Ma, seun (10) koelbloedig vermoor

Jovante Adler (Foto: Esselenpark Primêre Skool/Facebook)

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n dubbele moord nadat die liggame van ’n ma en haar tienjarige seun Sondagaand in hul huis op Worcester aangetref is.

Die 30-jarige Melvinia Adler en haar seun Jovante is vermoedelik met ’n hamer geslaan en verskeie kere met ’n skroewedraaier gesteek.

Die polisie is Sondag omstreeks 23:15 na ’n huis in Roodewal ontbied waar die ma en seun se liggame met steekwonde en kopbeserings aangetref is, het sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, gesê.

Melvinia Adler (Foto: Facebook)

Adler het vermoedelik kort voor die moorde haar kêrel afgesê.

’n 44-jarige man is intussen in hegtenis geneem in verband met die moorde en sal na verwagting vandag in ’n hof verskyn.

Jovante was in gr. 3 in Esselenpark Primêre Skool op Worcester. Die skool het Maandag op sy Facebook-blad op die dood van die leerder gereageer.

“Een van ons leerders is deur die koue hand van die dood weggeneem. Jovante rus in hemelse vrede,” lui die inskrywing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Nog sinnelose moorde! Hoe siek in jou kop is jy om hulle met ‘n hammer en skroewedraaier dood te maak?

Sterkte aan die familie en vriende in die moeilike tyd mag God julle dra!

Maggies ·

Wat gaan met die mense aan? My keel trek al toe van al die skokkende en onnodige moorde.
Leef ons werklik nou in die eindtyd? Ons kan net bid dat ons Verlosser gou kom.

Chantel ·

Hierdie klink soos ‘n liefdes-moord en baie persoonlik. Sterkte aan die familie

Anoniem ·

Die regering gaan niks hieraan doen nie hulle is te besig om te huil oor shampoo en dat hulle nie uitgenooi word na private partydjies toe nie. My simpatie gaan uit aan die familie, hierdie is nog n sinnelose moord.

Patch ·

Ek kan hierdie sinnelose dade nie verstaan nie. Waarom! Waarom!

Lynette ·

Weereens, die gevaarlikste tyd in jou
verhouding met ‘n psigopaat is wanneer jy die verhouding breek….dan verloor hy (en selfs SY) die BEHEER wst hy/sy oor jou gehad het en sal selfs moord pleeg as gevolg daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.