Ma, seun (7) sterf toe huis brand

Argieffoto

’n Ma (38) en haar sewejarige seun is dood toe ’n brand Saterdag in hul huis in Masoyi naby Witrivier uitgebreek het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se man het aan polisiebeamptes gesê hy het Vrydag by vriende gaan kuier. Hy het by sy tuiskoms rook uit die huis sien trek en die deur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry.

Die man het sy vrou en kind se liggame in die huis aangetref. Die huis was in puin.

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied en ma en seun is dood verklaar.

Enigiemand met inligting rakende die ondersoek word versoek om sers. Linko Bheki Motubatse by 0726818709 of die Misdaadstopnommer by 0860010111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.