Ma pleit om hulp ná dogter (13) vermis raak

Anchen Muller (Foto: Verskaf)

Die vermiste 13-jarige Anchen Muller van Vredekloof in die Wes-Kaap is opgespoor. Lees die opvolgberig op Maroela Media.

ʼn Ma van Vredekloof in Kaapstad pleit om hulp van die publiek om haar 13-jarige dogter te help opspoor nadat sy Vrydagaand spoorloos verdwyn het.

Hanlie Muller het aan Maroela Media vertel sy het die afgelope 48 uur nie ʼn oog toegemaak nie en is doodbekommerd aangesien sy in dié stadium geen kennis dra oor waar haar dogter, Anchen, is nie.

Volgens Muller sou Anchen oor die naweek by ʼn vriendin gaan kuier het, maar sy het nooit Sondag teruggekeer huis toe nie.

“Ons laat haar soms toe om by vriende oor te bly oor naweke. Hulle tel haar gewoonlik Vrydagaand by die huis op, en laai haar Sondagaand weer af. Dié keer het sy egter nie huis toe gekom nie. Ons het haar Saterdag probeer bel, maar vermoed dat haar selfoonbattery pap was en Sondag tot watter tyd sit en wag dat sy huis toe kom, maar sy het nooit opgedaag nie,” sê sy.

Muller sê sy en haar gesin woon in ʼn veiligheidskompleks en haar dogter loop dus gewoonlik self na die hek toe waar haar vriende haar oplaai. Sy sê sy versorg ook ʼn tweejarige tweeling tuis, en was nie self by die hek toe die vriende haar Vrydag opgelaai het nie.

“Nadat ons haar as vermis aangemeld het, het baie ander dinge aan die lig gekom. Dit blyk dat sy op ʼn WhatsApp-skoolgroepie gesê het sy wil wegloop. Ons verstaan nie hoekom nie, tieners is in dié stadium rebels en moeilik, maar ons het nie besef dat sy van die huis wil wegloop nie,” sê sy.

Anchen Muller (Foto: Verskaf)

Volgens Muller is sy definitief nié by vriende nie, aangesien almal al op navrae gereageer het. Sy sê die polisie vermoed dat sy ʼn man op sosiale media ontmoet het, en dat hy haar dalk by die huis opgelaai het.

Die gesin het intussen ʼn private speurder gehuur om haar selfoon op te spoor.

“Haar simkaart is uit die selfoon gehaal. Dit is dus nou vir ons moeiliker om haar op te spoor. Die speurder het gister gesê dit gaan bykans R9 000 kos om haar selfoon op te spoor sonder die simkaart wat geaktiveer is.”

Anchen het blou oë, is sowat 1,7 m lank en het ’n khakibaadjie, blou denimbroek en grys stewels aangehad toe sy vermis geraak het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het intussen ook gesê daar is nog geen leidrade oor waar sy haar bevind nie.

Rwexana het enigeen wat meer inligting het aangeraai om ao. Bernie de Kock van die Brackenfell-polisie te bel by 084 586 6027.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Lee ·

Wat ‘n pragtige kind. Sterkte aan die ouers. Ek hoop hulle kry haar spoedig!

Lucy ·

Ek wil nie oordeel nie en ek is baie jammer oor die situasie waarin hulle, hulle bevind, maar as ek so lees kan ek nie ander om te dink hoe dit verhoed kon word nie. As jou kind oorslaap moet jy nie weet waar en ook die maatjie se ouers se kontak besonderhede ens he nie? As sy nie self na die hek kon gaan nie, hoekom nie reel dat die ouers haar inry en die kind by die huis oplaai nie. In vandag se tye moet mens 24/7 weet waar jou kinders hulle bevind. Ek hulle kry haar spoedig en dat sy veilig is. Lang pad le voor om watookal dit is wat haar laat wegloop het uitsorteer word. Sterkte

Vreeslik ·

Ek stem 100% saam kominiekeer met ouers dis erg ek hoop hulle vind haar vinnig ek het self 4 meisie kinders en as ek mis met ñ ma gepraat het nie gaan jy nerens ouers moet streng wees daar is perke regtug leer jou kinders reg en verkeert as jy wil weg loop dan moet iets nie reg wees by my huis nie wat pla kom ons gesels en kry dit reg praat met jou kind elke ouer het die reg om met ñ hulle kinders te gesels veral tienners asb ouers

AnnaB ·

ek stem 100% saam, my kind word by die deur op gelaai en jy kom in voor sy saam jou gaan, ek ken jou en jou ma ek maak seker ek het almal se nommers en weet ten alle tye waar sy is. Ai mamma sterkte ek hoop sy word gou gevind en nie lelik bedoel nie maar laat hierdie ‘n les wees vir almal wat net hul kids laat kom en gaan sonder dat hul weet waar hulle is :-(

Nicky ·

Baie sterkte aan hierdie familie. Mens moenie jou kinders laat uitslaap nie. Die duiwel loop soos ‘n brullende leeu rond, reg om te verskeur.

judy ·

Stem saam ek kon droom van uitslaap op daardie ouderdom. My ma wou omtrent DNA Samples gehad het van die mense by wie ons net kon speel vir die middag. Vandag is ek dankbaar sy was so oor ons. Sterkte.

Uvonka ·

Sjoe ek kry sommer hoendervleis! Ek hoop en bid die mooie meisiekind word spoedig ongedeerd gevind.

Arsène Lupin ·

Ek gooi nie klippe nie, maar kan ek dit nie verstaan nie, dit lyk vir my dat hierdie mamma nie eers weet by wie haar kind gaan kuier hetnie!! Ek as ouer het altyd daarop aangedring om eers self met die ouers te praat, en verkieslik hulle eers te ontmoet voordat ek toegelaat het dat my kinders na vriende gaan. Ek het gesorg dat ek my kind SELF by die mense gaan aflaai het, sodat ek die huis kon sien, en kon weet waar om my kind te kry. Ek het ook gesorg dat ek kontak het met my kind.

*STERRETJIE* ·

@ Arsène Lupin
N MAMMA SO NA AAN MY HART!!! Presies hoe my ma was en nogsteeds is! Ek is nou al 24 en my Ma raak nogsteeds MAL as my foon af is of ek antwoord nie na die tweede oproep nie al weet sy waar ek is! Vandag se lewe is so omgekeer!

Kan sien jys ook n goeie Mamma!! Keep it up*

Lisa ·

Dertien is nog so jonk. Ek is hartseer vir haar part, want dit lyk asof die ouers nie eers genoeg omgegee het om te weet na wie sy toe gaan en waar nie. Ek hoop sy word veilig gevind.

Lientjie ·

Gaan kyk na die kind se FB julle sal naar word. Kan nie glo dat ouers so iets toelaat nie of die ouers het self nie toegang tot FB nie. Julle hare sal rys!

Self n ouer ·

Hoekom reel die ouers nie met die “vriende” se ouers vir so n naweek nie. Mens kan mos nie vanselfsprekend dink jou kind gaan okay wees as jy nie kontak het met die “vriende” se ouers het nie. Nie in vandag se wreede wereld. Ek bid dat sy veilig is. Sterkte aan die familie :(

Genieve ·

Vader in die hemel skenk tog genade asb en laat sy veilig by haar ouer huis opdaag.

Runette ·

Familie en polisie moet commentare op haar fb blad gaan lees. Begin daardie outjies asap inbring en ondervra.

dirk L ·

stem saam, asook al die ander Apps. Hoop hulle vind haar spoedig en ongedeerd. Vredekloof het sekuriteits kameras. hoop hul vind iets daarop

marlene ·

Moenie klippe gooi nie. Sulke dinge gebeur deesdae maklik. Sy pas ook ‘n tweeling op.
Niemand is volmaak nie, ons maak almal foute, en nadat soiets gebeur dink ‘n mens ek moes eerder dit, of dat gedoen het.
Sy is so pragtig, ek hoop jul vind haar veilig terug. Social media, is ‘n absolute euwel onder jongmense, en daar is baie wolwe op soek na hul volgende prooi.
Sterkte!

Lisa ·

Dit gebeur, maar ‘n mens moet tog ten alle tye weet na wie jou kinders toe gaan en waar. Dertien is te jonk om alleen rond te loop en aan jou eie lot oorgelaat te wees. Ek is sommer kwaad/hartseer vir hierdie kind se onthalwe.

afrikaans ·

Ek is skoon lam net 13jaar, die lewe is geeneen se speelmaat nie. Here ek pleit by u beskerm ons kinders groooooooooooot asseblief. Ek kry so seer vir die mamma en die dogter.

Rudy Maritz ·

Sommige Afrikaners walg my grensloos. Hier is ‘n ma, desperaat tot die ore toe, en al wat julle doen is oordeel en van beter weet. Wat nog erger is, is dat die meeste kritiek van sogenoemde moeders kom. Watter kommentaar moet ons lewer die dag is jy jou kind as vermis aanmeld en ons hulp nodig het om haar te vind? Watter verwyte sal jou die beste pas? Hoe sleg wil jy he moet ons jou uitmaak as Ma? Laat maar weet.

Erika ·

Ek stem so saam met jou. Genade mense sal altyd iets soek om oor klippe te gooi. ?

Theresa ·

Absoluut! Die moeder skreeu om hulp op die bes moontlike manier – hier tussen mense wat moet empatie, simpatie en HULP verleen op enige manier. Vir die groot foutvinders: as ‘n meisie noem sy wil wegloop, sal sy in elk geval tien teen een nie sê waar sy heen gaan nie. Gaan die Pienk Ladies hier help? Dit is so ‘n wonderlike organisasie wat help om mense op te spoor! Mag hierdie meisie vining haar ouers kontak.

Yolande ·

Ja wel dis feite. Dis hoekom ons ouers is ne omdat ons bietjie verder moet dink en die welstand van ons kinders altyd op die hart moet dra. Die kind soek al baie lank om hulp as mens na haar fb profiel kyk. Jy kan nie in vdag se tyd onbetrokke wees by jou tiener kind nie! Daar is net te veel vieslike goed daar buite!! En soos die spreekwoord lei spyt kom te laat. My kind, n seun al 19 laat hy waag om n vieslike comment of foto te plaas op sosiale netwerk dan is dit nou ek en hy. Dis jou Godgegewe plig om na jou kind om te sien en dit my vriend is die waarheid en nie judgemental nie want raai wat gebeur as jy jou plig versuim? Presies dit wat nou met die kind gebeur en dan is trane te laat…

Michelle ·

Ek stem saam jou Rudy. Komaan mense wees eerlik dit is nie maklik om tieners nou groot te kry nie. Jare terug was daar nie selfone en sosiale media soos vandag nie. Sterkte mamma ek hoop julle vind jou dogter!!

'n moeder ·

Ek stem 100% met jou saam! Dink net hoeveel meer selfverwyd hierdie ma gaan hê as sy al hierdie goed lees. Ons as ouers doen maar wat ons kan, na die beste van ons vermoë. Ons is ook net mense.

msp ·

Rudy, ek stem saam met jou. As ouer het dit met my ook gebeur en ek ken daai gevoel. Gelukkig het dit n goeie einde gehad. Hoop julle spoor die kind gou op. Op daai ouderdom dink baie kinders hulle weet beter. Sterkte en julle is in my gebede.

Juanita ·

Ek stem saam. Gelukkig is díe klomp almal perfek en het nog nooit ñ fout gemaak nie. Dit begin met “ek wil nou nie oordeel nie” en “ek wil nie klippe gooi nie….MAAR”… en dan kom die veroordelings en word die klippe gegooi vanaf die hoë troontjies. Hou op om die mamma te skop terwyl sy alreeds lê in dak en as. Hê ñ bietjie empatie. As jy incapable is om opbouende woorde te gee, bly dan liewer stil.

Veritas ·

Ek wil nie swartgallig klink nie maar as ek reg is, is dit ontvoering wanneer iemand van daardie ouderdom van sy huis weggeneem word sonder die ouers se toestemming. As die oortreder dit weet gaan hy seker maak dat sy hom nie kan identifiseer nie. Al wat nou gaan help is gebed.

annoniem ·

Sterkte weet hoe bekommerd jy moet wees my meisiekind het ook vir 2 weke weggeraak met verkeerde mense deurmekaar geraak – Ek dank net die Here sy was weer gekry ook deur diep dinge gegaan haar uit die gopse gaan uithaal vandag is sy gelukkig getroud met n ou seuntjie en vandag besef sy waardeer sy ons gesit het – Bid vir jou Mag God haar veilig hou AMEN

Frikkie ·

‘Veritas” Die kind moet moet eers gevind word voordat enige iets kan plaasvind. Kom ons hou hande vas en bid vir die ouers, familie en vriende naaste aan haar. Ek kan myself nie indink wat die ouers nou deur gaan nie. Ja, as ons kinders maar eerste wil praat voordat hulle tot so ‘n stap wil oorgaan. Ek self as ouer vra alle jong kinders om jul ouers in julle vertroue te neem. As julle nie met hulle kan of wil praat nie, gaan praat met iemand wat jy kan vertrou predikant, maatjie of hulle ouers of iemand andres. Julle moet besef daar sal altyd iemand wees wat sal luister. Ek sal die ouers in my gebede op dra wees verseker

Ook 'n ma ·

13 jaar oud en dis heel toelaatbaar om by ‘n VRIEND te gaan slaap….hmmm okay…’n vriend is mos ‘n man is dit nie wat het die ma gedink gaan gebeur… wens mense wil wakker skrik in die lewe…in vandag se lewe gaan ontmoed jy eers die mense by wie jou kind moet oorbly hoop regtig die kind word gevind en dat haar vroulikheid nie van haar af weg geruk is nie.

Ekke ·

Artikel se “vriende” …
My kids praat nie van “vriendinne” nie.

Gooi geen klippe ·

So mooie jonge meisiekind. Here laat hierdie pragtige engeltjie veilig wees, waar ook al sy haar bevind. Ek self gaan nie klippe gooi nie, maar ek stem saam, in vandag se dae wat alles so onderste bo gekeer is, moes die moeder eerder die vriende of ouers van die vriende eers ontmoet het, hulle kon ingery het, ek verstaan sy het na ‘n tweeling gekyk, maar my kinders het nêrens gegaan sonder dat enige van hulle vriende en die se ouers NIE geken het NIE, ek het eers die vriende en die ouers leer ken. EK GOOI NIE KLIPPE NIE, ek hoop regtig hulle vind hierdie prag kind ongedeerd.

Liza ·

Dit is vreeslik… Ek gaan nie klippe gooi nie, die mamma gaan deur hel. Ek bid ons Hemelse Vader se Hand van bewaring oor die kind en haar familie…. Hoop sy word spoedig gevind.

foxi ·

Onder GEEN omstandighede moet n kind uitslaap nie. NIE eens by familielede NIE! Tensy jy doodseker is jou kind is veilig by familie. My kleinkinders ry nie eens saam met n kerk of skoolbus na n geleentheid toe nie. Hul ouers laai hulle self af en tel hulle self op. N selfoon nr word op die kinders arm geskrywe net ingeval iets gebeur. Dit klink te oorbeskermend, maar dit is nodig om so te wees. Tieners vandag dink net aan om ‘IN’ te wees. Wil ‘COOL’ wees.
Probleme begin hier van 12 jaar af. Die ouer en kind moet in oop gesprek met mekaar wees. Wie is baas en wie is klaas. Vertroue en respek moet hand aan hand deel wees tussen ouer en kind. Jammer hierdie kind word vermis……..maar hier moet die ouers die skuld kry!.

Susan ·

Sjoe! My kind van 13 slaap by NET 3 vriendinne – wie se ouers ons al JARE ken. Sy word voor ons oe opgelaai of ons laai haar self af. Ons bel haar op haar sel voor ons bed to gaan, al ken ons die ouers goed. Sy loop NERENS sonder een van ons nie – ek gee nie om HOE gek dit klink nie – een ding wat ek wel weet, is dat my kind nie sommer weg sal raak nie. Mens kan nie veilig genoeg in vandag se lewe wees nie. Sterkte aan die ouers, hoop die meisitjie is vinnig weer by die huis.

Andrea ·

Hoop nie jy moet ooit jou woorde sluk nie. ‘n Mens kan ongelukkig nie 100% beheer uitoefen oor ‘n ander mens – jou kind – nie. Dinge gebeur, planne verander, en hul laat jou nie altyd weet nie, om watter redes ook al.

Ek het drie tieners, ek hou eerder my mond, en bid dat die pragtige meisiekind ongeskonde gevind word.

annoniem ·

Susan ek hoop nie jy moet eendag vir hulp vra nie. Kinders word ouer en ontmoet verkeerde mense op hulle pad!!!

C ·

Jy ken nooit regtig iemand nie Susan, daai vriende wat jy en jou man al vir JARE ken kan ook van die siek mense wees, jy kan nooit se jy ken iemand goed nie, jy ken die mens wat hulle wil he jy moet ken, ek weet van baie ouers wat gedink het hulle ken mense al vir jare en baie goed maar dan is dit daardie mense wat al vir jare skade doen aan hulle kinders. Moenie te vining oordeel of besluite maak oor mense nie. Jy sal verbaas wees om te weet wat in ander mense se koppe aangaan.

Antie ·

Face Book bly ‘n euwel vir hierdie jong kinders en vroue wat op soek is na liefde. Wanneer wil hulle leer mens tel net moeilikheid daar op en sommer groot moeilikheid. Ouers moet asseblief ook wawyd wakker wees en kyk na wat kinders mee besig is op daai duiwels boek.
Ek baklei daagliks met een van my kleindogters met die selfies wat so pryk op haar Face book. Dit is ‘n uitnodiging vir mense wat niks anders het om te doen as om jong kinders in hulle network in te lok met allerhande sowtsappige stories nie. Ek bid regtig vir hierdie ourers want dit is absoluut die grootste bekommernis wat ‘n ouer kan het as so iets met jou kind gebeur. Hoop hulle kry haar ongedeerd.

koos ·

Hoekom wil daai PVT speeder R9000 he. help die ouers dan praat jy later geld ou maat.My suen 15 dreig ook om weg te loop gereeld.Ek hoop julle vind haar en dat sy veilig is..

Rudy Maritz ·

Geld is mos vir ander belangriker as mense. Ek het self ‘n facebook marketing company gevra om die post te publiseer in facebook Groups, maar hulle wil eers betaal word voor hulle dit doen. Terwyl tyd ‘n kritieke faktor is, soek mense eers geld voordat hulle help. Ek betwyfel regtig die Suid Afrikaners se menslikheid.

A ·

Botha, ek sou baie bekommerd gewees het as ek hierdie mamma was.

Ons kan maar net baie hard bid dat ons kinders bewaar bly van al die slegte invloede wat hulle elke dag moet deurmaak.

Ernest Peo ·

ek kan glad nie slaap terwyl my kinders uit is nie . my kinders raak kwaad omdat ek die heeltyd hulle whatsapp om uit te vind waar hulle is maar ek gee nie om nie ,hulle kan maar kwaad raak.

Ada ·

Is die Pink Ladies al betrokke?
Hulle kan wondere verrig – kry hulle asap betrokke.

Rudy Maritz ·

Volgens berigte op facebook is die Pienk Ladies reeds betrek en plaaslike radio stasies, KFM en RSG het reeds daaroor berig.

Marietha Nel ·

Die wat klippe gooi is juis die wat self baie foute het. Liewe hemel, die ouers is platgeslaan en julle kom skop nog terwyl hulle lê. Ek is ‘n ma wat ‘n kind verloor het en ek weet waarvan ek praat, dit is nie lekker nie. Wees soos die Liewe Vader wil hê ons moet wees, met deernis en simpatie.
Die wat wil oordeel, woon in glas huise.

Werner ·

Hoe is dit moontlik dat n ouer nie die naam, telefoon nommers of adres het van waar hul jong tiener gaan oorslaap nie?? Dit is die feite: Haar ouers het nie die gegewens om vir die polisie te gee nie. Maw. sy word op en af gelaai, gaan slaap oor, en hul weet nie waar nie? Hulle het nie eers n naam nie….. Daar is siek mans daar buite?Presies! Daarom, mnr en mev Muller,moes julle die details gekry het van waar jul kind heengaan. Dit is vir my n groter skok as die feit dat sy weg is dat julle nie eers – in hietdie bose dae- daardie detail gekry het nie. Aanvanklik het ons gedink syt in Vredekloof verdwyn, wat n groot skok is,want hierdie area is die veiligste in SA met patrollies dag en nag. Wat hier aangaan is nalatigheid van die ouers wat nou paniekbevange die publiek bysleep. Die publiek kyk na die mooi foto en dink arme kind arme ma, terwyl hulle self hiervoor verantwoordelik is. Dis duidelik dat daardie kind weggeloop het en nie uit Vredekloof gesteel is nie.
Kinders is ons kosbaarste besitting, ons verantwoordelikheid, pas hulle op!.

Pat ·

Hul bly in Vredekloof Hoogte, die kompleks is net agter die sink kerk.

Leonie ·

Foon kan steeds opgespoor word al is die simkaart uit. Al wat benodig word is die IMEI nommer. Polisie kan dit doen en is bewus daarvan.

Ellie ·

Ek hoop hulle vind haar spoedig en ook dat sy ‘n goeie pakslae kry vir die hel waardeur sy haar familie sit.

elsabe ·

Pleks mense bid vir veiligheid van dogter en hou op beledigend wees

Hanna ·

Ai alle sterkte aan die ouers, hoop en bid hul kry haar veilig. Ekt self 16 jarige dogter, moeilike rebelse ouderdom, vat ook maar kanse, maar mens MOET ongelukkig vandag tougj love toepas. As ek nie my kind self kan gaan aflaai en gaan haal nie, gaan sy nêrens. Ek sal net dat die ouers haar self by ons huis kom haal, as ek hul goed ken. My kind slaap nooit oor by vreemde mense nie. Tieners gaan deur “weg loop van huis” stadiums, dis juis dan wanneer mens hul soos polisiemanne moet dophou. My kind het 1 keer vir my gejok oor waar sy was, en glo my, sy sal NOOIT weer nie. Kommunikasie is so, so belangrik met tieners. Die tiender lewe van vandag is baie straf en moeilik. Kids verval so vinnig in depressie. Mens moet ongelukkig in vandag se tyd streng wees, eks eerder streng, as wat ek agterna huil en myself verwyt. Weereens alle sterkte. Gaan asb op jul kniee en bid vir jul kind en haar veiligheid.

Tanya ·

Ek oordeel glad nie, ek wonder maar net…. Hoe laat mens jou 13 jarige dogtertjie sommer soms net oorslaap vir ‘n hele naweek lank? 13 jarige ouderdom is ‘n baie “deurmekaar” stadium vir ‘n dogtertjie van 13 en ek dink nie ek sou my dogtertjie kon laat uitslaap op 13 jarige ouderdom nie. Eintlik op geen ouderdom terwyl sy onder my dag sou wees nie. Hoop hulle vind haar veilig.

Henri ·

Ek bid dat die kind iewers veilig is. Ek wil ouers net waarsku oor kinders se fb profiele. As sy my kind was sou ek al lankal bekommerd gewees het oor haar gemoedstoestand asook die fotos wat sy van haarself op sosiale media geplaas het. Miskien kan ‘n speurder iets uit haar gesprekke (‘shares’) met ander mense ondersoek.

Priscilla ·

Daar is te veel ouers wat hulle kinders se pêlle wil wees….,,Jy is nie jou kind se maatjie nie, jy is eerstens die ouer en daarmee saam kom sekere pligte. Kinders grootmaak is harde werk. Maar ons gee eerder vir hulle selfone en internet en hoop vir die beste…..

Jane V ·

Die storm-en-drang jare is ongeveer op 13/14 jaar. Ons as ouers moet baie geduld en insig hê, ons was self daar! En hierdie mammie het nog ‘n tweejarige tweeling, “terrible Two’s” x 2, so daar is baie druk op haar. Die tiener het dalk liefde en aandag gekort en dit by ‘n skurk gekry op sosiale media. Geen verskoning, ek weet, maar hier is baie veranderlikes betrokke, en nou is dit ‘n krisis. Ek hoop en bid sy word gevind.

Tracy ·

Vader, in die Naam van Jesus help!!!! Ek oordeel nie ouers nie, ek self het as kind weg geloop al het my ouers net die beste vir my gegee. Vandag is ek spyt want my pa het rond gery en middernagtelike ure van bekommernis my gaan soek in elke kuier plek ens. Here help daardie kind asb. Bring haar terug na haar huis. Kimders soos ek ook maar was dink die gras is groener. Sterkte!

botterblommetjie ·

Ek is baie bly my seun is 23jaar oud. Ek wil nie vandag ‘n tiener hê nie. Dit is asof “rebels en plein ongeskikheid” ‘n kiem in die lug is. Ek het ‘n baie gehoorsame en oulike seun gehad. Self was ek ‘n streng ma, wat reels neergelê het. Tog is ek jammer om self te sê dat hy nou ook ‘n mislike streek in hom het. Ek sien dit met my sus en broers se kinders ook. Die kinders maak en breek soos hul wil. Jy het geen beheer oor hulle nie. Ek neem die vrou nie kwalik nie. Niks wat sy sou doen of sê sou die voorval voorkom het nie. Respek is lyk my onder “quarantine” geplaas en tans nie beskikbaar vir algemene gebruik vir kinders, tieners en jongmense nie. Groet is ook ‘n optionele ding. Tyd dat oom en tannie en grootmens weer betekenis op die bas kry. Die “toekoms” van ons land lê in die hande van ‘n rebellie, ongeskikte, eieregtige jongklomp… Dalk vir so ‘n maand alle tipes sosiale media stopsit…

Mariaan ·

Mag hierdie mooi kind veilig tuis kom…en ons dink aam haar mamma MAAR ek dink nie ons gooi klippe nie..dis net 13 jarige kinders kan nie soveel vryheid geniet in so n onveilige land soos die nie…mag hierdie hartseer vir ouers daar buite wys…PAS JUL KINDERS OP…..

RB ·

Botterblommetjie nou hoe het ons tot hier gekom. Het die meeste van ons besluit om nie die harde pad te loop en opvoeding toe te pas nie?

LVC ·

Ek wil maar nou net my mening lig, ek sal het gebly in Vredekloof. Afhangend van watter kompleks jy was, kon jy die besoekers soms nie in die kompleks in nie oor die kompleks meer worry oor die parkering as veiligheid. Maar nou afgesien van my probleem met die kompleks waar ons was, wie in vandag se lewe laat toe dat hulle kind oorlsaap – maar nie eers weet waar die oorslaap is of by wie nie, nou ja…. Maaitjies kan saam lieg, maar geen OUER (wat enigsins omgee) sal help met die liegspul nie. Ek het gisteraand bietjie deur comments op facebook gegaan, en een persoon het gesê gaan kyk na haar profiel. EK SKAAM MY DOOD!!! Die 13-jarige dogter se goedjies wat sy opgelaai het, en die tipe mense met hulle comments op die fotos???? Mens hou mos jou kinders se ‘social presence’ dop! Enige van die vele manne wat daar gecomment het kon haar in ‘n storie intrek. ek is 26 – maar ek onthou hoe my ma my goed dopgehou het. Vodacom het daardie tyd ‘n FindMe storie gehad en my ma het kort-kort my getoets of ek die waarheid praat. My ouers was ook nie links nie, maar het soms opgedaag by vriende net om seker te maak ons is wel daar. Daardie tyd was dit Mxit; as ek nie op enige oomblik wou foon oorgee om te wys waaroor ek praat en met wie nie, kon ek maar vergeet het van die foon hou.

LVC ·

Ek voel werklik vir die ma, regtig – maar hoeveel keer moet hierdie tipe ding gebeur. Nou die wegloop storie, hoe kom jy nie agter daar is fout met haar nie??? Sekerlik het iemand (of die ouers/of die skool) agter gekom iets is nie meer pleis nie? Ek sidder om te dink dat in vandag se lewe ek nog my kinders moet inbring. Mens weet nie altyd wat in ‘n kind se kop aangaan nie, ek was ook maar lekker rebels – maar mens MOET die ekstra meil loop vir veiligheid. Ek hoop sy word gevind, en as dit is dat sy weg geloop het – hoop ek sy kom na vore oor wat haar gepla het en dat die wat gehelp het dat sy so spoorloos verdwyn ook gestraf word.

Maritza ·

Stem LVC – kind van 13 behoort nie ‘n facebook rekening te he nie.

Meisies is mooi en hou van komplimente maar word met goedkoop opmerkings beloon.

baie hartseer.

Pieter ·

Die meisie is in plett ,knysna of mosselbaai as ek moet raai
Saam met n 19 jarige ou of iets
Is ek al een wat duidelik kan sien sy het weg gehardloop ?

Maritza ·

Joh Pieter maar jy is spesifiek!! Seker van jou feite?!

19jarige seuns wil nie legkaarte saam ‘n meisie bou nie.

Syt dan so pas haar kinderlike onskuld weggegooi vir iemand wat nie eens beplan om die res van sy lewe saam haar te spandeer nie.

Maritza ·

13!!! en vriende laai haar op?

Hoe oud is die vriende?

My seun is byna 15 en ek sal nie dat vriende hom oplaai nie.

Ek wil weet wat kinders se name is en ons vat hom soontoe ontmoet die ouers, soek nommers, name als en dit is nie elke week se ding nie huh-uh.

Pieter ·

Maritza

Ek is met die helm gebore soos die ou mense se . Ek is egter nie 100% altyd reg nie. Ek hoop maar dis die geval die keer.

Jong mense hardloop na plekker waar almal vakansie hou……ons kyk maar

Rudy Maritz ·

Ek is met ‘n hele motorfiets gebore en nie net ‘n helm nie, en in my beskeie mening sal ek maar vertrou dat die polisie genoeg vals inligting kry en daardeur sif om tot die waarheid te kom.

vytjie ·

IN DIE NAAM VAN JESUS. HERE U OE DEURKUIS HIERDE AARDE. LAAT HIERDIE JONGKIND GEVIND WORD. IN JESUS NAAM. DANKIE HERE. HERE MAAK ALBEI ONRUSTIG SODAT SY NA VORE KAN KOM.

Ronel ·

As ‘n mamma met twee dogters daardie ouerdom, voel ek julle pyn en wil my hart breek! Ek bid dat julle haar gou gou gaan kry en alles net misverstand was! Weereens leer ons uit sulke situasies en is soms naief om te dink so iets kan nie met jou gebeur nie en besef nie altyd die belangrikheid van goeie verhoudings tussen ouers en hulle kinders en om net te wag en te kyk dat hulle veilig in ander kar klim of huis ingaan. Ai ek bid regtig vir julle!

Ai Ai Ai ·

Dit is nie moeiliker nie.
Huur nationale Privaat Speurder Janine van Rensburg. Sy en haar spannetjie het die Meyerton meisies opgespoor.
Sodra die kaart uit die foon is. Dan skakel jy oor na Imei Trace. Dit tel dan ook die nuwe nommer op.
Dis tyd dat ouers begin Wakker skrik.

Angie ·

Not to mend but Anchen was a good friend of mine and I know her mom, she cares and loves Anchen alot but she also has to take care of two twins as well so please try to be nice as she is also grieving and worried.
Anchen also love’s her family and would never run away, no matter what she said to whomever.. I know as a teenager that we all say things out of anger but we don’t always mean it so guys I know that you all mean well but please try to be supportive and less judgemental

Ai Ai Ai ·

R9000 for an Imei trace.
It cost R1500 to do it.
This PI whoever he is. Is stealing from you to charge you so much. R7500 profit!!!

karen ·

Sterkte vir my die ouers Vergewe jul self – my liewe sussie het jare gelede weggeloop ….. as iemand haar vandag vra hoekom sy dit gedoen het bekyk sy verontwaardig en vra waarvan jy praat. Dit het ons hele gesin opgebreek. my ma het dag en nag getreur my pa het na sy dag-werk sy dogter gesoek. Haar 2ling boetie het vroeer skool verlaat en ons 2 kleintjies kon doen wat ons doen. Die man wat haar geglo het dat sy die slegste familie het en op die hoek opgelaai het is van ontvoering aangekla en agter gelaat met kriminele rekord. Nee wat as kind wil wegloop sal sy wegloop en als en almal vernietig wie haar groot gemaak het. Treur oor haar en gaan aan met jule huwelik en lewe – miskien sal sy terug kom maar glo sy sal nie skaam wees of spyt wees oor wat sy gedoen het…..

Sê maar net ·

Liewe Vader beskerm dié kind en gee my die wysheid en insig om my twee jong kinders vlgns U wil en op U weë groot te maak

Pikkie ·

Baie sterkte aan haar ouers en familie. Ek hoop sy word baie gou gevind.
Ek het n baie nare gevoel oor beide haar Fb profiele – ek dink nie dit is sy wat daar pos/gepos het nie. Iets is hier nie pluis nie!! Ek het n gevoel dat iemand haar wil uitmaak as n goedkoop meisie. Ek dink mens moet dieper kyk as wat geskryf en gepos word.
Ek hoop regtig dat sy gevind sal word en dat sy ok is! Ek sal bly bid vir haar veilige terug keer!

lynni ·

Ek lees op netwerk24 hul het haar foon nagespeur tot Bishop Lavis.

Lydia ·

Volgens Netwerk24 is sy gevind. Maroela Media sal julle asb net die artikel op datum bring.

Rina ·

Die probleem is ons vertrou ons kinders en hulle misbruik dit . Die kind se ma het haar vertrou. Hoekom altyd die fout by die ouers soek?

Johanné Steyn ·

Ons land lyk so omdat die ouers nie meer die roede gebruik nie: Spreuke 20:30 “‘n Pak slae laat ‘n mens ophou kwaaddoen; dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad. Spreuke 22:15 “Onverstandigheid is eie aan ‘n jongmens, maar ‘n pak slae haal dit uit hom uit. Let wel, pak slae, nie mishandeling en woede nie. As jy teen ‘n pak slae is, is dit omdat jy jouself nie vertrou met die hantering van jou woede nie. Ek het 5 baie suksesvolle kinders met ‘n pak groot gemaak.

VanAfrika ·

My seun het in die middle van sy matriek jaar uit my huis uitgetrek, het vir my gese ek is te controlling, Dit was in 2014, het hom weer vir die eerste keer gesien op 27 Jan 2017 toe sy ouma oorlede is. Hy is onder gewese skoonma en skoonsuster se invloed, hy het nie eens sy 21ste saam my gevier nie en is saam hulle see toe vir hierdie spesiale geleentheid wat ek nooit weer sal terug kry nie. En ja, ek was n controlling ma. Het hom gas gegee saam met verkeerde vriende, het hom getrace net waar hy gegaan het, was tot by sy matriek dans, het buite gesit en wag en dis wat ek gekry het vir my contolling metodes. As tieners wil nonsens aan jaag, gaan hulle!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.