Ma, ouma weer in hof ná kind se dood

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Die saak teen ʼn ma en dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die kleuter Jamie Naidoo vermoor het, gaan na verwagting Donderdag in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal hervat word.

Die saak is verlede maand uitgestel vir verdere ondersoek.

Salatchee Venilla Basanich (55) en haar dogter Patricia Kershie Ishwarlal (31) staan tereg op aanklag van moord. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle Jamie (3) in November in hul huis in Havenside doodgeslaan het. Hulle is op 20 November in hegtenis geneem nadat paramedici Jamie dood verklaar het.

Landdros Busisiwe Lilly Mpungose het in Januarie beveel dat die beskuldigdes vir ʼn sielkundige waarneming na die Fort Napier-hospitaal gestuur word. Die hof het gehoor dat Ishwarlal in 2001 kopbeserings in ʼn motorongeluk opgedoen het en verminderde beheer oor sekere basiese lewensfunksies het.

ʼn Verslag wat in 2004 aan die Padongelukkefonds voorgelê is, het bevind dat Ishwarlal kinderlik optree en haar spraakpatrone is ook soortgelyk aan dié van ʼn jong kind.

Lees alle vorige berigte oor Jamie Naidoo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charlene ·

In 2001 in ongeluk??? So sy was nie tenvolle normaal toe sy rond geslaap het en swanger geraak het nie! Die slegte goed wat hulle durf vrouens en ma’s noem is NIE welkom is ons samelewing. Hoekom so baie geld mors op hofsake! Ek is 100% seker daai mense buite die hof sal gereg laat geskied. Om `n ma te wees is `n geskenk, nie jou reg nie en ook nie `n straf dat jy `n klein dogtertjie moet dood slaan nie!!!!! Regter Lilly (Jy naam bet “onskuld” en “ware skoonheid” – Ek weet dit want dis my dogterjie se naam) Sien asb die onskuld vn daai arme dogterjie wat so wreed vermoor is en vonnis hulle en lewer hulle uit aan die gemeenskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.