Ma se eks vas vir sibbes se moord

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: ANA

Gauteng se LUR vir gemeenskapsveiligheid het die inhegtenisneming van ʼn verdagte in verband met die moord op ʼn broer en suster van Kagiso aan die Wes-Rand Vrydag verwelkom.

Die meisie van agt en seun van nege is op 14 September laas gesien toe hulle buite hul ouerhuis gespeel het. Hul liggame is later in Slovoville in Soweto gekry toe ʼn verbyganger in vlak grafte daarop afgekom het. Die jong slagoffers se hande was vasgebind.

Die polisie het Donderdag ʼn man in Mpumalanga in hegtenis geneem wat hulle vermoed verantwoordelik is vir die afgryslike misdaad. Hy is blykbaar ʼn ekskêrel van die kinders se ma.

“Ek wil die polisie loof wat dag en nag gewerk het om ʼn deurbraak in dié saak te maak,” het die LUR Sizakele Nkosi-Malobane Vrydag gesê.

“Moord op vroue en kinders aan die hand van diegene wat hulle liefhet en vertrou neem kommerwekkende afmetings aan en ons mag nie toelaat dat dit steeds toeneem nie.”

Sy het ʼn beroep op inwoners van Gauteng gedoen om op hul hoede te wees. “Dis baie belangrik dat mense ʼn poging aanwend om die agtergrond na te gaan van diegene wat hulle in hul gesinne inbring,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan H. ·

Wat van moord op mans ook…. is ons nie ook mense nie????

Sarel ·

Hoeveelste geval is dit nou. Een van die wreedste voorvalle is onlangs afgehandel toe die skuldige gevonnus is. Die Parlement is stil.

Willie ·

Bevolking het die laaste 65Jaar uit sy nate ontplof 13 Milj 1950-57 Milj 2015,(65 jaar 338% 5.20% toegeneem per jaar,met n groei koers 1% ,daar wag n swaar tyd vir ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.