Ma, seun (5) by skool raakgery

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Ma en haar vyfjarige seun is Vrydag by ʼn skool raakgery toe die bestuurder van ʼn voertuig beheer verloor en deur die grensmuur geploeg het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het teen 13:30 by ʼn skool in Regentstraat in Yeoville in Johannesburg plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en deur die grensmuur van die skool gery. Die voertuig het teen ʼn skoolgebou tot stilstand gekom,” het hy gesê.

“ʼn Ma en haar kind wat buite die skool geloop het, is deur die voertuig getref.”

Die seun het ernstige beserings opgedoen en een van sy bene is gebreek. Die ma het geringe beserings opgedoen. “Gelukkig was albei se toestand stabiel. Hulle is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die bestuurder van die voertuig het nie beserings opgedoen nie. Beamptes was op die toneel en stel nadere ondersoek in oor die oorsaak van die ongeluk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Buitestander ·

Hoekom gebeur die buite beheer raak altyd op die regte tyd by die regte pkek.

Leahim ·

Spoed beperking by en om n skool is 40 km/h hoe verloor jy beheer ?

SARIE VAN HEERDEN ·

Hierdie tipe van ding moet sommer self opgelos word. Die motorbestuurder het die wet oortree deur bv te vinnig te ry, dronk te wees, teen lisensie te he om te bestuur of wat ookal. Nou word die saak “ONDERSOEK” en dit op sigself kan maande duur, of sommer net gelos word. Tree self dadelik op en kry die saak uit die pad uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.