Ma se boodskap aan vermiste tieners

Kim Swart (15) en Awian van Schalkwyk (17)

Kim Swart (15) en Awian van Schalkwyk (17)

Die bedroefde ma van Kim Swart (15), wat sedert verlede Sondag vermis word nadat sy glo saam haar vriend Awian van Schalkwyk (17) weggeloop het, het Maandag ʼn boodskap aan die twee oorgedra.

“Kom asseblief terug. Ons kan nie wag om julle weer te sien nie. Ons verstaan en is lief vir julle,” het Irene aan die tieners via Maroela Media gesê.

Irene het gesê hulle hoop en bid steeds dat haar dogter en Van Schalkwyk ongedeerd gevind gaan word.

Missing Children South Africa, ʼn organisasie wat hom beywer om vermiste persone op te spoor, het Donderdag aan Maroela Media gesê Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy Sondag omstreeks 13:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy bestuur ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors. ʼn Vermistepersoon-saak word deur die Lyttelton-polisiestasie ondersoek. Mense wat hom sien kan die polisie by 012 644 8600 of Missing Children by 072 647 7464 bel.

Kim het groenblou oë en lang, donkerblonde hare. ʼn Vermistepersone-saak word deur die Pretoria-Noord-polisie ondersoek. Mense wat haar sien kan die stasie by 012 353 5609 bel of met Missing Children in verbinding tree.

Lees ook:
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

seldf n ma ·

Wil weet of di kids op gespoor is en of daar enige ander nuus is

self n ma ·

Wil weet of di kinders al op gespoor is en of da enige nuus is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.