Ma se pleidooi: ‘Help, ek vrees vir my baba se lewe’

Mia (Foto: Facebook)

ʼn Jong ma van Polokwane vrees vir die lewe van haar dae oue babadogtertjie nadat sy vroeër vandeesmaand te vroeg in die Mankweng-hospitaal gebore is.

Amor Schoeman, woordvoerder van die Child Medi Organisasie wat ouers met mediese hulp bystaan, sê die ma, wat anoniem wil bly, het in ʼn brief aan die organisasie gesê sy is erg getraumatiseerd nadat sy op 7 Mei in vroeë kraam gegaan het.

Volgens die brief is sy vanaf die Polokwane Provinsiale Hospitaal na Mankweng vervoer nadat dié hospitaal nie die beskikbare toerusting vir ʼn bevalling gehad het nie.

Met haar aankoms by Mankweng is sy egter ook ingelig dat daar nie ʼn beskikbare bed of ʼn dokter is wat haar kan ondersoek nie.

“Sy het op ʼn houtbankie gaan sit en deurentyd om hulp gesmeek,” sê Schoeman. “Sy is elke keer toegesnou en vertel sy is ʼn drama queen en dat sy moet wag tot die dokter aan diens kom.”

Die ma van die baba het glo later die aand, ná ʼn lang wagperiode, begin kraam. “Toe kry die ontvangspersoneel ʼn rolstoel en sê vir haar sy kan kraamsaal toe gaan. Voor die ma kon sit, is die baba gebore. Sy moes die baba self vang, en die babadogtertjie het amper die grond getref,” lui die brief aan die Child Medi-organisasie.

Die baba, klein Mia, het 900 g geweeg en is na die neonatale eenheid geneem. Die ma het aanvanklik geen inligting oor haar baba gekry nie.

Volgens die ma het dokters haar vandeesweek ingelig dat klein Mia gereed is om na die algemene eenheid oorgeskuif te word, maar nou vrees sy vir haar kind se lewe.

“Daar word nie na die babas gekyk nie, en talle kinders het al daar gesterf,” beweer die ma in die brief.

Mia se ma woon glo in ʼn vertrek in die hospitaal saam met sowat 34 ander vroue sodat sy na haar dogtertjie kan omsien. Volgens die Child Medi Organisasie is daar geen lopende water in dié plek nie.

Mia (Foto: Facebook)

Schoeman sê buiten dié bekommernis, moet Mia ook ʼn operasie op haar been ondergaan nadat sy seergekry het toe haar ma haar gevang het. Mia se been het vermoedelik aan die rolstoel vasgehaak en seergekry, maar niemand kan bevestig hoe sy seergekry het nie.

Die ma wil nou haar kind na ’n privaat-hospitaal laat verplaas.

’n Private hospitaal het die ma aanvanklik ʼn deposito van R150 000 gevra om na die kind om te sien, maar het hulle intussen tegemoet probeer kom met R50 000 se afslag.

Die Child Medi Organisasie en die ma is nou dringend op soek na weldoeners wat die ma kan bystaan om haar dogtertjie na die Mediclinic-hospitaal oor te plaas.

Die hospitaal het navrae oor die bewerings na die departement van gesondheid verwys. Thabiso Teffo, woordvoerder van die departement, het onderneem om skriftelik te reageer op die bewerings ná ʼn interne ondersoek van stapel gestuur is.

ʼn Trust is intussen geopen vir diegene wat bydraes wil maak. Klik hier vir meer besonderhede oor die trust.

Besoek die Child Medi-organisasie se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

m ·

Hierdie staatshospitale se onbekwaamheid maak mens bang. Dis onaanvaarbaar.

Mia ·

Goeie dag MM, kan julle moontlik die besonderhede van die trust publiseer vir diegene wat nie toegang tot facebook het nie?

Melissa ·

Ek het vandag self oor betaal en het die bank besonderhede onder gebruik. Hulle het darm vandag al n paar rand ingesamel maar het nog n VER pad om te gaan.

Janie Monsieur ·

Dagsê,
Dankie vir jou navraag. Ek “spoeg en plak” vir juou die besonderhede van die relevante Facebook blad af:
Child Medi Organisation
FNB, Cheque
Acc no: 62632581056
Branch Code: 250655
Swift code: firnzajj

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Helen ·

Ek gaan help met n R100 jmr maar dis al wat ek nou het hoop daai kleintjie word gehelp!!!
Dis n skande dat die Staatshospitale in so n toestant is? Die armes word sleg behandel in die land!!~

Mel ·

Medies is so belangrik :-(
My hart gaan uit na hierdie klein mensie!

Helen ·

En as jy dit nie kan bekostig nie? baie mense kannie medies bekostig nie want wit kry nie werk nie!!

Johann ·

En dis die standaarde wat die ANC op almal wil afdwing met hulle Nasionale Gesondheidsplan? Welkom in die huidige SA, nevermind die “nuwe SA”. Afdraande pad al die pad vorentoe.

Allet Venter ·

Die baba het 900g geweeg op 7 Mei. …. ek dink nie sy kon eers n kg opgetel het in minder as n maand se tyd nie. Wat van haar longe? Hoe kan sy geskuif word na n gewone saal? Sjoe

Amanda van Jaarsveld ·

Privaat hospitale is net so sw2ak om nie eers in uitsonderlike gevalle iemand in nood te help nie !! Dis ontstellend ! Alles gaan net om geld en geld en nog geld !
Wat van mense se lewens ? Is dit enigsins iets werd as daar nie geld is nie ?

Corlia ·

Dit is so bietjie van ‘n catch-22… As privaat hospitale spesiale vergunnings maak vir een persoon, gaan hordes aan hulle deur kom klop met “uitsonderlike gevalle”… En privaat hospitale se onkostes is ongelukkig nie verniet nie, daarom betaal jy… Ek dink eerlik waar nie die privaat hospitale moet in sulke gevalle beskuldig word nie, maar eerder die swak toestand en diens by ons staatshospitale waarvoor ek en jy betaal deur belasting!

Malie ·

Agge nee, dis regtig hartverskeurend om so iets te lees! BAIE sterkte aan hierdie mamma en haar kleine Mia. Mag daar ‘n ryk weldoener te voorskyn kom. ♥

Marga ·

Stella, het jy al gehoor van “enkelouer” …. soos byvoorbeeld wanneer die Pa niks te doen wil hê nie….vra maar net …. en sien nie waarom dit so groot vraag hoef te wees oor waar die Pa is nie…dis ‘n alledaagse verskyning van Pa’s wat as-af is …

Tinktinkie ·

Ek kan verstaan dat pvt hospitale geld vra vir n diens wat gelewer moet word…daar is oorhoofse kostes wat gedek moet word!!! Indien een “spesiale” geval gehelp word, stroom die volgende klomp in en verwag dieselfde!!
Jammer vir d ma en klein Mia….ongelukkig het die ANC ons gesondheidsorg laat verval!

Zanie ·

Hi, ek ken Mia se mamma. Die pa is betrokke en Werk is skaars. Voor mense net assumptions maak, dit is nie een van die ouers se skuld nie en medies is so onmenslik duur wie kan dit vandag bekostig? Hulle will net hulle baba dogtertjie se lewe red. Op die oomblik gaan dit oor die onskuldige baba wie dringend ons hulp nodig het.

Anne ·

Daar se jy dit self anoniem, jy het so paar jaar terug daar gewerk.Het jy enige idee hoe dit nou daar lyk en gaan ???? Swak ! Hoop die ouers dagvaar die hospitaal, meeste personeel by veral staatshospitale is meer op tee tyd as aan diens.

anoniem ·

Ek het so paar jare terug by die hospitale gewerk…
soveel verkeerd met die berig en die kommentaar gelewer. Dinge het glad nie gebeur soos beskryf nie, Nog ‘n geval waar mense sensasie gebruik vir persoonlike wins. Maak my siek.
Mankweng het ‘n besonders goeie neonatale eenheid en is verwys van P’burg hospitaal (40km weg) daarheen om klein Mia die beste kans te gee om lewe. Die algemene saal waarna verwys word is letterlik 5 meter van die hoesorgeenheid en is geskuif want sy tel goed gewig op en raak gesond. Soos mens maak om plek te maak vir die volgende in nood. 42% van mortaliteite in babas in SBAH is agv te vroeg gebore en Mia is onder 1kg, wat haar in groter gevaar sit. Maar hulle kon haar red. Julle lot wat so kla en dit nou ‘n rasse ding maak, gaan kuier vir die pasient wat langs Mia le, selfde omstandighede as Mia se ouers indien nie erger nie, maar hulle gaan sit nie gemors op sosiale media en vra vir geld nie, hulle besef die hospitale is daar om te help en die nood is baie en die hulp min.
Wat mense nie besef nie is die omstandighede is goor om in te werk maar almal word na omgesien op dieselfde standaard, wit swart pienk of bruin. Gebeur net dat sommiges voel hulle verdien beter as ander.
Nou besig om te werk in die kaap, bly om te weet mense waardeer nie die moeite nie.

Stem saam ·

Dankie anoniem, ek stem saam met jou. My hart gaan uit na hierdie mamma maar ek het self in n neonatale eenheid gewerk in n staatshospitaal en ek haal my hoed af vir enigiemand wat daar werk, hulle kennis is ongelooflik en ervaring baie ryk, net omdat dit staat is neem mense aan dit is sommer net sleg. Daar is altyd n ander kant van die saak. Net omdat die mure lelik is, die linne gebleik en min staf beskikbaar is beteken nie niemand gee om nie, miskien het die hospitaal net nie die nodige toelae gekry van die staat af om genoeg mense en beddens te kan bekostig nie…. Ek sê net daar is altyd twee kante van die saak

Realis ·

Anoniem, as jy in die Kaap sit, hoe weet jy presies wat daar gebeur het? Ons is ook betrokke met pasiëntsorg in Pietersburg en omgewing en het al rillers gesien in hierdie hospitale – Persoonlik gesien. Ek is seker jy praat op hoorsê. Natuurlik sal die personeel ‘n totaal ander storie hê! Hulle is gewoonlik te lui om enigiets te doen – self ondervinding in Pietersburg Provinsiaal en Mankweng Hospitaal. Hierdie eens-pragtige hospitale het hole geword met “glorified cleaners” as verpleegpersoneel. Hou op verskoning soek vir vrot diens!

Anoniem ·

Ek stem saam, het baie jare in die staat gewerk in neonatale eenhede as ‘n terapeut. Die omstandighede is nie altyd ideaal nie maar daar is regtig bekwame en passievolle mense wat daar werk. Die sorg in terme v neonatale sorg is dikwels in staat beter as privaat – daar is toegang tot ‘n ongelooflike verskydenheid dienste. Ons moet meer positief wees. Daar is miljoene swart mense wat in sulke hospitale op ‘n daaglikse basis gehelp word en baie dankbaar is vir enige hulp wat hulle kry. Die media skryf altyd net oor die negatiewe. Daar is ongelooflik baie goeie goed wat in die staat gebeur wat nooit in privaat gebeur nie.

Cherokee ·

Dankie Anoniem, dat jy ‘n ander bladsy ook oopgemaak het… die ander kant ook gewys het. Jou skrywe is sinvol en getuig van realisme en kennis van hospitale, personeel en pasiënte.
Dit laat mens opnuut besef dat ‘n halwe eier is steeds beter as ‘n leë dop.

Marius ·

Anoniem. Dis 30km en ek hoor dat Mangkweng nie juis van die beste is nie, inteendeel so sleg dat neotale eenheid amper kan sluit in vergelyking met ander plekke. Vra my, ek werk ook in icu

Ben Prinsloo ·

Dankie vir jou kommentaar Anoniem. Ek wil graag net by jou weet hoekom skryf jy onder n skuilnaam. In jou voorlaaste paragraaf som jy die hele situasie amper reg op. Al die staatshospitale se omstandighede om daar behandel te word is goor en nie net die werksomstandighede nie. Ek sluit hierby egter die personeel ook in. Vra my, ek woon al sedert 1988 in Polokwane en ek weet hoe was die omstandighede daardie tyd teenoor nou. Ek is egter ook redelik seker ons praat van dieselfde hospitale. Indien jy twyfel kan ek vir jou n paar fotos stuur. Ek hoop van harte dat daar waar jy nou werksaam is is die uitsondering. Indien nie,sterkte.

richandre ·

dis staat ek is ook op die 7 de mei in kraam gegaan en was na ons kraam kliniek toe heeldag daar se hul eks nie in kraam volgende oggend privaat dr toe want ek weet eks in kraam hy verwys my staat toe kom daar met n brief ek moet buite pasiente toe daar moet ek in n ry sit vir hulp die swart dames se vir my gaan na die dr dadelik dr vra vir my kan ek nie sien hys besig? ek se jammer maar ekt seer en 2 cm ontsluit kan hy my net se waar om te gaan gaan help desk toe maar ek was daar. punt is eks nie gehelp nie gelukig het ek n nice skoonpa gehad en het hy privaat vir my bevalling betaal. staat is deur die weer en wil jou nie help nie maak nie saak wat jy doen of hoe vriendlik jy met hul is nie. aan die mamma baie baie sterkte ek hoop van harte dan baba mia die beste sorg sal kry ek kan net dink hoe dit moet voel ons bid baie hard saam jul sterkte

John ·

Dit is sleg en glad nie reg nie. Wat is die gewig nou en hoe kan die baba na paar dae na gewone saal geskuif word? Kan iemand uitvind?

Ai ·

Ek wil help maar eks nie op Facebook nie kan iemand asb die bank details hier plaas.

john ·

Wat my bekommer is hoe groot daai pyp is wat op die baba gekoppel is en hoe hy vasgeplak is. Lyk nie na Neotale koppeling nie.

barbara ·

Ja ek weet eks opsoek na n prok wat my kan help om die hos te dagvaar want ek is laas jaar oktober vir n blindederm op en jul wil nie sien hoe lyk dit nie eks van springs en ek se jul die staat is nie wat dit was noe ek was laas week op geneem vir suiker toe my suiker na 29 gaan vertel di suster my ek mors hul tyd

Anel ·

Daar behoort ñ wet te wees dat GEEN staatsamptenaar na ENIGE privaatinstansie mag gaan, hetsy privaathospitale of -skole… dan sal jy sien hoe vinnig die hospitale en skole reggeruk word! Jammer dat die staat jou faal mevrou. Sterkte vir jou en Mia.

Petro ·

Dagvaar hul, as hul al manier om die dinge finaal te stop, hul moenie kan voorbly met al die dagvaardigings nie

Petro ·

Dis verregaande, ek hoop die ma maak n saak, dis omdat hul gelos word dat hul doen wat hul wil, as almal opstaan vir hul regte moet dit beter gaan, ek was vroer jare n verpleegster, en wat nou aangaan is verregaande,DIS N LEWE DAARDIE STAAN OP VIR JOU REGTE

Alisje ·

Trust Besonderhede vir diegene wat gevra het:
Child Medi Organization
FNB Tjek rekening
Rekening No: 62632581056
Takkode: 250755
Verwysing: Baba Mia
Swift FIRNZAJJ

Marius ·

Ek hoop sy dagvaar daai hospitaal. Enige prokereur wat sy sout werd is sal hulle help.

Elizma Ferreira ·

Universitas Hospitaal in Bloemfontein is ongelooflik met prematuur babas. My dogter is op 6 maande daar gebore. Ons het net die beste sorg gekry.

Dinah ·

Dit is Vrystaat daar is nog oordentlike mense wat omgee vir mekaar hulle kyk nie na kleur nie

stella ·

Pateties!!! SA se privaat hospitale lyk nie eers so goed soos UK se staatshospitale nie!!!!!!

Gees ·

My dogter is staat gebore. Met my seun was ons bevooreg om medies te he. Die behandeling wat ek van di staat susters gekry het was van n beter gehaalte as di top privaat hospitaal waar in my seun gebore was. Di sisters by privaat het minder geduld as di staat gehad het miskien is sekere hospitale slegter as ander ja mar medies ni altyd di antw ni kry di selfde diens as wat staat bied vir net n paar 100 duisend duurder. Ja sou ek di mama gehelp het as ek kon natuurlik dis n baba en n bekomerde mama. Ek wys ent uit op di saak dat mediese behandeling orals afegeneem het in standaard

Anoniem ·

Daar moet gekla word waar daar fout is. Dié geval is nie een van hulle nie.
Uit die berig en facebook word daar gekla dat sy “algemene saal” toe geskuif word en dat “baie kinders dood gaan daar”, weet nie of die tweede stelling enigsins gegrond is in feite nie…
Die feit dat hulle ‘n 900gram baba opgeneem het is klaar spesiale behandeling.
Tweedens dat sy gestabiliseer is genoeg dat sy nie meer ventilasie nodig het nie is ook besonderse goeie werk.
Dit is goeie nuus as mens nie meer intensiewe sorg nodig het nie.
Hulle het ‘n baie siek baba gekry en letterlik haar lewe gered.
Om te kla oor die slaapplek is ook belaglik, weereens daar is 33 ander ma’s wat die plek deel wat nie kla nie, hoekom is daar een wat mag kla. En om te kla oor die water tekort is ook nie ‘n mediese probleem nie, maar wel of ‘n strukturiele probleem of munisipale probleem.
Hoop die beste vir Mia en haar familie en hoop die heksejag word gestaak.
Daar is baie nood en baie onreg maar ‘n 900 grammer wat deurgetrek is is in enige instansie ‘n wen.

Zebra ·

Eerstens, daar is n GROOT probleem met Mia se regterbeentjie! Is dit ontwrig of gebreek, of ‘n aangebore defek? As dit ontwrig of gebreek is van val by geboorte, sou dit dadelik herstel moes word. As dit ‘n aangebore defek is, is daar dalk ook ander defekte, wat nog meer mediese hulep gaan verg.
Tweedens, dit hang af WIE is die personeel aan diens wanneer jy in die hospitaal kom: privaat of staat: goeie personeel gaan compassionate care gee en crappy personeel gaan crappy care gee!

Eric ·

As wit personeel vir n swart verwagtende vrou wat op die punt staan om te kraam en om hulp vra sou se sy is n drama queen, was dit voorblad nuus in Beeld. Max du Preez sou n opinie stuk geskryf het en die HRC sou ook iets te se gehad het. Maar nou het dit by Mankweng gebeur en dis n wit vrou …

Jaco Grobler ·

Anoniem, jy verstaan nie, dis nie net sekere mense wat ‘beter toekom’ nie, dit is ALMAL. Ongelukkig het meeste mense (soos jy) so gewoond geraak aan die staat se onbeholpenheid, dat hulle dink dis reg as jy soos ‘n dier behandel te word, solank jy net na gekyk word! As oms land nou nog nie geld in die staatskas gehad het nie sou ek tevrede wees om met die res van Suid Afrika die ‘bullet te byt’ maar met biljoene wat na privaat persone dink ek nie net dat dit ‘n skande is nie, maar inderdaad’ n misdaad, en bo alles, absoluut onmenslik. Sterkte aan alle mense wat mediese probleme het, dis ‘n oerwoud daar buite!

Lynni ·

Moet nie nou heeltyd vir Anoniem aanval nie. Elkeen geregtig op sy opinie.
Ek is eenkeer in Tygerberg Hospitaal opgeneem. Ek was bang, want dit is staatshospitaal. Maar regtig ek is goed behandel.

Nicky ·

My seuntjie is op 41 weke in n staats hospital gebore. Tydens die keisersnee het hy vrugwater gesluk en het hy longonsteking opgedoen het en moes hy veg om sy lewe.Hulle kon niks vir hom doen nie en het ons het hom Medikliniek toe gehaas en hulle was onsettend behulpsaam maar het ongelukkig nie n bed vir hom oop gehad nie maar hulle het hom in hulle trauma unit op die ventilater gehou tot ons ander plan kon maak. Die pediater was fantasties en het vir ons alles gereel by Mankweng ons moes hom net daar kry. Familie en vriende het ons gehelp om n ambulans te betaal. Hulle het vir ons by Mangkweng gewag hom dadelik op hulle lewens masjiene gekoppel. Die meeste susters was baie behulpsaam in die neonatal ICU en die dokters was fantasties. Hy was 7 dae in ICU en toe oorgeskyf na die gewone saal . Die kraam sal was ander storie want die susters daar was baie ongeskik en onbehulpsaam met almal. Die toilette was stukkend vuil. So het elkeen sy eie ervaring en myne is amper 3 jaar terug maar ek kan net dankie se vir die dokters en susters van die neonatal icu van Mankweng want met hulle hulp en Jesus se genade het ek vandag ‘n gesonde pragtige 3 jarige seuntjie. Ek sê sterkte vir die mamma en vir klein Mia en bid dat Jesus se engele haar ook sal stuif toevou en bewaar.

sandy ·

Ek het ‘n keisersnee in Lydenburg hospitaal gekry. Ek het ‘n privaat dokter gebruik en moes hom meer as R10000 betaal het. Net om ‘n maand daarna nog ‘n rekening van die hospitaal te kry vir R7000!!! Ek weier natuurlik om dit te betaal want die mediese sorg en dienste daar is walglik om die minste te sê! Die sogenaamde susters behandel ‘n witvrou soos gemors! Maar toe ek daarna Rob Ferreira toe moes gaan in Nelspruit het ek beter diens gekry as by Medi clinieke! Dis nag as jy nie medies het nie. Nie baie mense het meer as R7000per maand net vir ‘n goeie mediese fonds vir ‘n gesin nie. Ek wens die ma en die kind alle sterkte toe en julle is in my gebede

Steph ·

Ek kry daai vrou uit my hart uit jammer , ek bid dat jesus daai klein lyfie sal vashou en gesond hou , ek self is tans swanger en stress my dood het geen idee waar ek gan kraam nie , ek self het ook nie medies nie . kan iemand dalk n goeie staatshospitaal aanbeveel? Gauteng < Mpumalanga ?

Lisa ·

Ek hoop dit gaan beter met die kleintjie. So dankbaar dat ek nog medies kan bekostig, lyk my nie ‘n mens kan meer daarsonder in Suid-Afrika. Hoewel ‘n mens partykeer ook nare goed oor privaat hospitale hoor.

Tanya ·

Geen lopende water in ‘n hospitaal nie????????? Hier is ernstig probleme. Waarom is daardie hospitaal se deure nog enigsins oop? Ek hoop hierdie ma sit ‘n stewige eis in teen die Minister van Gesondheid!! Wat ‘n skande!! Ek is so ontstoke hier waar ek sit dat dit voel asof ek nie asem kry nie.

anoniem ·

Enige gekwalifiseerde verpleegster moes kon sien dat dit dringend was of tenminste geluk het hoe ver die ontsluiting Al reeds was maar hulle het nie omgegee nie wat duidelik spreek van uiterste swak diens wat het geword van die eed wat hulle moes afle

Chaparel ·

Dit wil my so voorkom dat jy hospitaal toe loop vir een of ander aandoening wat jy het en die volgende dag uit dieselfde hospitaal kruip met meer aandoenings.

spioen ·

Kan die VF+ of Solidariteit help? Hulle kan seker van daai reis koste se geld vat, waarmee hulle Europa toe kan gaan om by die useless VN te gaan kla, en help met die dogtertjie. Ek meen…daar het tog niks vrugte afgewerp van die VN nie.

Lindie ·

My dogter het April in Steve Biko (Pretoria) gekraam en ek moet eerlikwaar sê dat dit NIE so erg is nie. Hulle het regtig baie mooi met al2 gewerk en het moeite gedoen. Daar was 10 beddens in die saal en elke pasiënt en baba was goed versorg, maak nie saak wat die kleur van die pasiënt is nie. Hulle Ja daar is probleme soos bad, wat hulle self nie aanbeveel nie, want dit is nie higiënies in die badkamers. Daar was ook ‘n dame wat in die ondersoekkamer was wat op pad kraamsaal toe gekraam het, maar daar was ‘n suster by. Ek persoonlik dink dat personeeltekort die probleem is en die verpleegpersoneel wat wel daar is, oorwerk is. Mense is ongeskik met hulle en hanteer die verpleegpersoneel soos grond. Ek kan ook bysê dat ek al rillerstories van ander staatshospitale gehoor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.