Ma se verkoolde lyk in kar gekry

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou (35) van Pretoria, wie se verkoolde liggaam oor die naweek in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Krugersdorp aan die Wes-Rand gevind is, se kêrel het Maandag op aanklag van moord in die hof verskyn.

Ayanda Zwane, ʼn inwoner van Mabopane, noord van Pretoria en ma van twee seuns, se liggaam is Saterdag in die kattebak van haar Opel Corsa in die veld langs die treinspoor in Monumentstraat in Krugersdorp gevind.

Haar liggaam is onherkenbaar verbrand en haar identiteit en adres is deur verdere ondersoek bepaal. Die polisie het bloed in Zwane se huis gevind, wat aandui sy is daar vermoor, voordat haar liggaam in die motor se kattebak gesit is. Die verdagte het glo met die motor na Krugersdorp gery, waar hy dit aan die brand gesteek het.

Konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder van Krugersdorp, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“ʼn Man (37), wat vermoedelik haar kêrel is, is kort nadat die liggaam opgespoor is, in hegtenis geneem,” het sy gesê.

Die verdagte het Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn. Die saak is tot 29 Augustus uitgestel vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.

Die motief vir die moord word ondersoek. EWN berig Zwane sou vir die naweek by haar ma in Kagiso gaan kuier, maar is Vrydagaand terug Mabopane toe, glo omdat sy gehoor het haar kêrel het ʼn ander vrou by die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Stefaans,

Dankie vir jou navraag. Ons het die berig gewysig na Monumentstraat wat tussen die R24 en R28 lê. Ons vra om verskoning vir die oorsig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Theresa B ·

I rest my case. En weereens is daar onskuldige kinders betrokke en moet nou sonder ‘n ma groot word.

Theresa ·

Dit lyk asof die vrae vooraf as mens iemand ontmoet, nie meer gaan wees: Wat doen jy vir ‘n lewe of waar het jy skool gegaan nie, maar iets soos: Het jy al iemand aangerand of vermoor as jy knorrig raak oor iets…

wil weet ·

Maroela Madia,

Weet julle dalk enige iets van n vrou wat in vanderbijlpark doodgemaak is? kan julle dalk inligting kry? die vrou is vrydagaand of saterdagoggend in haar huis gekry met n skietwond in die rug?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.