Ma, ouma weer in hof ná dogtertjie se dood

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Die ma en dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die driejarige Jamie Naidoo vermoor het, het Donderdag in die Chatsworth-landdroshof verskyn.

Landdros CM Mkhalipi het die saak tot 8 Desember uitgestel, wanneer Patricia Ishwalal (32) en haar ma, Salatchee Basarich (55), in die hooggeregshof in Durban moet verskyn. ʼn Verhoordatum sal dan na verwagting bepaal word.

Die twee vroue het Jamie, Ishwalal se dogter, glo in November by hul huis in Chatsworth doodgeslaan. Tydens vorige hofverskynings is daar vrae gevra oor beide beskuldigdes se geestestoestand. Daar is bevind dat hulle geskik is om verhoor te word nadat hulle by die Fort Napier-psigiatriese hospitaal behandeling ontvang het.

Ishwalal se drie ander kinders is ná Jamie se dood uit haar sorg verwyder en in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.