Ma se moordenaar gevonnis

Riana Louw Du Toit. Foto: Facebook.

Riana Louw du Toit se moordenaar is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Louw du Toit se liggaam is op 6 Februarie in haar motor langs die R354 tussen Sutherland en Merweville aangetref. Sy is met klippe doodgeslaan.

Die 41-jarige Jan Esterhuise is kort na die moord in hegtenis geneem. Die Diamond Fields Advertiser berig Esterhuise, ʼn plaaswerker van Sutherland, is Vrydag in die hooggeregshof in Kimberley tot lewenslange tronkstraf vir moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Volgens die Diamond Fields Advertiser het regter Alme Stanton bevind dat Esterhuise geen berou vir sy dade getoon het nie. Louw du Toit is eers met twee klippe geslaan voor Esterhuise ʼn groter klip op haar kop gegooi het.

Esterhuise het Louw du Toit glo vir ʼn rygeleentheid gevra voor hy haar aangeval het. “In jou getuienis het jy toegegee dat Du Toit ’n baie goeie vrou was en jy het haar goed geken. Sy was die slagoffer van jou sinnelose, gewelddadige daad,” het Stanton aan Esterhuise gesê.

Louw du Toit word oorleef deur twee tieners. Sy was die kliënteskakelbeampte by die Rogge Brood-restaurant op die Rogge Cloof-plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

nella ·

Ek dink aan die arme 2 tienerdogters wat hul ma op so ñ jong ouderdom en ook op sò ñ manier verloor het. Bid dat die liewe Vader hulle krag en bystand sal gee.

J ·

Hoekom plaas jul nooit n foto van die skuldige as dit n nie-blanke is nie??

Marisca ·

Hy was ‘n nie blanke gewees. En wat is die verskil??? Plaas ‘n foto van skuldige ongeag die ras

wet ·

Die verskil is dat die media selektief is met plasings van fotos op grond van ras.

Johan ·

Marisca, die verskil is dat moord, verkragting, diefstal, geweld ens. die NORM binne sekere kulture is, maar die liberale media wil dit nie erken nie.

humor ·

maak plakkate van die moordenaar aan krag – lamppale Sy foto baie duidelik. Dat van moord, verhoordattum dat van tewregstelling ens. Soos in Zambie gedoen word.

chrisjan ·

WAAROM moet die twee vonnisse gelyklopend uitgedien word??Dis mos sinneloos!Dis dan net so goed hy is net aan moord skuldig bevind en gevonnis.Ek verstaan nie die regstelsel nie.

Halfenhalf ·

As ‘n vrou doodgemaak word is dit makliker (kamstig) vir die gereg om die persoon tronk toe te stuur. Maar as sy oorleef en is byvoorbeeld verkrag maar nie doodgemaak nie moet sy jare lank dit probeer bewys in die hof (veral as die skurk geld het….) en dan meestal nie “justice” kry nie…… so as die vrou dood is DAN doen die regters hulle werk reg, maar nie andersins nie? Pateties
RIV vrou. Jy was een van die gelukkige mense wat se oortreder straf kry, daar is baie daar buite (vir ander dade as net moord) wat rondloop,,,,,,, bree glimlagte
SO mooi vrou. So hartseer.

Nettie ·

Ek dink daar moet, soos ‘n sekere state van die VSA, geleentheid gegee word vir Jan Publiek om menings in te dien by die hof ter straf-verswaring/versagtiging. “Lewenslank” in SA beteken iets soos ± 15 jaar. Behalwe natuurlik as jy wit is, dan is lewenslank LEWENSLANK, soos in die geval van Janusz Walus. want daar is – ten spyte van wat almal sê, ‘n regstelsel vir swartmense en ‘n regstelsel vir blanke mense in SA.

Niklaas ·

Ek is ook n voorstander vir die plasing van n foto van die moordenaar in elke geval . Waarom word hul beskerm ? Laat almal mooi kan sien hoe lyk hy.

Sarel ·

Julle is heeltemaal van die punt af. Hy is reeds in die gevangenis wat wil julle nou met sy bakkies maak. Kyk eerder na die vonnis. Die term aaneenlopend moet heeltemaal geslaap word want twee vonisse word dan een

kas ·

Waar was die anc vroueliga.Hulle betoog mos teen geweld teen vroue en kinders.

Veer ·

Sy wou net haar medemens help en toe word sy met klippe dood geslaan. Hoe doen mens so iets? !

Poppie ·

Ek ry elke dag 35 kilos werk toe en 35 terug. Laai hoeveel “bekendes” op. Sopas besluit nooit weer nie. Laat hul nou maar stap waar hul wil wees.

Sandra ·

En so ly nóg onskuldige mense. Vermoor toe sy wou help! Ons wil ander gráág help, want jy plaas jouself in die ander persoon se skoene wat jy òf oplaai, òf hy moet huis toe loop. Daar is goéie mense wat ‘n saamry geleentheid soek. Maar hoe wéét jy daar is nie bose bedoelings by nie ? Ek meen, die meeste moorde op vroue en kinders word gepleeg deur iemand wat hulle ken en vertrou. Ons land is tot die dood toe siek! Die hel het in ons land ingevaar! Hierdie kinders het hul ma baie nodig. Die feit dat hy gevang is en tronkstraf gekry het, is maar ‘n skrale troos vir hulle. Sterkte julle twee en ek weet die Vader sal julle vertroos en versterk. Gelukkig het julle darm nog vir mekaar.

JH ·

Nee DG.. vandag se ‘mense’ weet nie wat beteken die Bybelse betekenis van ‘n oog vir ‘n oog nie. Hoe meer mense uitgemoor kan word, hoe beter. Dis asof dit net nog ‘n ‘dier’ is wat geslag word… So what?! Vir ons regering maak mense lewens nie saak nie. Al wat vir hulle saak maak is geld… Innige simpatie met hierdie pragtige vrou se familie en vriende, maar veral aan haar dogters wat haar SO nodig het.

Jackie ·

aan Riana se 2 tieners, wil ek net baie sterkte se met die rou proses, die straf is te lig, mag die Skepper gee dat geregtigheid elders sal geskiet want ons regstelsel het julle in die steek gelaat.

Rus in vrede Riana, jou dood is bekend by Jesus!

Truia ·

Ek verstaan nie mooi nie, hy vra vir ‘n geleendheid dorp toe, maak haar dood en vat nie die kar nie, hoekom het hy haar dood gemaak? Was dit beplan?

Anita ·

geen straf kan haar terug bring nie, was ‘n wrede moord, mag hy rot in die tronk. My gebede gaan na haar kinders en familie, berusting kom maar die seer kry altyd ‘n nuwe roof.

Jean ·

Nog n wrede sinnelose moord! Elke dag dis om van siek te word !
Mag hy verrot in die tronk !

Joe ·

Dit is hartseer dat so ‘n pragtige mens vermoor moes word. En dit deur ‘n persoon wat aan haar bekend was, en sy uit die goedheid van haar hart, probeer help het.

Anoniem ·

Jo! Die oorlede vroutjie het darem die mooiste oë gehad. Mens kan nie dink dat iemand so pragtige mens sou wou leed aandoen nie.

Abe ·

Joe + Anonien,
n Mens wonder of daar nie juis in so’n bose karakter, nie een of ander geheime kwade eienskap skuil, wat juis alles wat mooi en edel is wil vernietig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.