Ma pleit skuldig ná sy baba probeer verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy haar babaseuntjie op die advertensiewebwerf, Gumtree, wou verkoop, het Maandag in die Pietermaritzburg-streekhof skuld beken.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die vrou, Zama Bongiwe Madlala, het skuld beken op aanklagte van mensehandel, geldwassery en oortreding van die Kinderwet.

Die saak is tot 29 Februarie uitgestel, wanneer Madlala na verwagting gevonnis sal word.

Madlala is in Oktober deur die Valke in hegtenis geneem, nadat sy ʼn advertensie geplaas het waarin sy haar 19 maande oue babatjie vir R5 000 te koop aangebied het.

Iemand het die advertensie gesien en die polisie daarvan in kennis gestel. Die Valke het ʼn lokval vir haar gestel. ʼn Ontmoeting is gereël, die geld is aan haar oorhandig en sy het die baba aan die lede oorhandig, waarna sy dadelik in hegtenis geneem is. Die R5 000 is teruggekry en die baba is in die sorg van maatskaplike werkers geplaas.

Ramkisson-Kara het gesê Madlala is tans onder huisarres.

'n Skermskoot van die advertensie.

‘n Skermskoot van die advertensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Fantastiese samewerking tussen publiek en Valke!! Mag die kind by ouers geplaas word wat ‘n kind waardig is.

Deloris ·

Mag haar gewete haar ry vir altyd. As sy nie die kind wou het nie gee af vir aanneming, maar nee geld GELD GELD !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.