Ma pleit onskuldig ná dood van kinders in NZ

Die Dickason-gesin. (Foto: Graham Dickason, Facebook)

Die Suid-Afrikaanse ma wat teregstaan vir die moord op haar drie jong dogtertjies in Nieu-Seeland het Vrydag onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar.

Lauren Dickason sou net na 09:00 (NZ tyd) in die hooggeregshof in Timaru verskyn het, maar is weens haar psigiatriese toestand van die verrigtinge verskoon.

Die 40-jarige ma word steeds in die psigiatriese eenheid van die Hillmorton-hospitaal in Christchurch aangehou, berig NZ Herald. Sy is verlede maand in dié hospitaal opgeneem nadat sy vermoedelik haar dogters Liané (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla, vermoor het.

Sy sal na verwagting hier aangehou word – in plaas van ʼn plaaslike gevangenis – totdat haar toestand verbeter of haar verhoor in Maart volgende jaar begin.

Plaaslike media en familie van die vermoorde kinders kon virtueel by die hofverrigtinge inskakel.

Dickason het ná afloop van die verhoor ʼn dokument van haar onskuld onderteken wat aan haar regsverteenwoordiger oorhandig is.

Stuff.co.nz, ʼn digitale nuusplatform in Nieu-Seeland, berig dat Dickason se verdediging en die staat albei onafhanklike psigiatriese verslae oor haar toestand aan die hof sal voorlê voordat haar saak op 17 Desember hersien word.

Dickason sou vroeër vandeesmaand ʼn gesondheidsassessering ondergaan het, maar die hof het die tydperk vir dié evaluering verleng.

Luidens berigte is ʼn aantal hofbevele steeds van krag, insluitend een wat die publikasie van besonderhede oor die saak verbied.

Die Dickason-egpaar het sowat ʼn week voor die moorde uit Suid-Afrika saam met hulle kinders in Timaru aangekom en was aanvanklik in kwarantyn in Nieu-Seeland.

Graham Dickason het vroeër gesê hy het reeds sy vrou vergewe en het mense gevra om vir haar te bid.

Ná afloop van die dogtertjies se dood is herdenkingsdienste in Timaru sowel as in Suid-Afrika gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Tanya ·

Sterkte vir almal betrokke. Dis ‘n verskriklike situasie…

Shakespeare ·

Die “swart hond” het haar denke vernietig. Erg traumaties.

Elinette ·

Aan die drie “afduimpies” hierso …. gaan dink mooi: depressie is ‘n WERKLIKE SIEKTE. Dis nie iets wat ek vir ENIGE IEMAND toewens nie. Kom ons praat weer as JULLE, of iemand naby aan julle, so depressief is, dat selfmoord na die enigste opsie lyk. Vir my, is “die Dag” die 25ste Oktober, die 2-jarige herdenking van my ma se dood.

Annelize ·

Ek self was al in die diepste gat van depressie, en ja, dis ‘n werklike siekte soos bronchitis en alle ander siektes daarbuite, en ek myself het al selfmoord gedagtes gehad, maar nooit om my kinders enige skade aan te doen nie.

Almal neem nou aan dit is depressie, maar ek is van mening hier is baie groter psigiatriese probleme as net depressie.
Ek het my teorie en bespiegeling oor wat hier gebeur het, maar dis wat dit is vir nou, my teorie en bespiegeling. Sal met verloop van tyd sien of ek reg was.

james ·

Iets moes baie, baie verkeerd geloop het in haar lewe, dit is werklik tragies my hart gaan uit na haar, haar familie en ook die oorlede kinders, mense moet asb waak teen gevolgtrekkings maak, hierdie is ‘n erg ongewone situasie “Hemel se Vader gee vertroosting aan hierdie familie in hierdie donker dae en stort U liefde uit oor hierdie drie kinders Amen”

Nici ·

Ek dink ‘n ouer wat hul einde bereik het psychologically en onbeplan iets doen het al vantevore gebeur. Wat ongewoon is is dat sulke ma’s gewoonlik nie soveel ondersteuning geniet nie en mense wat verstaan nie. Covid se isolasie bevele is uniek maar daar was al baie ander voor haar wat deur geweldige isolasie en druk gegaan het agv hul persoonlike omstandighede.

Bjorn ·

Daar is GEEN verskoning vir iemand wat hulle kinders vermoor nie, of hulle nou kranksinnig is of nie!

ES ·

Dis so so tragies en so ‘n ongelooflike hartseer situasie. Ek hopo regtig sy kry die hulp wat sy kort en dat sy op die ou einde haar straf sal uitdien.

Bjorn ·

Ek wonder of die manse wat jou ‘downvote’ het die rugmurg sal he om te kom verduidelik hoekom hulle nie saam stem nie

melW ·

Ek is nou so keelvol vir oordeel. Dit was nie ń “urge” nie, dit was ook nie met voorbedagte rade nie. Sy het totaal geknak en vir baie redes wat ons nie nou verstaan nie. Reg is reg, verkeerd is verkeerd, absoluut. As sy so wreed was sou sy nou in aanhouding wees in ń gevangenis, maar sy word gemonitor in ń eenheid vir evaluering. As sy die “urge” gehad het om haar dogtertjies te vermoor het sy baie tyd gehad voor die gesin verhuis het na NZ. Die gereg sal sy gang gaan, maar dink aan Gordon en sy verlies, ek dink hy ly so om te lees hoe word sy Lauren gehang nog voor daar mediese en psigiatriese diagnose is. Hy het gesê ” Ek het my Lauren al klaar vergewe, sy was ook net ń slagoffer”. So geniet die klippe en rotse gooiery, bid vir Gordon en as julle kan, ek bedoel “KAN” en bid vir Lauren ook onvoorwaardelik. Wees die christene wat ons behoort te wees. En so tussenin ń klip in die bos, wie van julle is sonder sonde? Ek gee nie om wat se negatiewe kommentaar ek hier gaan kry nie.

thejudge ·

“geknak” sê jy? Daar bestaan nie so iets nie. Pure evil.

Bjorn ·

Die manier op wat jy die uit redeneur moet laat die mense wat jou ken se alarms laat af gaan, jy simpatiseer met iemand wat neig na kinder moord. Dit se baie van jou eie persoon en wie jy is. Iemand wat eers die punt bereik waar hulle n kind kan vermoor behoort nie in die samelewing saam met mense nie, of hulle mal is of nie, hulle is n gevaar vir ander.

melW ·

Mense wat my ken en nie ken nie is deel van my pasiënte, ek is al 20 jaar ń Kliniese sielkundige en glo my ek het al alles gesien en werk daagliks met mense wat die pad verloor of wat met onderdrukte sielkundige afwykings leef. I rest my case. Seëninge vir julle almal.

melW ·

Dit is bespiegeling, is die kabels gekry en is dit openlik in die media verkondig deur die Polisie en koerante, haal asb die uittreksel aan. En al was die moordwapen kabels, is dit bo menslik om net die dead te verstaan. Laat ons almal saam staan al is dit net vir Gordon en Lauren se familie.

Annelize ·

Ken jy die mense persoonlik melW dat jy die saak so bepleit?

Onnie ·

Dis bietjie vreemd. Ek dog dis n uitgemaakte saak – n.a.v haar man se pleidooi dat mense vir haar bid en haar vergewe aangesien hy reeds het…?? Pleit sy onskuldig omdat sy nie die moorde gepleeg het nie, of omdat sy nie by haar volle positiewe was toe sy dit gepleeg het nie?

piet ·

Wil seker die verskoning probeer dat sy so van haar kop af was dat sy nie toerekeningsvatbaar was en geweet het wat sy doen nie. Good luck with that.

Wat Wou ·

Ai, die arme vrou. Ek oordeel jou nie, jy moes deur hel gegaan het. EN ja Onnie, julle ouens voel seker party dae ook om party kinders se ouers so n bietjie rond te pluk. Hulle kan n mens tot raserny dryf.

Bjorn ·

sy moes deur hel gegaan het….rerig? Sy het haar kinders vermoor, maar ja kyk vir haar was dit seker erger….wat is fout met jou

piet ·

Die arme kinders moes deur hel gegaan het om so ‘n verskriklike dood te sterf.

dr. Petronella ·

Dis ongelooflik hartseer, maar êrens is iets nie reg nie. Hoekom sou sy onskuldig pleit? Sy is nie verstandelik gestrem nie. Sy het net depressie. Sy weet wat gebeur het! Ons sal met die verhoor wel uitvind wat gebeur het.

annie ·

Jammer dat die moeder nie haar kinders se nanny kon saam neem nie. Sy moes vroeër daaraan gedink het. Nou is dit te laat…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.