie gaan voortgaan nie.

Sivakumoor het die hof versoek dat Ishwalal en Basanich by die selle van ʼn plaaslike polisiestasie aangehou word in plaas van die Westville-gevangenis. Landdros Busisiwe Lily Mpungose het egter die aansoek van die hand gewys. Volgens Sivakumoor is Basanich deur medegevangenes aangerand.

Mpungose het gelas dat Ishwalal en Basanich in isolasie gehou moet word tot daar beddens beskikbaar is by die Fort Napier-hospitaal waar hulle geevalueer sal word.

Die saak is tot 7 Januarie uitgestel. Mense het weer, soos met vorige verskynings, buite die hof betoog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leeutjie ·

Dis onnodige geldverkwisting. Hulle moet tronk toe dat hulle selmaats hulle evalueer kosteloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.