Ma rasend ná 19-jarige verdwyn

Monica Barnard (Foto's verskaf deur Louise Loubser; grafikasamestelling deur Platinum Bushvelder)

Monica Barnard (Foto’s verskaf deur Louise Loubser; grafikasamestelling deur Platinum Bushvelder)

Die ma van die 19-jarige Monica Barnard is rasend van bekommernis nadat haar dogter reeds op 7 April in Lephalale (Ellisras) verdwyn het.

“Dit is nou al byna vier weke en daar is nog steeds geen teken van my dogter nie,” het Louise Loubser aan Maroela Media gesê.

Monica het die oggend omstreeks 01:00 verdwyn. Sy het ʼn swart hempie en swart sweetpakbroek aangehad.

“Ek en my dogter het die Woensdag nog oor WhatsApp met mekaar gesels en die aand nog gelag en grappies gemaak,” vertel Loubser. “Toe ek haar egter die volgende oggend bel, was haar selfoon se stempos aangeskakel. Later die dag het ek weer probeer, en haar selfoon was nog steeds afgeskakel. Toe ek die Donderdagoggend probeer om haar te bel en weer net by haar stempos uitkom, het ek onraad vermoed. Ek het haar kêrel, by wie sy tuisgegaan het, gebel en hy het gesê sy is die oggend omstreeks 01:00 weg.”

Loubser sê Monica het emosionele probleme en sy was positief om na ʼn rehabilitasiesentrum in Lephalale. “My dogter het nie dwelmprobleme nie, sy is net emosioneel.”

Monica het van Graad 9 by haar pa in Musina tuisgegaan en het in Graad 11 na Johannesburg weggeloop. “Ek en my kind was egter die heeltyd in kontak. Dit is wat my hierdie keer bekommer – dat sy nog nie met my kontak gemaak het nie.” Monica was daarna vir ʼn paar weke in ʼn kliniek in Randburg voordat sy vir ʼn paar maande by haar sussie in Witbank gaan bly het. Sy het hier ʼn paar skoonkursusse voltooi en het weer by haar ma in Lephalale gaan bly. Sy het by ʼn naeltegnikus begin werk toe sy die kêrel ontmoet en by hom ingetrek het.

Volgens Loubser het mense Monica intussen in Lephalale opgemerk, en hulle het uiteindelik bepaal dat sy saam met ʼn man daar weg is. “Hy voer aan hy het haar weer by die nuwe winkelsentrum afgelaai, maar ek kon nog nie van die polisie bevestiging ontvang dat hulle hom ondervra of bevestig het dat hy haar afgelaai het nie.”

Ao. Erika Oosthuizen, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hulle het nog nie enige vordering in die saak gemaak nie. “Ons het beeldmateriaal van alle sekuriteitskameras nagegaan en met die persoon kontak gemaak wat haar laaste gesien het,” het sy gesê. “Ons het ook verneem dat persone haar moontlik in Polokwane (Pietersburg) opgemerk het, maar ons het geen bevestiging dat dit wel sy was nie.”

Oosthuizen het verduidelik die polisie poog tans om inligting te kry vanaf Monica se selfoon. “Ons het ʼn netwerkondersoek ingedien, maar dit kan ʼn wyle duur.”

Loubser het gesê Monica het ʼn Pay As You Go-simkaart gehad, maar dit het intussen verval.

Monica is gemiddeld gebou en het donkerbruin oë en hare. Sy weeg ongeveer 70 kg en is 1,7 m lank. Sy dra gewoonlik oor- en neusringe. Sy het ʼn tatoe van ʼn luiperdspoor naby haar regteroor.

Loubser het verduidelik die naam op die vermistepersone-plakkaat is Monique Barnard, maar haar dogter verkies die naam “Monica”.

Enigiemand met inligting oor waar Monica haarself bevind word versoek om met die Lephalale-polisie in verbinding te tree. Kontak ao Ditsela by 014 762 1010 of skakel die Pink Ladies by 072 214 7439.
monica barnard 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Christelle ·

Ek is ‘n prokureur en werk tans saam met ‘n fantastiese privaat speurder op ‘n saak waar ek opsoek is na ‘n bedrieër wat spoorloos verdwyn het. Ek kan Armand van Quest Investigations regtig aanbeveel. Hy is in Benoni en elke sent werd wat hy betaal word. Gee asseblief vir Louise my epos adres as sy met my wil gesels oor hierdie opsie.

Anitha Queck ·

Louise se nommer 0822674254 . sy kannie vir dienste betaalnie asb

dankie tog ·

Maroela baie dankie dat julle dit geplaas het, uiteindelik is dit geplaas. Asb mense help soek, of net kyk waar julle ook al ry of loop of kuier

Veritas ·

As ek so tussen die lyne lees is die meisietjie so’n effense rebel. Dalk so’n bietjie gaan ronddwaal en kuier. Sy moes darem net haar arme ma laat weet het. Tannie as sy eendag huistoe kom, moet jy daai boudjies goed warm maak. Vir my klink dit of sy die Ma-Pa situasie goed misbruik het. Jammer as ek dalk verkeerd is.

Buitestaander ·

Ja nee dit lyk vir my na ‘n bedorwe brokkie. Speel ma en pa lekker teen mekaar af.
Ek hoop sy is veilig en besluit om van haar te laat hoor.
Sielkundige probleme of te nie.
Sy moet regtig ‘n les geleer word.
Dit is nie ‘n volwasene wat so optree nie.
Sterkte aan haar naas bestaandes en glo sy sal gou tot inkeur kom.

Anitha Queck ·

Dalk as dit jou kind was sou jy nie sulke snert kwytraak nie. Kyk jy nie nuus nie? Sien jy nie die wreedheid om jou nie? Seks slawe. Human traficing. Dwelms…. Nigeriers wat nie kan wag om n witmeisie n slaaf te maak nie. Word wakker

Hennie de Beer ·

Ongeag wat Monica se probleme ookal mag wees is die eerste prys dat sy nou lewend gevind moet word – sterkte aan haar ma wat deur absolute hel gaan.

Gesiggie ·

N meisie met probleme….wat nou net verdwyn? n man wat haar kop deurmekaar gepraat het? Ek hoop van harte dat sy haar verstand sal gebruik, en in kontak met haar Ma kom, ongeag wat? Monique…. keer terug na jou huis, sodat ander mense jou kan help met jou sielkundige probleem…Moet nie toelaat dat jou Ma deur al die hel gaan… Hoop om gou goeie nuus te ontvang… The Pink Ladys is baie op en wakker….Glo en vertrou.

Eliza-beth ·

Hene tog… dan bly sy by die pa dan by die kêrel dan by die dan by daai – wat ‘n onstabiele “set-up”. Regtig meisiemens, as jy dalk hier lees, doen die ordentlik ding en kontak jou arme ma. Dis nie asof jy haar nie alreeds hartseer besorg het met jou vorige probleme nie; kry skaam oor jou gedrag en word groot. Niemand se lewe is pal maansky en rose nie, maar mens sien probleme as uitdagings en oorkom dit. Sterkte aan die ma, vat haar asseblief vas en wys haar uit wat se probleme sy kan optel deur so onverantwoordelik op te tree – die wêreld daar buite is nie ‘n kleuterskool nie!

Anitha Queck ·

You did not walk a day in their shoes. Jy lees net watop die surface is en was. Voor jy so mildelik oordeel en jou mond uitspoel, se liewer dankie Here DAT dit nie jy is wat deur dit staan nie,want jy sou dit dalk nie gemaak het. Julle wat so gulsig met kommentaar is is aaklig.

Laurika ·

Al wat my pla is dat die kerel geweet het dat sy al 2 dae weg was, maar het haar ouers nie daarvan ingelig nie. Steek hy iets weg?

Sê maar net ·

Wonder ook oor daardie een. Of tensy hy te bang is om te praat. Hoe sal ons weet? Wat ek wel weet, is dat as hy regtig ‘n man was en omgegee het, sou hy die eerbare ding gedoen het deur haar nie te los dat sy kan loop nie en hy sou haar veilig terugbesorg het by haar familie. Maar ander se boeke is duister om te lees

Hannelie ·

Kinders het geen idee waardeer hulle ‘n ouer sit as hul soos die kind maak nie. Sy kort ‘n goeie preek. Ek hoop tog hul kry haar om haar ma berusting te gee. Sy klink rebels as ek die berig lees.

Allison ·

Om te preek help nie. Hulle sit en dink aan ander dinge terwyl jy praat. By die een oor in en by die ander oor uit!

Sarie ·

Ai en hoe oordeel ons nie hierdie verlore meisiekind nie. Is julle almal se lewens so perfek dat julle dadelik die fout plaas op die meisiekind? Niemand weet wat in haar lewe gebeur het nie. Niemand ken hulle omstandighede nie. Ek het al die pad gestap met ‘n rebelse jong tienerdogter, en ek weet wat die vrou en die pa deur gaan. Niemand is perfek nie, en dat die die ma sê die jonge dogter gebruik nie dwelms nie, is net emosioneel onstabiel, sê vir my meer as wat ‘n mens lees. Hierdie meisie se lewe is een of ander tyd omver gegooi en sy soek aandag en aanvaarding. Ongelukkig soek sy dit dalk op die verkeerde manier en sy vertrou nie haar ouers nie, anders sou sy na hulle toe gegaan het. Ek kan net sê ek hoop hulle vind haar gou en dat sy ongeskonde sal wees en dat hulle sal begin aan ‘n goeie verhouding werk – sonder verwyte. Dit kan gebeur. Ek hou hulle in my gebede.

AmY ·

Klink vir my maar na ‘n “wildchild”. Sy sal wel teruggaan huis toe as niemand haar meer blyplek aanbied of as haar geld op is. Ek sal beslis nie ‘n kind wat wegloop in my huis inneem nie. Te bang ek kom in die moeilikheid.

Gatvol ·

Amal het n eier te le… So what as die kind n wild child is of rebel PUNT BLY STAAN SY IS WEG .nee man hemel mense kry tog bietjie menslikheid ongeag die situasie kan ons nie net saam staan en bid dat sy veilig by die huis kom nie.. asb en dankie!Ek bid vir haar veiligheid..

E.K. ·

Sarie en Gatvol – vaderland tog! Dis nie asof ons dink ons lewens is perfek nie, dis ‘n geval van die meisie wat haar arme ouers gek maak van bekommernis! En dis nei die eerste keer nie. Niks met oordeel te doen maar alles met iemand wat nie dink voor sy doen en wat sy veroorsaak deur haar ondeurdagte dade nie. Verseker is die lewe daar buite gevaarlik vir jong meisies, sy dink net aan haarself en niks verder nie. Ek is seker almal wat kommnetaar lewer wil hê sy moet veilig wees so voor julle ander beskuldig van oordeel – julle doen dan dieselfde hier!

Jo ·

Ek hoop ook sy is veilig, maar sowaar as vet, sy kan bky wees sy is nie my dogter nie!

YellowLady ·

Oe…..soi haar in ‘n ander bloedgroep gefoeter het! Ekt self twee dogtertjies, kan net imagine waardeur haar Mamma moet gaan. Sterkte Ma, hoop sy is veilig!

Anitha ·

Ek is ook bly sy is nie jou dogter nie… Want as sy sou wegraak sou jy dit dalk nie oorleef nie.

Theresa ·

Elke ouer se nagmerrie : die wegraak van jou kind. Of dit nou ‘n baba, kleuter, tiener of ouer kind is. So dankbaar dat mense help soek. Ek hoop regtig sy word spoedig gevind. Baie sterkte – dit verg bomenslike krag om so te wag.

Jayne Botes ·

Kan ons nie maar almal saam bid dat hierdie meisie gevind word eerder as om haar te kritiseer. Ons weet nie wat haar omstandighede is nie. Ek is seker haar ouers gaan haar vergewe vir hul bekommernis net soos ons ook vergewe word deur God elke dag. Ek bid dat sy gevind word

Johan ·

Ek het ook n dogter gehad wat op 18 weggeloop het. Almal wat so wil nekbreek en doodslaan, julle was nog nie in die skoene van n ouer wat daardie foltering moet deurgaan nie. Eerstens bid jy dat sy moet lewe, dan wonder jy elke keer as jy n stukkie kos in jou mond sit of sy kos het en of sy honger is en as jy op jou bed gaan le wonder jy weer of sy n slaapplekkie het en of se iewers bibber van die koue. Al manier om daardie kind terug te wen is eerstens om haar op te spoor en dan liefde, liefde en nogmaals liefde te gee. Ek moes ook na al die maande se trane toe sy terug gekom het uitvind dat goeie vriende se seun haar gemolesteer het op n jong ouderdom en dat sy gevoel het ons het nie drasties genoeg teen die knaap opgetree nie. So, asseblief mense, as jy nie weet wat die toedrag van sake is nie moenie jou mond daaroor uitspoel nie. Aan die betrokke ma, ons bid dat julle haar sal vind en dat alles sal regkom.

Linda ·

Arme ma. Ek weet waardeur julle gaan. Sy het vieslike emosionele probleme en is nie in staat om dit self te beheer. Sy is onmagtig om self iets aan haar eie situasie te doen
Ek bid dat julle kalm sal bly….die kanse is dat sy veilig is is beter as die negatiewe kant. Hiwrdie outjies het die vermoe om bonatuurlik veilig te bly. Ek bid vir julle en vir haar dat sy sal ‘in snap’ en n normale lewe sal lei.

Karma ·

Klink vir my of die roede maar gespaar is met dié dametjie se opvoeding. Hoe gaan die gesegde: spaar die roede, bederf die kind? Klink vir my asof dié meisiekind ‘n bietjie Boeresielkunde nodig het; dalk oorkom sy haar ’emosionele probleme’. Genugtig, ek meen, sy is 19 jaar oud – ‘n jong volwassene en sy doen goed soos dié? Natuurlik weet ons nie wat haar omstandighede is nie, maar die feit dat sy al ‘n vorige keer weggeloop het van haar Pa af, vertel my dat sy ‘n rebelse streep het. Natuurlik is niemand van ons wat op hierdie forum kommentaar lewer, se lewens leliewit en heeltemal sonder problem nie: niemand s’n is nie. Maar ‘n mens “face” jou probleme. Vandag se 19-jariges is meesal regdenkende, redelik-verantwoordelike mense – hulle maak nie soos dié poppie en verdwyn om 01:00 in die oggend om in dae lank nooit weer van gehoor te word nie. Hopelik het sy niks oorgekom nie en is sy veilig, MAAR – FOR HEAVENSAKES, GIRL, AS JY HIER LEES, DINK WAT JY AAN JOU MA DOEN!!!

Anitha Queck ·

Dalk moet julle wat so giftig is met kommentaar, n bietjie gaan oplees oor bipolere steurnisse. Dan praat Ons weer. Louise het n baie groot deel van haar kinders se lewens hulle alleen grootgemaak en glo my dis geen maklike taak nie. Klim liewer in jou kar en help soek. dan doen jy iets konstruktiefs.

CS ·

Vir almal en hulle kommentaar. Monique se lyk is onlangs langs Botswana pad gevind. Ons gebede gaan op na haar ma en pa. Mag ons Here hulle vrede bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.