Landdros CM Mkhalipi het die saak tot 8 Desember uitgestel, wanneer Patricia Ishwalal (32) en haar ma, Salatchee Basarich (55), in die hooggeregshof in Durban moet verskyn. ʼn Verhoordatum sal dan na verwagting bepaal word.
Die twee vroue het Jamie, Ishwalal se dogter, glo in November by hul huis in Chatsworth doodgeslaan. Tydens vorige hofverskynings is daar vrae gevra oor beide beskuldigdes se geestestoestand. Daar is bevind dat hulle geskik is om verhoor te word nadat hulle by die Fort Napier-psigiatriese hospitaal behandeling ontvang het.
Ishwalal se drie ander kinders is ná Jamie se dood uit haar sorg verwyder en in ʼn plek van veiligheid geplaas.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.