Ma, seun dood in huis aangetref

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Ma en haar volwasse seun is dae gelede vir die laaste keer lewend gesien voordat hul liggame Sondagoggend in ’n huis in Mataffin buite Nelspruit gevind is.

Die 44-jarige ma se liggaam is op die vloer onder ʼn bed aangetref. Haar kop was met ’n plastiese sak bedek en sy het ’n sigbare besering aan haar skouer gehad. Haar 28-jarige seun se liggaam is in die motorhuis met steekwonde gevind.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is vanoggend omstreeks 08:35 na die oorledenes se huis om ondersoek in te stel nadat hulle inligting ontvang het oor ’n slegte reuk by dié huis.

Die deur van die huis was by hul aankoms toegetrek maar nie gesluit nie.

Die polisiebeamptes het die huis binnegegaan en op die vrou se liggaam afgekom.

Die bure het aan die polisiebeamptes vertel dat die vrou saam met haar seun in die huis woon. Albei is Donderdag vir die laaste keer lewend gesien.

Die polisie ondersoek nou twee aanklagte van moord.

Enigeen met inligting rakende moontlike verdagte(s) word versoek om die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Shakespeare ·

Moord, brandstigting, verwoesting, korrupsie,,ontvoering,diefstal, sabotasie
kaping,verkragting,onbevoegde ampsdraers, met komplimente van die regering. Hulle mik vir eerste plek in die wêreld. Moet sê hulle vorder uitstekend.

sans ·

Jy kon dit nie beter gestel het nie Shakespeare. Dis die waarheid.

Kokerboom ·

Sa is besig om Colombia verby te steek as die wreedaardigste korrupste land in wereld. En ANC kondoneer dit

Althes ·

Mnr Cele ek dink jy moet jou hoed afhaal en begin werk. Geweldsmisdade is buite beheer. Jy spring van die een portefeulje na die ander, wat is jou performance rating?

sans ·

Ek stem volkome saam Althes. Dis so tragies in ons land en weereens word n gesin wreed vermoor en daar is geen STOP van die regering se kant nie. Wonder hoe sal ons president voel as hy so op sy familie/gesinnetjie sal afkom! Cele hoort lankal uit sy pos geskop te wees maar hy hou sy hoedjie seker styf vas vir Desember se strande met sy oorpak en wit skoentjies klaar afgestof ook, want hy wil rus Desember!

SlinkseKoljander ·

Cele stel net belang om wit mense te vervolg, so hy hoef net 20% van sy werk te doen. Wat hy wel vandag doen, en niks meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.