Ma, ouma weer in hof ná kind se dood

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter.

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter.

Die driejarige Jamie Naidoo se ma en ouma sal na verwagting Woensdag in die Chatsworth-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn in verband met haar dood.

Salatchee Venilla Basanich (55) en haar dogter Patricia Kershie Ishwalal (31) staan tereg op aanklag van moord. Hulle is in hegtenis geneem nadat Naidoo op 20 November deur paramedici dood verklaar is.

Die hof het tydens die vroue se vorige verskyning gehoor dat Ishwalal in ʼn motorongeluk was en dat dit daartoe gelei het dat sy onbekwaam verklaar is om haar eie sake te hanteer.

Die twee vroue sou aansoek doen om borgtog, maar Vijay Sivakumoor, Ishwalal se regsverteenwoordiger, het aangedui dat hulle borgtogaansoeke vir eers nie voortgaan nie. Hy het versoek dat sy kliënte se geestesgesondheid geëvalueer moet word. Die aansoek is nie teengestaan nie.

Landdros Busisiwe Lily Mpungose het beveel dat die twee vroue in isolasie aangehou moet word by die Westville-gevangenis tot daar beddens beskikbaar is by die Fort Napier-hospitaal waar hulle geëvalueer sal word.

Staatsaanklaer Lolly Soobramoney het gewaarsku dat dit maande kan neem voor daar beddens by die Fort Napier-hospitaal beskikbaar sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.